Die kragvoorsiener het Saterdagoggend in ʼn verklaring gesê die kragnetwerk is stabiel en instandhouding kan sonder onderbrekings voortgaan.
“Daar sal egter Sondag van 08:00 tot 22:00 beurtkrag toegepas word. Dit is in ʼn poging om reserwes op te bou vir die komende week,” het Eskom gesê.
Die kragvoorsiener het ʼn beroep op gebruikers gedoen om onnodige toestelle en ligte af te skakel en hul bes te doen om veral gedurende spitstye elektrisiteit te probeer spaar.
Die enigste manier om reserves op te bou vir die komende week is om van die diesel Generators af te skakel of tot die minimum te beperk dan kan daar moontlik op diesel bespaar word.Ongelukkig kan opgewekte wisselstroom in die verspreiding stelsel nie soos brandstof opgepot word vir latere gebruik nie.
Bruno, jy weet waarvan jy praat. Wou Eskom maar julle ouens behou het, het ons nie met beurtkrag gesukkel nie.