Navorsing oor bruin vroue teruggetrek ná herrie

(Foto: pixabay)

Die internasionale vaktydskrif Aging, Neuropsychology and Cognition het ʼn navorsingsartikel oor die denkvermoë van bruin vroue teruggetrek.

Die studie, getiteld “Age- and education-related effects on cognitive functioning in Coloured South African women” het ʼn herrie ontketen. In die artikel word onder meer aangevoer dat bruin vroue in Suid-Afrika ʼn groter risiko vir “lae kognitiewe werking” het weens lae onderrigvlakke en ʼn ongesonde leefstyl.

ʼn Groep van 60 bruin vroue, tussen 18 en 64 jaar oud, is by die studie betrek. Hul denkvermoë en die verwantskap tussen hulle ouderdom en vlakke van onderrig is getoets.

Die artikel is geskryf deur Sharné Nieuwoudt, Kasha Elizabeth Dickie, Carla Coetsee, Louise Engelbrecht en Elmarie Terblanche. Die skrywers is almal verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US).

In ʼn verklaring sê die redaksionele komitee van die publikasie hoewel die artikel deur die proses van ewekniebeoordeling is en ingevolge die joernaal se beleid aanvaar is, is daar sedertdien vasgestel dat ernstige foute in die metodologie en oorspronklike verslaggewing voorkom.

“Ter opsomming bevat die artikel ʼn aantal aannames oor bruin Suid-Afrikaanse vroue, wat gegrond is op data wat nie deur die studie of die daaropvolgende interpretasie daarvan gestaaf kan word nie,” lui die verklaring.

Die tydskrif sê hy het daarom besluit om die artikel terug te trek. “Ons het deurlopend met die skrywers gekonsulteer en hulle het saamgestem dat die artikel teruggetrek word.”

Die artikel sal steeds aanlyn beskikbaar bly om die rekord daarvan te behou, maar elke bladsy sal ʼn digitale watermerk met die woord “teruggetrek” op hê.

Die US het reeds onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die trauma wat die artikel veroorsaak het en erken dat die publikasie daarvan “erge trauma en woede by lede van die algemene publiek, die Stellenbosse gemeenskap, belanghebbers van die universiteit en ons kampusgemeenskap veroorsaak het”.

“Ons vra onvoorwaardelik om verskoning vir die pyn en lyding wat hierdie artikel meergebring het. Ons het ook empatie met huidige en voormalige personeel, studente en alumni wat weens hul verbintenis met ons instelling kritiek moes verduur,” het prof. Eugene Cloete, viserektor: navorsing, innovasie en nagraadse studies in ʼn verklaring gesê.

Die kantoor van die rektor het reeds met ʼn ondersoek na alle aspekte van die navorsingstudie begin en sal op grond van die ondersoekers se bevindinge regstellende stappe doen. Dit geld ook oproepe dat die artikel teruggetrek word, het die universiteit gesê.

Daar was groot woede oor die artikel en prof. Barbara Boswell, verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, het ʼn petisie om dit te laat terugtrek, van stapel gestuur. In die petisie skryf Boswell die kwessie is belangrik omdat die “artikel as wetenskaplike navorsing gepubliseer is, maar steun op koloniale stereotipes van Afrika-vroue en spesifiek bruin Suid-Afrikaanse vroue as intellektueel gebrekkig”.

Die ANC in die Wes-Kaap het ook gesê die studie bevorder die gebruik van diskriminasie en stigmatisering op grond van ras onder die dekmantel van wetenskaplike navorsing. In ʼn verklaring sê die party dít mag nie goedgekeur word nie.

“Ons doen ʼn beroep op die kommissie vir geslagsgelykheid om die studie te hersien en om sy stem te voeg (by dié van diegene wat daarteen kapsie maak) as die inhoud inbreuk maak op die regte van vroue in die algemeen, en bruin vroue in die besonder. Indien wel, moet die nodige stappe gedoen word.”

