Navorsing skets donker prentjie van Chinese betrokkenheid in Afrika

(Foto: pixabay)

ʼn Verslag oor China se invloed in Afrika dui daarop dat dié reusemoondheid se betrokkenheid op die vasteland heelwat negatiewe gevolge vir Afrika, sy gemeenskappe én die omgewing het.

Die verslag is deur Opinor, in opdrag van die burgerregtegroep AfriForum, saamgestel en het China se betrokkenheid in Afrika, maar veral ook Suid-Afrika, ondersoek.

Die navorsers het bevind China se toenemende invloed op Afrika lei tot antidemokratiese praktyke, ʼn gebrek aan deursigtigheid en onwettige optrede, asook die skending van arbeidersregte.

Die bevindinge het deel gevorm van gesprekke wat Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, vroeër vanjaar met verskeie belanghebbendes in die VSA gehad het. AfriForum sal nou ook die verslag se bevindinge aan sowel plaaslike as internasionale belanghebbendes stuur om hulle oor die bevindinge in te lig.

China is tans Afrika se grootste handelsvennoot en handel tussen dié twee het teen 2017 altesaam $155 miljard beloop. Handel tussen Afrika en die VSA beloop in vergelyking $55 miljard.

Die navorsers het bevind daar is egter onsekerheid oor die ware omvang van die Chinese regering se geldelike bydraes aan Afrika-lande omdat dié lande dit oënskynlik dikwels probeer onderspeel. Die studie het bevind dié gebrek aan inligting help om die korrupte elite te beskerm wat ’n rol in die inwerkingstelling van die projekte speel.

“Afrika-leiers ontken dat hulle in ʼn skuldlokval met China beland en beskryf China se betrokkenheid in Afrika – waaronder lenings aan Afrika-lande – as tot “gemeenskaplike voordeel”,” lui die studie.

Die Chinese president, Xi Jinping, gesels met die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa. (Foto: Andy Wong/ AP)

Afrika-lande se skuld aan China styg toenemend en terwyl Chinese lenings in 2005 sowat $2 miljard beloop het, het dit teen 2016 tot $30 miljard toegeneem.

Volgens die navorsers is China toenemend betrokke by VN-vredesoptredes op die vasteland en bied die land opleiding aan polisielede en weermaghulp aan ʼn hele aantal Afrika-lande. China is tans die grootste wapenverskaffer aan Afrika suid van die Sahara. In 2018 het China volgens die studie ook nuwegeslag lugafweermissiele in Zimbabwe aangebring om China se beduidende ekonomiese belange in die land te beskerm.

Die navorsers het bevind die omgewing loop ook deur weens China se betrokkenheid op die vasteland en dat die land se prioritisering van ekonomiese groei oor die beskerming van die omgewing vernietigende gevolge het. Dit sluit in die stroop van vis en bedreigde spesies.

Volgens die studie gebruik Chinese sindikate arm Afrikane om renosters in Suid-Afrika en ander Afrika-lande te stroop en dat Zimbabwe tans sy skuld aan die Chinese regering met olifantkalfies terugbetaal. “Sedert 2012 het Zimbabwe reeds 108 olifantkalfies na dieretuine in China verskeep.

“Donkiebevolkings in verskillende dele van die wêreld stort ineen weens die Chinese aanvraag na die gelatienagtige vloeistof wat onder die diere se velle voorkom. Die vloeistof word as bestanddeel in skoonheidsprodukte en medisyne, bekend as eijao, gebruik. Om in die aanvraag te voldoen benodig China jaarliks nagenoeg 4,8 miljoen donkievelle.”

Volgens die navorsers word onwettige bosboubedrywighede ook deur Chinese burgers oorheers. “Die oorspronklike rooshoutwoude in Madagaskar, wat deesdae net in afgeleë gebiede van nasionale parke gevind kan word, word bedreig deur die onwettige uitvoer van rooshout na China, ʼn bedryf wat op tussen $250 miljoen en $300 miljoen geraam word.

“Sommige gedeeltes van Mosambiek is heeltemal ontbos en die regering skat dat die smokkel van hout die land, een van die armste lande ter wêreld, $205 miljoen per jaar kan kos,” lui die studie.

Barend Uys, uitvoerende hoof van Opinor, sê die gevallestudie oor die Musina-Makhado- Spesiale Ekonomiese Sone (MMSES) in Limpopo is ’n uitstekende voorbeeld van China se werkswyse in Afrika en die uitwerking daarvan op plaaslike gemeenskappe.

“Daar is ’n algehele gebrek aan deursigtigheid en konsultasie met gemeenskappe. Irrasionele besluite word geneem, byvoorbeeld die inwerkingstelling van ’n steenkoolaangedrewe kragstasie wat nie eens op die geïntegreerde hulpbronplan ingesluit is nie. Die ontwikkeling gaan voort, hoewel ’n definitiewe volhoubare waterhulpbron nog ondersoek word – dít in ’n gebied wat reeds onder waterskaarste gebuk gaan en as die tuin van Suid-Afrika beskryf word.

