Navorsing toon Afrikaanses kry meer babas

Argieffoto

ʼn Geboortegolf het die Afrikaanse gemeenskap getref – bruin en wit Afrikaanssprekendes kry weer meer kinders.

Dít is een van die meer opspraakwekkende bevindings van die 2011-sensus en dit word bevestig deur ʼn demografieverslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) wat eersdaags uitgereik gaan word.

Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, is daar primêr gebruik gemaak van die sensus se statistieke, maar sekondêre bronne is gebruik om die tendens van die 2011-sensus te bevestig. Doopsyfers is onder meer van kerke aangevra om te bepaal of daar meer kinders gedoop word.

“Alhoewel kerklidmaatskap aan die afneem is, het die dope per lidmaat-verhouding net so voor 2011 gestabiliseer en het dit selfs effe toegeneem. Dit beteken eenvoudig dat daar meer dope per lidmaat was wat die breër tendens van meer kinders in die Afrikaanse en Afrikanergemeenskap onderskryf,” het Mulder gesê.

Hy wys daarop dat hierdie “babaploffing-kinders” teen vanjaar (2018) skoolgaande ouderdom sou bereik het.

“Ons was verras deur die tendens, maar ʼn mens kon dit in praktyk begin sien aan die nuwe kleuterskole wat in Afrikaanse woonbuurte te voorskyn kom en Afrikaanse laerskole wat vol is. Binne die volgende tien jaar gaan hierdie kinders hoërskole en universiteite benodig. Dit maak die vyandigheid van die regering teenoor Afrikaanse onderrig ʼn nog groter probleem wat beslis tot op tersiêre vlak hanteer sal moet word,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, gesê.

Om die uitdaging van Afrikaanse onderwys in die toekoms die hoof te bied, het die Solidariteit Beweging ook aangekondig dat sy Skoleondersteuningsentrum (SOS) ʼn omvattende plan vir Afrikaanse onderwys gaan ontwikkel. Dit gaan gedoen word in vennootskap met onder meer die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON).

“Meer Afrikaanse kinders beteken ons geslag sal meer positief moet dink en te werk moet gaan wat die toekoms betref. Dit sal verraad wees teenoor kinders wat nog in kleuterskole speel as ons hoop vir die toekoms verloor. Hierdie getalle wys dat hopeloosheid nie ʼn opsie is nie,” sê Hermann.

“Hierdie kinders gaan skole, universiteite en ʼn veilige omgewing benodig. Dit is duidelik dat die openbare sektor nie in staat gaan wees om vir hierdie kinders ʼn onderwysaanbod te bied nie.”

Hy beklemtoon dat dié statistieke wys dat die gemeenskap veel meer verantwoordelikheid aan die dag sal moet lê. “Die Solidariteit Beweging gaan aktief werk om ʼn behoorlike wêreldklas- Afrikaanse onderwysoplossing vanaf kleuterskoolvlak tot op universiteitvlak te bied. Ons kan nie meer kinders hê en nie aan ʼn toekoms vir hulle werk nie. Ons geslag se taak is om ʼn toekoms te help bou waarin hierdie kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees,” het Hermann gesê.

Volgens Mulder is hierdie bevinding slegs een van die bevindings in die SNI se demografieverslag. Hierdie verslag fokus primêr op die getal Afrikaanssprekers en Afrikaners wat in Suid-Afrika is en in die komende dekades gaan wees.

Die verslag word Woensdag uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ons staan op ·

Ons bou en staan op, niks gaan ons onderkry nie en Afrikaans se toekoms is blink.

Elize ·

My vier afrikaanse kleindiners is nou onderskeidelik in New Zeeland en Australie. Hulle is na 2011 gebore. Hulle kan van die statistieke afgetrek word.

Cherokee ·

Koos, wiè op aarde gee om vir jòu antwoord? Verassing as jy gedink het jy het ‘n ontploffende reaksie gelaat. Ons lag jou af.

Dis so ·

Dis bewys dat as daar ewe skielik meer babas gebore word daardie volk bedreig voel en in 90% van die gevalle is daardie volk 18jaar later in n oorlog betrokke. Veral as die meerderheid seuntjies is. So dit sal interesant wees om die geslag statistieke te kan sien.

