Nazi-plakkate: ‘Studente het oortree’

Plakkate wat op die Stellenbosch-kampus van die US aangebring is Foto: Facebook

Die Universiteit Stellenbosch het bekend gemaak die dissiplinêre verhoor van die drie studente wat met die Nazi-agtige plakkaat op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) verbind word, is op 12 Julie 2017 afgehandel.

Maroela Media het vroeër berig Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het besluit om drie studente wat verbind word met die Nazi-agtige plakkate op kampus, voorlopig te skors.

“Die Sentrale Dissiplinêre Komitee (SDK) van die US het die studente skuldig bevind aan die oortreding van klousule 9.3 en klousule 9.6 van die instelling se Dissiplinêre Kode vir Studente,” het Susan van der Merwe, woordvoerder van die universiteit, gesê.

Die klousules dui aan dat ’n student nie op ’n manier mag optree wat rassisties, onbillik, diskriminerend, gewelddadig, grof beledigend, vernederend of intimiderend teenoor enige ander persoon is nie. Hierdie verbod strek, maar is nie beperk nie, tot gedrag wat liggaamlike of geestelike skade veroorsaak, bedoel is om te verneder of wat enige ander persoon se waardigheid aantas.

“Na deeglike beraadslaging het die SDK op die volgende gepaste regstellende en rehabiliterende strafmaatreëls vir al drie studente besluit:

1)    Altesame 100 ure gemeenskapsdiens moet voltooi word voor die einde van die eerste semester van 2018; daarvan moet 60 ure voor die einde van die 2017 akademiese jaar voltooi word.

2)    Die studente moet ʼn regstellende werksopdrag uitvoer, met as sleutelonderwerp, hoe om konstruktief op kampus in gesprek te tree met inagneming van diverse narratiewe. Die eerste konsep moet teen die laaste dag van die derde kwartaal van 2017 by die paneel ingedien word; die tweede konsep teen die laaste dag van die 2017 akademiese jaar; en die finale werkopdrag teen die eerste Maandag van Februarie 2018.

3)    Die oorblywende 40 ure van die 100 ure gemeenskapsdiens hierbo genoem, moet gebruik word om idees oor konstruktiewe interaksie uit die regstellende werkopdrag te implementeer.

4)    Indien enige van die drie studente nalaat om enige van die genoemde strafmaatreëls na te kom, sal hulle onmiddellik uit die US geskors word.“

Die studente het nou vyf dae om aan te dui of hulle van plan is om teen die beslissing te appelleer,  met insluiting van die redes vir hul appèl.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Boerseun ·

Verduidelik gou in watter mate het hulle oor tree in terms van daai reels. Is die Nazi teken dan teen die wet in SA?

johnny_walker ·

ek verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie , want hulle het die swastika uigehaal en vervang met n ander simbool , so dit lyk my as jy n blonde seun of dogter op n plakaat sit is dit rassisties

Michael ·

Toets dit in die hof die kunstenaar wat geskilder het f…..k white people het die hof bepaal dit is vryheid van spraak is ons aanvaar te gou sonder om teen dit te bevraagteken of om iets aan die brand te steek.

heksie ·

Wou nou net dieselfde vraag vra Michael… Dalk moes hul die hare ‘n ander kleur gemaak het, dan was dit seker okay. Ek sien egter niks rassisties of enige iets afbrekend teenoor enige iemand in die prente nie. Kan egter net raai wie het op die komitee gesit of wie hul wou beindruk met die besluit…

Michael ·

Skuus my woorde is bietjie deurmekaar maar glo my opinie is verstaanbaar

Adri ·

Ek skaam by die dag meer en meer daaroor dat ek ‘n oud-Matie is. Regtig! Wat ‘n bespotting! Kan ek die verlede uitwis?

KoringKriek ·

Steun Afriform , Orania , Solidariteit en Akedemia. – van die laaste organisasies wat iets voel vir Afrikaans.

Danie ·

Dit gaan oor hulle wit is. Alles gaan oor anti-witheid. Niks anders nie.

Andrea ·

So hul het oortree deur n foto v n blonde jongman en meisie op plakkate te gebruik. Sjoe, ja, dis n verskriklik oortreding. Onvergeeflik!

Hans ·

Die studente wat verwoes en verniel het nie en ook diegene wat die 2 “pers”studente gedreig en verneder het, is nie so “getug” nie-optrede is nie konsekwent nie. Weer n politieke korrekte optrede deur universiteitsbestuur.

