Navorsing wys gesondheidspraktisyns kan land uit weens voorgestelde NGV

medies-pille-gesondheid-pyn-pixabay

Foto: Pixabay/Pexels.com

ʼn Navorsingstudie wat deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) onderneem is om die gevoel en menings van mediese praktisyns aangaande die nasionale gesondheidsversekering (NGV) vas te stel, is Dinsdag by die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns se krisisberaad oor die voorgenome NGV bekendgestel.

Volgens Nicolien Welthagen, senior navorser verbonde aan die SNI, is hierdie navorsing ʼn baie belangrike eerste stap om die werklike gevoel van praktisyns aangaande die voorgestelde NGV in die openbaar te kry. “In die eerste plek het die navorsing bevind dat praktisyns voel dat daar nie voldoende met hulle gekonsulteer is voor die bekendmaking van die staat se planne om die NGV te implementeer nie. Soveel as 72,6% van praktisyns het volgens die navorsing aangedui dat hulle nie in die proses gekonsulteer is nie terwyl slegs 38,8% van algemene praktisyns voel dat hulle genoegsame kennis van die NGV het.”

nicolien-welthagen

Nicolien Welthagen, ‘n senior navorser by die SNI, sê mediese praktisyns is ongelukkig en onseker oor die NGV. Foto: Solidariteit/Twitter.com

Welthagen het voorts vanuit haar navorsing aangedui dat 71,9% van die respondente, wat algemene praktisyns, spesialiste en verpleegkundiges insluit, negatief of skepties is oor die regering se planne om die NGV te implementeer. “Laasgenoemde word ondersteun deur 93,8% van die respondente wat hul kommer uitgespreek het dat die staat nie hierdie stelsel sal kan administreer nie terwyl 88% van die respondente voel dat die NGV nie suksesvol geïmplementeer kan word nie,” het Welthagen bevestig.

Welthagen het egter voorts gesê dat dit uiters kommerwekkend is dat sowat 83,2% van gesondheidsorgwerkers daarmee saamstem dat private mediese beroepslui die land sal verlaat indien die NGV geïmplementeer word. “Die omvang van hierdie kwessie word ook ondersteun deurdat respondente (81,7%) aangedui het dat hulle glo dat die NGV die gesondheidsektor kan destabiliseer,” het Welthagen afgesluit.

  • Klik hier vir die volledige navorsingsverslag.
  • Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns is Dinsdag by die krisisberaad bekendgestel om mediese praktisyns by te staan en die beroep as geheel te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek is n gespesialiseerde verpleegkundige wat reeds drie jaar in die buiteland werk. Ek het oorweeg om terug te keer na my land, Suid Afrika. Die NVG was nou egter die laaste spyker in die doodskis. Ek wil nooit weer vir die staat werk nie! Sou die NVG realiseer, sal ek basies geen keuse he nie. Ek doen nou aansoek in die VSA.

Kalahari Kind ·

Ek vermoed heelwat verpleegkundiges het reeds die land verlaat. Ek was onlangs opgeneem in ‘n privaat hospitaal in ‘n grotendeels wit gemeenskap, en daar was geen wit verpleegkundige in die saal nie. Nie een nie. 18 Maande gelede toe ek in dieselfde hospitaal was, was helfte van die saalsusters, matrone, ens. nog wit gewees.

willie ·

Bogenoemde navorsing bevesting net weer alle regdenkendes se bekommernisse!

piper ·

stuur die verslag na die ANC. wat die verslag se is al lankal ook my mening.

Thinus ·

Die regering het deur en deur bewys dat hulle en hulle comrades nie bevoeg of in staat is om enige instansie suksesvol te kan bestuur nie. Onbevoedgheid, luiheid, korrupsie, neupotisme ens. sal aan die orde van die dag wees. Weereens moet die paar wat belasting betaal pa staan vir die massas wat geen bydrae tot die ekonomie maak maar wat als verniet wil he. Die regering kan nie eens die staatshopitale bestuur nie, nou wil hulle aan ‘n suksesvolle privaatsorg voorse hoe dit gedoen moet word. Sal hulle nooit leer nie.

marous ·

Die regeerders van die land voel vere ….daar is mos genoeg tradisionele genesers

KanekVra? ·

As die dokters die land wil verlaat, kan ek hulle nie keer nie. Dit sou ook nie ‘n verskil maak in my lewe nie. Dokters, en spesialiste is so belaglik duur ek kan hulle nie bekostig nie, soos miljoene ander mense ook nie, wat nog van ‘n mediese fonds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.