Naweek agter tralies ná sy glo R24 miljoen by MTN steel

Argieffoto

ʼn Vrou wat MTN glo met R24 miljoen bedrieg het, moet die naweek agter tralies deurbring, weens klanktoerusting wat nie wou werk nie.

Staatsaanklaer Bongani Chauke het Vrydag aan die Johannesburgse handelsmisdaadhof gesê hy verkies dat die verrigtinge opgeneem moet word en het versoek dat die saak uitgestel moet word, toe die opnametoerusting nie wou werk nie.

Die hof is vroeër in kennis gestel dat die opnametoerusting nie in enige van die vertrekke werk nie.

“Ons versoek dat die saak tot Dinsdag 25 April uitgestel word,” het Chauke gesê. Die staat staan die vrou se aansoek om borgtog teen.

Ruth Moshabane (42) is Dinsdag deur die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (die Valke) by MTN se hoofkantoor in Fairlands in hegtenis geneem. Die rekenmeester word daarvan beskuldig dat sy ongeveer R24 miljoen van haar werkgewer gesteel het.

Sy werk al langer as 13 jaar by MTN.

Sy word daarvan beskuldig dat sy geld onregmatig van ʼn MTN-rekening na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas het. Die transaksies het tussen 16 Julie 2015 en 4 April 2017 plaasgevind. Die bank het glo die transaksies opgemerk en MTN-bestuur gekontak oor “verdagte transaksies” in Moshabane se rekening.

Die Valke het die saak ondersoek en haar in hegtenis geneem.

Sy bly in aanhouding en moet Dinsdag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Middie ·

Ek sou kon doen met ‘n miljoen! Maar R24 m selfs nog beter!

snoefie ·

Viva!!!! hoe lekker toyi toyi ek nou. kry vir julle. Viva!!!! bbbee bo alles! DOE ZOO VOORT!!!; VIVA!!!

Rudy Maritz ·

Ok daai was nou dom steel. As jy wil steel los jy nie n papierspoor agter nie. Zoempie het julle min geleer.

Frik ·

Die berig gaan oor die arme vrou wat die naweek agter tralies moet sit ondat klanktoerusting nie werk. Dit is asof simpatie gesoek word vir die arme vrou, plaas dat die berig eerder moes gaan oor haar misdaad en dat sy agter tralies hoort soos alle misdadigers. Geen simpatie met haar.

Johan ·

Ons landlyn, selfoon en dat datatariewe is van die hoogstes in die wêreld. Hier sien ons dit. Iemand steel soveel geld in so kort tydsduur; enige ander besigheid sou moes deure toemaak. En onthou die geweldige boetes wat hulle al moes betaal. Maar hulle gaan van krag tot krag. En sy? Byt haar werkgewer mooi na soveel jaar in die hakskeen! Sal dalk tronkstraf kry, en ons moet die 24 miljoen opmaak.

Frikkie ·

Misdaad is misdaad. Dis deur sulke gretige mense dat ons deur ons nekke vir sel netwerk dienste betaal. En dit nadat hulle nou nog al hulle sel diens voordele gratis geniet. So laat hulle begin boet vir hulle skelm dade.

Pieter ·

Die mees belangrikste bestuursfunksie nl. kontrole het nie bestaan nie. Dus moet haar bestuurders óók aangekla word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.