Oud mater ·

Persgesigskandaal herhaal. Dis die laaste strooi. Ek dra my bydraes oor na Akademia en ander regverdige instansies.

Wally Walters ·

Nou wil julle as instelling voordeel trek uit blanke kinders se navorsing waar julle as instelling te kort skiet met transformasie.geboue brand geskiednes word vernietig dit is op band wie skuldiges is en niks gebeur nie dit is n skande vir geregtigheid en billikke dissipline daardie kinders het hulle frustrasie op n manier uitgebeeld wat niks vernietig het nie hoe wys mens jou frustrasie om impak te maak sonder om af te brand watter wet het hulle as blanke oortree

Willie ·

Brand af, betoog, bemors en jy is reg. Ou Wim, jy is pateties

Dries ·

Ek dink die US kort n “spur boikot” belaglike bevinding!

Wally Walters ·

Die matie kode van gedrag net op een spesifieke rassegroep gemik en dit is nie moeilik om te raai nie ne meraai !!!

Be-wim-pel ·

Wim, jy en die universiteit het ‘n nuwe laagtepunt bereik. Geluk.

Pik ·

Gaan hof toe hulle het reeds n swak besluit geneem oor WIT KUNS wat erger was as dit

Publiek ·

En onthou hoe de villiers die persgesig meisies behandel het? Vreeslik gediskrimineer teen hulle.de villiers moet geskors word voel ek.Hy is die angel van die kwaad.

CFS ·

Dit wil voorkom of prof de Villiers heeltemal plat geloop is deur die linkse element aan die US,eers die taalbeleid en nou dit.Hierdie optrede is ruggraatloos en die van ń volksverraaier.

MH ·

Hy is nie platgeloop deur die linkse element nie. Hy is deel van die linkse element.

Haan ·

Een vir een maak die vyand van ons mense hulself bekend. En wie sou nou kon glo dat party van hulle uit eie geledere kom??Wim, hoesit nou dat F-white people kuns is maar n plakkaat van n witmens is rassisme? A nee a Wim, julle knak te maklik onder die druk van volksvyande se politiek. Vra vir spur hoe goed dít uitdraai

KoringKriek ·

Jy my vriend slaan die spyker op sy kop. As almal maar net so goeie logika soos jy het!

Hardus ·

Wim wil so polities korrek wees en dit gaan hom aan die hakskeen byt. Hy het nog net drooggemaak vandat hy daar begin het. Hy en Spur is op dieselfde vlak.

Barnard ·

Wat n verraaier .Totaal rugraatloos.Hy gaan nog dieselfde paadjie loop as Zille en andere .Mnr liberaal het alle respek verloor.

Karel ·

Wim gebruik die naam van US want sy naam dra geen krag of respek nie en so sleep hy US se naam deur die modder.

smurfie ·

Ek verstaan nie wat hulle eintik verkeerd gedoen het nie. En as dit n Nazi-agtige plakaat is. Beteken dit mos dat dit nie 100% een is nie; maar amper. Ek verstaan ook nie; die outjie op die plakaat is wit; hoe kan dit dan rasisme wees?

Stickey ·

Dit is tragies dat Afrikaners hier nie eers die fout kan sien nie. Dit is dalk die rede hoekom daar nie eers hoop is vir die Afrikaner nie.

Daar is net een rede hoekom iemand n nazi plakaat sal wil photoshop, en dit is om aandag te trek en rassistiese ondertoon aan iets te gee. Daar is niks van hierdie verskonings wat julle hierbo wil gee ter sprake nie. Hulle het nou gekry wat hulle gesoek het.

En as die kommentators hier dit nie kan insien nie, moet julle dalk terug gaan skool toe. En hierdie organisasies wat julle so hier rondgooi om te ondersteun, stook julle in julle onkundigheid en lei julle van die wal tot in die sloot.

Marius ·

Dankie vir jou nugter bydrae. Jy is reg. Die motief agter die hele ding is waaroor dit gaan. Sekerlik kan ons aanhou argumenteer dat dit net twee blonde wit gesigte is maar ons weet almal waaroor dit gaan. Hierdie studente het verkeerd en onkreatief opgetree. Ek dink bietjie emosionele intelligensie is nodig om hierdie jongmense reg te help. Ons kan hulle nie sterk in hulle dade nie. Dit was weldeurdag en het ‘n agenda gehad.

