Naweek van beurtkrag wag

(Foto: Paul Hermann/Unsplash)

Stook maar die braaivleisvuur, want ʼn langnaweek van wisselende beurtkragfases lê voor.

Eskom het kort gelede gesê “weens die behoefte om die noodreserwes ter voorbereiding van die komende week op te vul”, asook weens die verlies van drie opwekkingseenhede oor die afgelope 24 uur, sal fase 2-beurtkrag Vrydag om 16:00 inskop en tot 20:00 duur.

Fase 3 sal daarna tot Saterdag om 05:00 duur.

Hierna word fase 2 tot Saterdag om 20:00 hervat, waarna fase 3 weer tot Sondag om 05:00 sal duur.

Eskom sal die situasie fyn dophou en weer Sondagmiddag inligting oor die stand van sake bekend maak.

Onbeplande instandhoudingswerk het tot die verlies aan opwekkingskapasiteit van 15 409 MW gelei, terwyl 6 261 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Spanne werk hard om te verseker die bykomende opwekkingskapasiteit word so gou moontlik weer aanlyn gebring. Teen Maandagoggend sal ʼn verwagte 3 570 MW weer tot die netwerk gevoeg word. In hierdie stadium staan die verwagte vraag na krag tydens die aandspitstyd op 25 857 MW.

DatumDagFaseBeginEindig
22 Maart 2024Vrydag16:00
216:0020:00
320:0024:00
23 Maart 2024Saterdag300:0005:00
205:0020:00
320:0024:00
24 Maart 2024Sondag300:0005:00
105:0016:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.