Naweek van beurtkrag dreig

Argieffoto

Hoewel beurtkrag nie Donderdag ingestel is soos Eskom gesê het moontlik is nie, moet Suid-Afrikaners nog nie die kerse en kragopwekkers te ver wegpak nie.

Die kragvoorsiener het vanoggend opnuut gewaarsku dat daar ʼn groot kans van beurtkrag oor die naweek is. Volgens Eskom moet die kragvoorsiener sy water- en dieselreserwes aanvul om die moontlikheid van beurtkrag in volgende week te verlaag.

Dit beteken Suid-Afrikaners kan daarom moontlik ʼn naweek van beurtkrag te wagte wees.

Eskom het ʼn beroep op kragverbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en geisers, swembadpompe, asook nienoodsaaklike ligte en elektriese toerusting af te skakel. “Ons herinner ons kliënte dat beurtkrag ʼn beheerde maatreël is wat die kragstelsel beskerm en verhoed dat dit heeltemal in duie stort. Beurtkrag sal slegs toegepas word wanneer dit absoluut noodsaaklik is.”

Hou gerus Eskom se webwerf of amptelike Twitter-profiel dop vir die jongste nuus oor beurtkrag.

Verbruikers wat deur ʼn munisipaliteit krag ontvang, kan op die bepaalde munisipaliteit se webwerf kyk vir die beurtkragskedule. Direkte Eskom-kliënte kan www.loadshedding.eskom.co.za/ besoek of die inbelsentrum by 0860 037 566 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kolle ·

Siestog, hoe verantwoordelik. ‘Ons herinner ons kliënte dat beurtkrag ‘n beheerde maatreël is wat die krag stelsel beskerm en verhoed dat dit in duie stort’. Lees want ons is useless en pas nou krisis bestuur toe. Blah blah fishcakes…

HPV ·

Kolle, vir hul produk wat hulle nie meer kan lewer nie en daardie krisis bestuur staan hulle nou bakhand vir onverdiende prestasie bonusse. Patetiese manier van dreig (afpers) en doen.

Elmarie Badenhorst ·

Moenie ons probeer paai met beurtkrag net wanneer absoluut nodig en … en … en …. ons is nie damm stupid nie. Eskom doen ons nie ‘n guns nie hoor. Eskom is die rede hoekom ons in die gemors sit. Nou word ons soos klein babas behandel met baba storietjies.

GM ·

Ons vleiseters moet ‘claims’ insit dat Eskom vir ons braaivleis betaal. Dan sal ons geen probleem hê met beurtkrag nie.

Manie ·

Want nog nie een van die patete is weggejaag by Eskom. Sit nog steeds op die soustrein en het nie idee wat die werk behels

Spike ·

Dankie comrades en kaders. Julle bestuursvaardigheid oorweldig ons.

wielie-walie ·

Wielie, nadat ons “gespaar” het, sit ons die geyser, die TV en die stoof maar weer aan en doen wat ons sou gedoen het vóór die beurtkrag! Net ‘n uur of twee later!! LOL!!

Ilze ·

Wielie-walie dis my siening ook. Ek gedink ek stupid om so te dink maar bly nog iemand verstaan so

John ·

Eskom is net te bang hy beheer nie ons lewens nie… ons vergeet dalkies dat hy die baas van ons beursies en regering is… Ons moet die heeltyd oor Eskom dink en wat Ekom vandag doen of wat gaan Eskom more maak… wat het die Eskom voorsitter vanmiddag geèet of waarheen gaan Eskom se finanshoof met vakansie. Het Eskom kole of is daar genoeg bier in die yskas vir die naweek vir die oortyd werkers…. Hoe kan ons help? Kan ons handevat? Verhoog asb die tarriewe…. please…. please…. Njarrrr!

James ·

Asb ons smeek julle. Koop minder van ons produk en wees spaarsamig.

Gert van Wierdapark ·

Eskom kan nie meer (die) “Kersvashou” in SA nie weens sy EIE lamsakkigheid en onvermoe om die sogenaamde}) “swart “goud” wat hyself gedelf/Gupta-gedelf het, te laat brand. Hul twak is Nat en Nerf-af! Hier is ‘n Nerse probleem!!!

OMW ·

Sit liewer die straatligte af wat elke dag die hele dag brand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.