Nazi-vlae en vuurwapens: Man kry borgtog

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Die 70-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae glo in sy huis gevind is, het Vrydag in die hof verskyn.

Keith Conroy het in die Goodwood-landdroshof verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy moet weer op 29 Maart in die hof verskyn. Conroy is Donderdag in hegtenis geneem.

Volgens die klagstaat is sy voertuig by die N1 City-winkelsentrum in Goodwood gevind met ʼn Colt AR15, ʼn Glock-pistool en Winchester-jaggeweer in.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het ʼn wenk van ʼn lid van die publiek opgevolg en op 18 Desember op ʼn huis in Vryburgerlaan afgekom waar ook vuurwapens gevind is.

Volgens Conroy se regsverteenwoordiger was sy kliënt nog tot onlangs met verlof. Conroy staan tereg op verskeie aanklagte onder die Vuurwapenbeheerwet. Conroy het in die hof aangevoer hy besit ʼn selfverdedigingsonderneming maar hy het tans nie ʼn inkomste nie, aangesien hy tussen kontrakte is.

Die polisie het glo ook op twee knaldempers, ʼn teleskoop, verskeie magasyne en ʼn groot aantal ammunisie van verskeie kalibers, insluitend R1, R5, 9 mm en .45, beslag gelê by Conroy se huis.

Klik hier vir alle vorige berigte oorKeith Conroy op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan 2 ·

Het hy werklik n misdaad gepleeg met die wapens, behoort hy nie dan gevang te word nie? Om n wapen te besit behoort nie n misdaad te wees nie, slegs as jy n misdaad daarmee pleeg, dis siek. En wat is fout met die vlae, baie mense het ANC vlae ook ;)

elize naude ·

johan2
blykbaar het jy geen idee oor die nazis nie…

Trolle ·

Elize ek dink nie jy weet waarvoor daai vlag staan nie,gaan doen self navorsing oor daai flag.
Dit staan glad nie vir om Jode dood te maak nie hoor,jy is baie verkeerd geleer op skool.

Chris W ·

Magtig ek sal my Amerikaanse vlag,Australiese vlae,Spaanse vlag ,Vierkleur en Blou Bul vlag moet wegsteek .Netnou is ek ook in die sop daaroor!Hehehehehe!

elize naude ·

as jy ń 0.1 % weet wat die nazi vlag beteken… sal jy dit nie met jou ander vlae op een ry plaas nie… tensy jyself so n mensveragtende idiologie agterna hardloop sonder om te dink…

Lekkerlag ·

Nee wat, jy kan jou ander vlae maar in die openbaar hou behalwe miskien vir die bloubulvlag ;)

elize naude ·

@ trolle
jy antwoord die verkeerde persoon… dit wat jy beweer het ek nie beweer nie…

japie ·

Elize wat het n vlag uit te waai met enigeiets. Ons word aangeval en vermorsel met R5s R1s kapmesse ens wat het n vlag te doen met die man. Lyk my jys soos party mense wat aan die verlede vasklou. Kry jou prioriteite reg man jys belaglik

elize naude ·

nazi vlag is simbool van presies die slagting waaroor jy jou so vererg

Brett ·

Wat se misdaad is ‘Besit van ‘n vlag”? Kan iemand verwys na die statuut? Kry niks van die soort?

Klink vir my die belastingbetaler gaan weer les opse in ‘n siviele eis.

elize naude ·

dit is geen besit van n gewone vlag nie… dit is ook besit van n mensveragtende politiese oortuiging… AWB & ANC bevat dieselfde bestanddele om n land te destabiliseer…

marianne ·

????? Gaan ek toegesluit word oor my versameling…
Ou Suid Afrikaanse vlag
New Zealand vlag
AWB memorabilia

Kakie plaas drag en my Dobermans?

elize naude ·

as jy afrikaans kon lees en VERSTAAN sou jy nie so antwoord nie…

Sarie ·

Dink hulle moet eerder ISIS vlae daar in die Kaap soek. Hulle is die nuwe Nazi’s

elize naude ·

die lae persentasie van matriekuitslae is hier ooglopend, na aanleiding van die meeste kommentare van mense wat nie ‘n posting reg kan lees nie… en dit in ons pragtige taal afrikaans…

Donovan ·

Hou op baklei met die mense wat eendag vir jou gaan opstaan in ‘n oorlog. Jy hou nie van die ANC of AWB nie want hulle albei wil of kan die land destabiliseer, so wie wil jy hê moet regeer ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.