Die party sê akademici moet net soos die geval met individue vir rassistiese uitsprake verantwoordelik gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vraagteken ·

Geagte ANC, akademici basseer hulle werk op statistiek en, meeste van die tyd, op wetenskaplike bewyse. Nie alles is rassisties nie!

Die artiekel is terug getrek weens foute in hulle metodiek; of dat die skrywers bang is dat mense soos julle die raskaart alweer gaan speel, al is dit dalk die waarheid.

Jimmy vd Heever ·

Die geagte anc, kan dit grond op wat ookal, wat vir my uitstaan is dat US dieselfde metodiek as hul geagte anc gebruik. Hulle gooi hul info uit om die water te toets en dat staan hulle terug en wag. So met alle respek teenoor jou kommentaar, dit is te laat, US en die betrokke student het die rassekaart gespeel, as dit oor ander etniese groepe (swart) was dan was die herrie al los met die MRK en al wat politikus is al betrokke. Oordink dit eerlik.

Dis in die gene... ·

Ek glo nie vir een oomblik dat bruin vroue hoef terug te staan intellektueel volgens hul dna nie. Klas en opvoeding het ‘n baie groter invloed op enige persoon ongeag geslag of ras. Hou op suip mense en binne twee generasies is daar ruimtevaarders, dokters, ingenieurs etc in jou nageslag.

pieter ·

Die artikel en navorsing is sekerlik deeglik gedoen, as doktors op tv kan se die nuwe toestelle wat ontwerp is toets hoeveel bloed in jou alkohol is ,en eintlik andersoms, en 10 540 uitgespreek word as 10 en 500 en o duisend, hoev daar nie eers navorsing gedoen word nie, dit is dan opsigself die waarheid,

Andreas ·

As die navorsing, soos dit blyk vir die regte doel was, en dit kan help om die wêreld ‘n beter plek te maak deur van jongs af aandag te gee aan die oorsaak, is daar mos nou niks mee verkeerd nie, net solank dit nie vir die verkeerde doel aan die grootklok gehang word nie. Dit gee mens insig, mens het werklik empatie met die mense en dit wys ons het nog ‘n lang pad te stap. Die ANC moet by hul kop begin.

Blommie ·

Die navorsing was nie reg nie. Maar hulle het besef dat hulle n fout begaan het en onverskoning gevra. Maar die ding gaan nou weer hol rug gery word tot op die been om ons koerupte vingers in die geld pie te kry en soveel moontlik daar uit te kry vir kamstige vergoeding, terwyl net sommige die goud pot deel.
Die land se mense maak my siek en ek sak my kop in skaamte om te se ek is n Suid Afrikaner, waar dit jare terug my TROTS was.

Andreas ·

Blommie, het jy nog nie agter gekom waarom dit so bewoord is nie? Dit was om die verslag te diskrediteer en in ‘n slegte lig te stel. Dit is so gestel om die onttrekking se rede ‘lyf’ te gee.

Andre ·

Navorsing ,wetenskaplike bevindinge ,vooruitgang is westerse konsepte wat nie aanklank vind by diegene wat agteruitgang ondersteun nie .

Judge Dredd ·

Die waarheid moet weereens swig voor emosies.

‘n Land moet nooit deur emosies regeer word.

Hendrik van George ·

Die mense wat aan die kortste ent trek is die agtergeblewene kleurling vroue. Dalk kon iets positief uit die studie gekom het.

Wildeboer ·

Stem saam, Hendrik. Waarskynlik was die doel van die studie om die werklike probleme uit te lig. Nou is bruin vroue steeds agtergeblewenis. Patricia de Lille behoort ook vrae te vra.

alwyn burger ·

Is proff. Boswell polities gedrewe of is dit proffesionele jaloesie?

