Naweek se nat weer veroorsaak chaos op paaie

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

Meer as 50 motorongelukke is tussen Vrydag- en Maandagoggend in en om Durban aangemeld.

Die meeste hiervan is vermoedelik toe te skryf aan die reën wat oor KwaZulu-Natal uitgesak het.

Volgens Rescue Care het die meeste ongelukke op die M13 naby die Westwood-inkopiesentrum plaasgevind en op die N2, in albei rigtings, naby die Spaghetti- en Umgeni-wisselaars.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het ʼn ernstige ongeluk Vrydagaand by die Newlands- en Inanda-wisselaars plaasgevind. “Twee voertuie het gebots en die een het gerol voordat dit op sy dak te lande gekom het. Paramedici moes meganiese toerusting gebruik om die vier insittendes te bevry. Nadat die beseerdes gestabiliseer is, is hulle na ʼn plaaslike hospitaal geneem.”

Jamieson het ʼn beroep op bestuurders gedoen om stadiger te ry, veral in die nat weer, en om te verseker dat hulle voertuie padwaardig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jollie ·

Durban se paaie is horribaal. Mense ry sonder hoofligte in die aand, daar is nie ordentlike padaanwysings nie, jy moet tussen groot trokke jou weg probeer vind, ens, ens, ens. MAAR, as ons piesang-regering nie begin om die huidige wette toe te pas nie, gaan dit nooit verbeter nie!!!

Piet Pompies ·

Dit is vandag so warm in die Laeveld, hier het nou net ‘n Hadedah oorgevlieg sonder enige vere op hom, ek dink hy is op pad om homself vrywillig aan Nando’s oor te gee……..

Z bc ·

Die nat weer is nie die oorsaak van die ongelukke nie. Dit is omdat mense nie versigtiger bestuur wanneer dit reën nie en dan ook verder lyk ons paaie soos ‘n hond se g@t. Maar verseker nie die nat weer se skuld nie…….

Ina Smith ·

Hoe kan nat weer die oorsaak wees van ongelukke ,,, ?Die reën bestuur nie die kar / motor nie ,, is mos makliker om die blaam op iets /iemand anders te plaas ,, ek is 100% seker in lande waar dit elke dag reën en onweer is is daar driekwart minder ongelukke as hier in SA ,, onverskilligheid en nalatigheid is die oorsake

Peet Schabort ·

Jy is reg Ina, onbeholpenheid van hulle wat met ‘n K53-kwalifikasie losgelaat word op ons paaie. Toegegee die haglike toestande van sommige paaie maar die onvermoë om daarby aan te pas en dan is 58% van ongelukke waar ook drank by betrokke is; dit sluit egter ook voetgangers in.
Hoogtyd dat daar getoets word op ‘n glybaan asook op ‘n grond- en modderpad waar jy moet toon dat jy ‘n voertuig wat gly onder beheer kan hou.

Griki ·

Mense besef ook nie altyd dat paaie seepglad is as dit na droogte bietjie reën nie. En dis juis die bietjie reën wat hulle te veel selfvertroue gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.