Nazi-voorstander uit studente-amp verwyder

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini Foto: Facebook

Mcebo Dlamini, president van die Studenteraad by Wits wat sy bewondering oor Nazi-leier Adolf Hitler uitgespreek het, is uit sy amp verwyder hangende ʼn appèl teen sy skorsing uit die instansie in verband met ʼn ander klag.

Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê ʼn dissiplinêre paneel het Dlamini in Februarie skuldig bevind aan wangedrag en hom ʼn opgeskorte vonnis van een jaar vir elke klag opgelê.

Habib het nie bekend gemaak wat die aanklagte teen Dlamini was nie.

“Kragtens die grondwet van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) word ʼn lid van die studenteraad uit sy amp verwyder indien hy skuldig bevind word aan wangedrag deur ʼn studente dissiplinêre komitee. Die SR-lid kan appèl aanteken teen sy skorsing,” het hy Maandag in ʼn verklaring gesê.

Dlamini het aanvanklik appèl aangeteken by Habib en versoek dat die uitspraak uitgestel moet word, hangende ʼn hersiening van die paneel se besluit. Habib het ingestem, op voorwaarde dat die hersiening binne 14 dae sou plaasvind. “Dit het ongelukkig nie gebeur nie. Ek het op 22 April met mnr. Dlamini vergader en hom in kennis gestel dat dit nie in die beste belang van die universiteit is dat hy steeds in sy amp bly terwyl daar ʼn dissiplinêre bevinding teen hom is nie.”

Habib het Dlamini tot 30 April gegee om ʼn skriftelike vertoë in te dien. Volgens Habib het Dlamini nie die betrokke dokumentasie ingedien nie en wil dit voorkom of hy doelbewus probeer het om die finale besluit uit te stel tot aan die einde van sy termyn. Habib het intussen ook met dr. Randall Carolissen, voorsitter van die raad, vergader. “Dlamini moet met onmiddellike effek uit sy amp in die VSR tree. Mnr. Dlamini en die VSR is hieroor in kennis gestel.”

Shirona Patel, woordvoerder van Wits, het intussen gesê die universiteit kan nie kommentaar lewer oor klagtes teen Dlamini nie, aangesien daar teen die uitspraak geappelleer is.

Dlamini was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie. Die VSR-kantoor het aan News24 gesê hy en die res van die vergadering is Maandagaand tot 20:00 in ʼn vergadering.

Habib het gesê Dlamini se verklaring oor sy bewondering vir Hitler het nie sy besluit beïnvloed nie. “Dit kan egter nie geïgnoreer word nie, en ek het die saak na die regskantoor verwys vir verdere ondersoek.”

Dlamini is skerp veroordeel ná ʼn onlangse plasing op Facebook waarin hy gesê het: “Ek is lief vir Adolf Hitler… Daar is ʼn element van Hitler in elke wit persoon.” Hy het gevolglik sy kommentaar verdedig, maar weier om om verskoning te vra. Hy het erken dit sal naïef wees van hom om die feit te ignoreer dat Hitler afskuwelike misdade teen Jode gepleeg het. Wat hy egter bewonder, het hy gesê, was die Duitse leier se vermoë om ʼn nasie te organiseer en om mense te kry om hom te ondersteun.

“Hy het mense begin vermoor toe hy reeds aan bewind was,” het Dlamini onlangs aan News24 gesê. “Die mag het hom in die verderf gelei. Dit het ook [Israelse eerste minister] Benjamin Netanyahu, [voormalige Amerikaanse president] George Bush en [voormalige Engelse eerste minister] Tony Blair in die verderf gelei. Ek het besluit ek gaan soek vir die goeie dinge waarvoor Hitler gestaan het. Hy het die land, die ekonomie en die infrastruktuur herbou. Hy het die gees van Duitsland opgelig.”

Habib het Maandag gesê Dlamini se uitlatings het vir die universiteit ʼn slegte naam gegee. “As iemand wat lief is vir die instansie, glo ek dat mnr. Dlamini op sy eie meer skade aangerig het as enige ander persoon die afgelope twee dekades. Dit kan ʼn invloed hê op die geloofwaardigheid van ons grade en ook die indiensnemingsvooruitsigte van al ons studente en gegradueerdes.”

Habib het ook genoem dat ʼn vorige Facebook-plasing deur Dlamini, waar hy glo gedreig het om ʼn man en sy kinders dood te maak, ʼn aanduiding was dat hy “nie oor die volwassenheid beskik wat van ʼn studenteleier verwag word wat veronderstel is om ʼn diverse en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 30 000 studente te verteenwoordig nie”.

Hy het gesê hy stem nie saam met die persone wat aanvoer dat die universiteit se toewyding tot vryheid van spraak beteken dat Dlamini nie aanspreeklik gehou kan word vir sy kommentaar nie. “Alhoewel ek myself daartoe verbind dat Wits ʼn ruimte moet bied vir verskillende idees, insluitend dit waarmee ons nie saamstem nie, glo ek dat die beamptes en leierskapsfigure van hierdie universiteit ooreenkomstig sy waardes moet optree.”

Bron: Ahmed Areff, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gielie ·

Dlamini, please focus on your studies and I suggest to enroll in German History 101 to learn of Hitler’s sadism.

Andre ·

Dit is nogals ironies. Hitler het niks van swartmense gehou nie en hy is ‘n aanhanger. Miskien as hulle ordentlike geskiendenis op skool leer sal hulle ook weet wat in wereld aangaan.

Shannon ·

Dis nie `n skaars verskynsel nie. Die agbare heer Rob Mugaab is ook `n aanhanger – snor en al.

Annoniem ·

Dis nou ‘n worsie met twee kante. Eerstens, ek is van duitse afkoms aan albei my ouers se kante en ek het ook met ‘n duitser getrou, wat my duits hou. Ek het ook ‘n eer vir Hitler en verstaan waarom die tweede wêreld oorlog plaas gevind het. Die jode het teveel geword en die duitse ekonomie bedryg, deur die mederheid te word in Duitsland (presies wat nou in SA gebeur. Hitler het oorspronklik bedoel om hulle te verjaag uit Duitsland uit maar dit was nie so maklik nie en toe raak hy fanaties. So, hy was deels reg en deels verkeerd. Maar hy het net vir sy land opgestaan, gaan ons dit ook doen? Of gaan ons ‘n student skel omdat hy agting het en sy opinie uitgespreek het?

Aan die anderkant moes daar nie in die eerste plek ‘n bohaai gewees het oor die Puk dames se gebaar nie. Hoekom is Mandela nie veroordeel met sy Viva Mandela vuis nie en Julius Malema met sy skreiende liedjie nie.

En gaan kyk asb mooi na die foto’s oor daardie berigte. Dis nie uitsluitlik net wit dames nie.
En Andre, hoe weet jy Hitler het niks van swart mense gehou nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.