Andreas Meyer ·

Ek dink dis ‘n bietjie vergesog. Dink nie daar is ‘n vaste verband tussen oorlog en meer kinders nie. Min kinders gaan jou beslis nie teen oorlog beskerm nie. Maar soos ons kan sien word verswakkende demografie as motief vir oorlog gebruik. Kyk maar na Europa met die sog. “vlugtelinge” wat die plaaslike volke moet vervang volgens die VN:
http://www.un.org/esa/population/publications/migration/migration.htm

Koos ·

“Dis so”, voor presies watter oorloë het hierdie verskynsel plaasgevind? Bewyse asseblief, want dit klink na ‘n mite.

KP ·

Ek glo dit nie moes miskien gelees het AFRIKANE en nie Afrikaners nie.

Vraagteken ·

Ek stem 100% saam met jou. As jy na swart informele-nedersettings gaan kyk, dan sien jy net honderde klein kinders.

Cherokee ·

KP en ?, as julle bloot net die moeite doen om die eerste sin stadiger te lees sal julle jul woorde sluk.

zoom zoom ·

Die kleuterskool mag dalk ‘n Afrikaanse naam hê maar binne word nie net Afrikaans gepraat nie. Ek stem nie 100% saam met die berig nie. My 2 kleinseuns was ook in ‘n Afrikaanse naam kleuterskool en almal daar praat nie Afrikaans met mekaar nie.

Mariëtte ·

Hierdie syfers maak geensins sin nie. Ek en my man is albei in ons mid 30s en net soos driekwart van ons uitgebreide AFRIKAANSE vriendekring nog kinderloos. Dit mag dalk opgetel het sedert 2011, maar ek kan jul verseker jong blanke Afrikaners is by ver minder geneig om kinders te hê in SA. Feite.

·

Mariëtte, kry bottel wyn en kerse. Dit is tyd. Jy sal baie bly wees as daar nuwe gelag en gespeel wees in die huis.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom moet Mariëtte gesuip en in die donker “per ongeluk” ‘n gesin begin? Nee wat. Geniet die wyn….en leef jou lewe. Die wêreld is oorbevolk soos dit is, en gaan binne afsienbare tyd by ‘n geleenheid van kataklismiese omvang van 90% van die “parasiete” wat haar so uitmergel ontslae raak……terwyl sommiges dit sal verwar met die “wederkoms”!!

Koos ·

Mariëtte is 100% reg. Daardie statistiek klink na ‘n feëverhaal.

Ania ·

Dit hang seker maar af in watter kringe jy beweeg. Ek is is 36 en in ons kringe is ons 3 kindertjies maar min. Een vriendin verwag haar 5de, ‘n ander se 5de is so rukkie gelede gebore, ‘n ander se 4de is nou die dag gebore.

Amelia ·

Ek stem 100% saam jou. Dit is nou weer net n storie. Ek neem aan die res van die bevolking sit nooit ooit hul kinders in kleuterskole nie.

Philip ·

Hierdie is nie waar nie. Soek op google ‘south africa demographics’. Sien eerste resultaat in Wikipedia. Afdeling ‘Racial composition of each age group in 2015 (estimates)’

Mickey ·

Daar is dalk meer kleuterskole omdat daar meer mammas is wat moet werk. Al hoe minder mammas het die voorreg om tuis te bly by hul kindertjies.

Alida ·

Dit is goeie nuus maar met ons ekonomie is ek nie so seker nie. Daar miljoene babas kom om die agterstand in te haal.

Willem ·

“Afrikaanses is plesierig , en kan jy dit glo……..”

Willem ·

Afrikaanses is plesierig,
dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies,
en dan maak hulle so:

Eers draai die ou vroutjie
en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie
en dan draai hulle saam.

Goeienag, my ou vroutjie,
goeienag, my ou man!
Oor ‘n week ‘n partytjie,
en dan draai ons weer saam.

Lekker een kultuur man, lekker!

Tong in die kies, die andere maak nie so nie.

Lerato ·

Afrikaanses!!!

Wat n simpel ding is dit nie!!!

Wat het geword van Afrikaans sprekendes?

Paul ·

Ek dog jy is linksliberaal, maar nou bewys jy ons almal verkeerd, met groot respek en sonder voorbehoud sal ek jou kommentare voentoe lees.

Gerhard ·

Met hoeveel het dit toegeneem, sodat ons weet of dit saak maak?