Gert van Wierdapark ·

Wat van navorsing oor die produktiwiteit en koste effektiwiteit van/in die Parlement? He-he-he! Laat die vorige pres. die same-roeper van die studie wees en vra Bo-Sassa of die Guptas om dit te borg! Rek die teiken datum sodat daar genoeg tyd sal wees om n behoorlike stuk werk te doen.

bollie ·

Presies maar hulle sonder nou bruinmense uit sonder om ‘n teen-teiken groep (soos bv. wittes wat in ‘n plakkerskamp woon) aan dieselfde eksperiment bloot te stel. Daar is slim mense en dom mense onder ALLE bevolkingsgroepe en een bevolkingsgroep is ook nie geneig om slimmer te wees as ‘n ander nie in my ondervinding nie. Ek sal wel die stelling maak dat Zimbabwiers se skoolopleiding uitstekend is (beter as SA) hulle doen ook ‘n ekstra jaar.

GM ·

Hulle moes dalk net hul bewoording verander het en nie gesê het hul bevindings verteenwoordigend is van bruinvroue nie, maar verteenwoordigend van bruinvroue wat aan ongesonde lewenstyle blootgestel is en lae vlakke van onderrig het.
Hul kon natuurlik ook ander rassegroepe insluit wat in dieselfde kategorieë val, en hul studiepopulasie vergroot het.

Wanvoeding beïnvloed kognitiewe funksies, dis ‘n feit. Dit vat ook nie rocket science om te besef dat wanvoeding en ongesonde lewenstyle, saam met swak skoolopleiding, ‘n kind ’n hengse agterstand gee nie.

Klapmuts is net buite Stellenbosch, ek het met baie van daardie kinders gewerk tydens my studentejare. Baie van hul se omstandighede is haglik. Hul huislike omstandighede het nie net ‘n invloed op hul skoolwerk nie, maar op hul hele menswees. Honger kinders sukkel om te konsentreer, een wat bekommerd is oor hul ma omdat die pa die ma aanrand, ook. Een wat mishandel word, se skoolwerk ly daaronder. Die lys van voorbeelde is lank.

Dié studie se bevindings is nie rassisties nie, hul bewoording is maar net foutief. Dis omdat mense dele van ‘n sin wil uithaal en dit interpreteer dat als altyd rassisties gemaak word.

Andrea ·

Presies. En eweskielik is die studie se ontwerp foutief, ens. Groot liegspul nou om akademiese rede te probeer vind waarom die artikel onttrek moet word.

Mark ·

En hulle het tot hierdie bevinding gekom deur 60 bruinvroue te toets. Daar is miljoene bruinvroue daar buite wat uitblinkers op alle gebiede is. Wat van die bruinvroue wat deur Verwoerd as wit geklas is onder apartheid. Doen jy sommer ‘n studie oor hoe Verwoerd gesinne opgebreek het en sommige as wit en anders as bruin geklas het om ‘n suiwer wit nasie te bou.

Mark ·

Doen jou studie op die miljoene bruinvroue wat as wit geklas is toe Verwoerd hulle verdeel het om ‘n suiwer witvolk te bou.

marco polo ·

Mark, waar kom jy aan jou miljoene storie? Daar is nie eens vandag miljoene wit vrouens nie, wat nog te se van 50 jaar gelede.

se net ·

Ek dink dit geld vir alle rasse. As jou opvoeding swak is (wat onder enige ras kan voorkom), gaan dai persoon, man of vrou nie so slim, ordentlik of begaafd wees soos n persoon wat n goeie opvoeding, geleerdheid en met maniere grootgemaak is nie. Kyk maar in die toekoms in, blankes word uit werke gesit, hul ouers kan nie meer sorg nie, hul word tot armoede gedwing en hul kinders gaan daaronder ly. Daar gaan n tyd kom wat ons wit kinders net so dom, onbegaafd en sonder maniere gaan wees.

Bossie ·

Wonder nou net… Is dit nie n geval van as die skoen jou pas, trek hom aan nie?

Yster ·

Nav al die kommentaar,om te dink ons het gedink om die VF+ n kans te gee in die kaap ,siek rassiste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.