“Die ontwikkeling sal ’n onomkeerbare en ernstige impak hê op voedselsekerheid, waterhulpbronne, en lug- en grondgehalte, en dit is daarom nie in gemeenskappe se belang nie,” het Uys gesê.

AfriForum sê pres. Cyril Ramaphosa het verskeie besoeke aan China gebring en ’n vennootskap en handelsooreenkoms met China aangekondig sonder om enige besonderhede oor die implikasies daarvan vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers of burgers bekend te maak.

“Dit is belangrik dat mense wat die belange van Afrika ter harte neem van hierdie verslag sal kennis neem. AfriForum het ’n verantwoordelikheid om mense plaaslik sowel as internasionaal oor die bevindinge van die verslag in te lig,” het Roets gesê.

“Ons hoop dat dié verslag die toepaslike belanghebbers sal aanspoor om in gesprek te tree en aksie te neem om die risiko’s te verminder en die negatiewe uitwerking op gemeenskappe in Afrika te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Remlut ·

Oud President P.W. Botha het al in die apartheid jare gewaarsku teen die kommuniste soos Rusland en Sjina. Dit is nou baie duidelik hoekom.

Pandora ·

Remlut, ja dis nog altyd die raakpunt. Destyds was selfs die kommunistiese ANC uit SA verban en moes hulle ondergronds vanuit Angola en Mosambiek opereer. Vandaar dat Mandela en sy vrinne so baie plekke in SA gebom het. En nou? Nou is die ANC aan bewind in SA. Ons arme pragtige land. Mens wil hoop verloor.

Andre ·

Solank as wat hy net die blankes kan blameer vir alles is die kiesers tevrede. Hulle sal nog agterkom, wanneer hulle slawe word.

Johan ·

China het een van die dae n paar nuwe lande by en die slegste is ons veroorsaak dit want ons koop hulle gemors. Ons is besig om hulle te finansier om die land oorteneem.

Willie ·

Suid Afrika behoort Al lankal aan China. Mense van Suid Afrika, skrik wakker, die tyd word Min.

Burgermeester ·

China doen met Afrika wat Rusland in the 50s met lande soos Hongarye, Pole, en Romenië goedoen het. Voor ons, ons oë uitvee is ons a satellietstaat van China. China sal sorg dat die ANC in bewind bly sodat squirrel et al. sorg dat China se belange en kommunistiese beleid bevorder word in Afrika.

Adam Adriaan ·

Die dae gaan kom dat Afrika sal terug verlang na die ou koloniale tydperk. Nie dat dit daardie tyd goed was nie, maar dit sal beter wees as die Chinese. Afrika sal nog agter kom dat daar nie so iets is as nee te sê as dit kom by werk nie. Diet staal stropp sal dan om ‘n man se nek wees en sal net kan sê ja en amen.

Michael ·

Nee wat verslag sal niks bereik-deur ‘n wit organisasie gereel. Navorsing is deur ‘n wit Westerse bril gedoen. Deur ‘n Afrika-Oosterse-Kommunistiese bril is die resultate van die navorsing abs uitstekend-presies wat Sjina wil bereik

marius ·

Vra maar vir die Indier gemeenskap wat hulle dink van die vriendelike uitnodiging . Die afrikaan het geen idee tot dit tot na goebaai meraai gespeel het nie . Dis die waarheid .

Nico ·

Dis ‘n baie eenvoudige nuwe vorm van kolonialisme wat aangaan. Net soos die “tribal leaders” van ouds, ander Afrika stamme aan die slawe kopers geruil het is moderne Afrika leiers besig om Afrika stukkie vir stukkie aan die Chinese te verkoop omdat hulle net geld sien. En soos tevore is dit net die leiers wat baat vind uit dit uit. Die algemene mens gaan net so swaar kry soos meeste Chinese burgers.

Linda ·

Was nog altyd my mening dat daar meer skuil agter die mynstakings en vandalisme in die land. Die 3e mag waarvan daar so paar jaar gelede gepraat is. En so paar mense word miljoene ingestop om dit aan te hits. As die myne se aandele so laag val, dat hulle gedwing word om te verkoop gaan China dit opraap. Middelburg Staal het toegemaak, en goedkoop staal word ingevoer. Maar as die ou volkie dink China gaan vir hulle werk gee, is hulle in vir groot verassing. China is oorbevolk, so hulle prop hulle mense oral in. En hulle sal ook nooit so na die unies se pype dans soos die ANC nie. So hulle gaan die spul in Afrika nog in die grond inwerk. Hoop hulle bring die wet in van een kind per gesin soos dit jare in China was. Sal ten minste die aanteling stop. En kyk maar, kort voor lank bou Chinese sakemanne groot rykmanshuise op Robbeneiland. En kort voor lank sal ons net poskaarte kry met prentjies van ‘n renoster, olifant en dalk nog die goeie ou donkie ook.

daniel ·

Sommige Afrika landed neem aan dat China hul vriend is terwyl niks verder van die waarheid is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.