Francois ·

Ek stem saam met die artiekel sensus was in ñ groot mate deur Afrikaners geboikot , ons is baie meer as wat ons dink!

Koos ·

Droom lekker verder Francois. Party van ons is egter wakker. Die Nazi’s se propagandaman Joseph Goebbels het ook tot aan die einde wyd en syd verkondig hoe die Duitsers besig was om die Rooi Leër op te dons by Stalingrad.

Nita ·

Nou toe nou. Nie net het Afrikaanse wittes al die plase, al die geld en alle voorregte nie, ons veroorsaak nou sommer n bevolkingsontploffing ook. Ag mooi man! Miskien sal ons oor n duisend jaar meer wit mense as swart mense in die land he. Hehehe.

Willem ·

10/10 vir jou. Jy is maar egter negatief oor ons vermoëns die aantal jare wat dit sal neem, het nie baie vertroue in ons ou volkie se manlike geslag nie, al het ons nou die week so tydelike terugslag beleef ….. hehehehe

Paul ·

Ek dink hulle het die geboortesyfer van die Afrikaners wat emigreer het bygetel.

Liesbet ·

Ek dink NIE dat KZN deel is van hierdie statistiek nie..Ons Afrikaanse skole loop leeg!
Veral in die Durban asook Noord en Suidkusstroke…dis bitter hartseer

Kinderlose eensaamheid ·

Ek was ‘n beroepsvrou en werk was vir my belangriker as om n eie familie te he. Ek het baie oulike vriendinne gehad en ons het saam dinge gedoen. Nou is hulle nie meer hier nie en ek het geen familie nie, en is baie spyt ek het my lewe vir my baas gegee.

Sandra ·

Sune, ek sit met dieselfde situasie. Ek het steeds vriendinne, kan duur stokperdjies beoefen en het ‘hondekinders’ maar dis nie wat eie familie ooit sal kan verlang nie.

Ania ·

Daar is menige wit, Afrikaanse kindertjies in kinderhuise. Ek bedoel glad nie dat jy iemand moet aannneem nie. Jy kan net so nou en dan ‘n kindjie by jou laat kom kuier en liefde gee.
Ons is almal so besig met ons eie lewens dat ons vergeet van die weduwees en wese. Dis eintlik ‘n skande as mens sien watter lewens party “honde-kinders” het terwyl daar mense kinders is wat baie meer kan doen met daardie oorvloedige liefde wat op die honde-kinders uitgestort word.

Mitzi ·

Die Afrikaners moet waarneem hoe natuurlike hulpbronne onderdruk geplaas word deur hulle selfsugtigheid.

Oop oge ·

Ania,
‘n Mens so na aan die Here se Hart …
Wees geseënd
‘ n Mens se nalatingskap lê juis in jou kinders…jou bloed en gene …

Chris ·

Die blanke het meer kinders nodig…Maar dit is moeilik hier in Afrika. Sal net kan gebeur as ons onafhanklik kan word van die regering.

Marelize ·

Ons was net 2 kinders. My ouers het 7 eie kleinkinders en 2 aangenome kleinkinders. En ek is nog nie buite die ouderdom nie.

Ons was nie in 2011 sensus getel nie.

Ek hoop as Solidariteit sy hande na skole-ontwikkeling uitsteek, hulle die Finse model sal gebruik en noukeurig volg.

Mornay ·

Ek hou die kommentare dop vir die laaste paar maande. Ek het nog nooit soveel negatiwiteit, beterwetigheid, spel korreksie en “anale retentive “ kommentare teegekom soos hier nie. As die toekoms vir Afrikaners afhang van sekere mense op die groep is ons daarnee heen. Die liberales en mense wat wil immigreer moet dit doen en klaar kry sodat die van ons wat n toekoms wil bou vir ons mense kan begin.

Paul Swart ·

Groeiende doopsyfers wys na my mening dat ons volk se geloof in God gesond is.

Weerlig ·

Die sensus is baie teenstrydig en eenkantig. Hoekom is die bepalings net op doopkinders gedoen. Hoeveel etniese gevalle word gedoop op baba status? En dalk was hierdie ‘ontploffing’ tydens die beurtkrag era in 2011? Hoekom dan nie ‘n senus doen op registrasie nie? Stem glad nie saam met die sensus nie!!

Charles ·

Darem bietjie goeie nuus so op ‘n droewige blou Maandag :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.