Willem ·

Só – as jy ‘n plakkaat met ‘n voorstelling van ‘n witmens in die straat hang moet jy “gerehabiliteer” word?? Nou waar het ek voorheen iets soortgelyks gehoor? O ja!! Was dit nie die soort ding wat destyds in die ou USSR gedoen is nie?

EQV ·

Pot snot!,,regtig,,punt 2 is grootste klomp tjol wat ek al van gehoor het!

vrikie ·

Wim het dalk net ‘n goeie teer en veer nodig, die studente moet hom hof toe vat dat hy sy seining oor die belaglikheid daar kan verduidelik.

Anoniem ·

Maar as studente “F whites” op t-hemde dra oortree hulle geen reëls en word hulle nie vervolg nie! Dis reg, ons neem almal kennis!

vrikie ·

Dalk is die dame se postuur nie verteenwoordigend van die demografie

Bruno Stef ·

Die Skim en sy broer Wim het kragdadig opgetree teen die ondermynende blanke studente maar draai n blinde oog as daar volgens hulle mening nie die nodige verskoon dat ek leef houding deur die blankes geopenbaar word nie.

Liebenberg ·

Vrikie jy laat my so lekker lag!
Ou wim adverteer sy totale onvermoee om die US te bestuur elke dag meer en meer.

Afgetrede Prof ·

Die studente het suksesvol bewys dat US net teen blankes dikrimineer.Dit was tog hulle doel en het Cum Laude geslaag.

Zumie ·

En wat het nou van vryheid van spraak geword …. of geld dit nie by Maties nie…..

bgj van der westhuizen ·

dit is tyd dat die blankes hulle geld gebreuk waar ons welkom is dit is net vir my goed as in wit pesoon eits doen dan is dit altyd goot ding maar die ander kleur kom weg met ales dit is net in prent

Ben ·

Haai, dit raak nou te veel! Soos bo, probeer “F*** Whites” vergelyk met onskuldige gesonde fotos van mense wat geen venyn vertoon nie en jy sal vind dat jy nie kan nie. Prof Wim gaan regtig hiermee te vêr! Sit liewers daardie vulgêr woorde en skildery by die internasionale aankomshek by OR Tambo lughawe en laat ons gaste self besluit op eerste-wêreld standaarde wat is walglik of dan nie!

Anoniem ·

PS: Ek sien inteendeel geen rede in dat hierdie studente oor ‘n Nazi plakkaat vervolg moet word nie.

Anoniem ·

Waarmee sal ons dan die onregverdigheid van die universiteit se optrede teenoor hierdie studente verduidelik? Ek vergelyk die “f whites” t-hemde juis met die Nazi plakkate omdat blatante rassisme teenoor blankes openlik gelos word maar blankes oor snert vervolg word. Dit IS erg

Anoniem ·

Waarmee sal ons dan die onregverdigheid van die universiteit se optrede teenoor hierdie studente verduidelik? Ek vergelyk die “f whites” t-hemde juis met die Nazi plakkate omdat blatante rassisme teenoor blankes openlik gelos word maar blankes oor snert vervolg word. Dit IS erg

Oom Klasie ·

Ja daar is maar min wat Wim respekteer sien ek.Wat jy saai sal jy maai Wim.Ons weet wat se vriende jy het deur jou gedrag en onvermoee om te lei.Geen leierskap is duidelik een van jou sterk punte. Oja en integriteitloosheid is jou ander sterk punt

Heleen ·

So studente sal ook geskors word vir intimidasie??? Wat vd studente wat ge toi-toi het oral en ander studente ge-intimideer en aangerand het en verhoed het om klasse by te woon ??? Hoekom was húlle nie geskors nie???

Tiaan ·

Die sogenaamde universiteit is duidelik nie meer ń werklike universiteit nie as verskillende menings nie meer welkom is nie. Wat ń patetiese bestuur!!!! Die matiebestuur maak gekke van hulself. Ek sal alle Afrkaners aanmoedig om maties te boikot.

Magda Pretorius ·

Dit is hoekom my kind Pukke toe is. Nie sulke probleme daar nie.

Witbooi ·

Dis n treurige stand van sake dat die US owerhede nie vryheid van spraak van almal wil handhaaf nie. Hoewel dit effens laf was, sien ek geen wesentlike misstap in dít waarvoor hierdie wit studente gestraf word nie. Ek hoop hierdie lamsakkige oordeel van die universiteit sal deur die hof verwerp word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.