NB Uitgewers staan by Jacques Pauw en sy boek

Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

NB Uitgewers het Vrydag in ʼn verklaring gesê die maatskappy kan nie in hierdie stadium kommentaar lewer oor die aanklagte wat vroeër vandeesweek by Lyttelton-polisiestasie in Pretoria aanhangig gemaak is nie.

“Ons is in kontak met ons prokureurs, wat direk in kontak is met die owerhede. Dit sal dus nie in hierdie stadium behoorlik wees om verder kommentaar te lewer oor berigte in die media dat die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) ʼn klag teen Jacques Pauw, outeur van The President’s Keepers, aanhangig gemaak is nie,” het die uitgewers gesê.

“Ons kan die publiek verseker dat ons by die boek en ons dapper outeur staan. Hy het die berugte Vlakplaas-moordbendes uit die apartheidsera aan die lig gebring en is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde ondersoekende verslaggewers. Ons het hierdie opdrag ook aan ons prokureurs oorgedra.”

Die aanklagte, wat deur die Valke ondersoek word, volg ná ʼn dreigement vroeër vandeesweek dat die SVA van voornemens is om regstappe te neem teen Pauw en NB Uitgewers indien sekere dele van die boek nie teruggetrek word en die boek uit sirkulasie gehaal word nie.

“Ons weier om onder druk te swyg. In plaas daarvan dat hulle ondersoek instel oor dit wat in Pauw se boek onthul is oor die agentskap, insluitend dat miljoene rand van die belastingbetalers se geld gebruik is om ʼn valse parallelle intelligensie-netwerk te skep, het die SVA gekies om die ‘boodskapper te skiet’.”

Die maatskappy het bevestig dat Pauw en NB Uitgewers nietemin deur hul prokureur, Willem de Klerk, met die owerhede sal saamwerk. “Ons sal ons outeur teen enige regstappe beskerm en is dankbaar dat daar so baie burgerlike organisasies is wat hul hulp aangebied het, en die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse publiek.”

Sedert die boek op 29 Oktober vrygestel is, is meer as 25 000 eksemplare reeds in Suid-Afrika verkoop en meer as 50 000 is bestel. The President’s Keepers is die boek wat nog die vinnigste ooit in die land verkoop het, sedert Nielsen in 2004 met hul data begin het. Dit was ook oor die naweek die wêreldwye topverkoper op Amazon.

Lees alle vorige berigte oor The President’s Keepers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jack Klok ·

Die feit dat Jacques Pauw ‘n boek geskryf het om ANC gruwels van korrupsie en wanbstuur en staatskaping bloot te lê is prysenswaardig.

Dat hy egter gisteraand by die bekendstelling daarvan die vorige bestel aan die hare daarby ingesleep het vir watter rede ook al (publisiteit, sensasie waarde of wat ook al) en dit as “an evil system” etiketteer, vind ek laakbaar.

As ek kon kies of ek onder regering wat wet en orde handhaaf, versigtig met belasting betalers se geld omgaan, aanstellings in die Staatsdiens volgens meriete doen, mildelik en slim in ontwikkelings projekte belê, hoe morele waardes handhaaf, integriteit as ‘n belangrike onderdeel van goeie leiers kap beskou, en streng optree teen korrupsie en self verreiking soos oorwegend in die vorige bedeling die geval was, in teenstelling met die huidige oglokrasie wat valsik beweer dat hulle demokrasie oor Suid-Afrika laat neerdaal het, wat die land rot en kaal besteel, wat moord en roof van blankes goedpraat, wat die grondwet misken en verkrag DAN verkies ek die vorige bedeling.

Meeste van die beweerde menseregte vergrype onder die vorige bedeling was teen persone wat die landswette oortree het in hulle poging om politieke mag met geweld te bekom, maar as hulle vasgetrek is hulle op daardie selfde landswette beroep het ter beskerming van hulle “eie menseregte”. En soos die geweld, onluste, boikotte en stakings, asook intimidasie teen gewone burgers toegeneem het, het die geduld met die terroriste opgeraak. Ons was in ‘n oorlog. ‘Soldate kan nie kla oor sneuwel nie.

Albert Juergen ·

Ons staan 100% agter Jacques Pauw en as dit moet him finansieël ook help in sy saak, kan ons nie ‘n Bank Rekening oopmaak waarin ons as publiek donasie kan inbetaal vir Jacques se verdediging nie?

Jacques venter ·

Hallo Albert
Stem heelhartig met jou saam. Open daai rekening en ek sal ook n paar randjies inbetaal.
Groete

willem ·

“Hy het die berugte Vlakplaas-moordbendes uit die apartheidsera aan die lig gebring en is een van Suid Afrika se mees gerespekteerde ondersoekende joernaliste.” Veel beter sou gewees het: “Hy is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde ondersoekende joernaliste.” Behalwe die politieke korrektheid wat so nougeset nagejaag word, is die verwysing na die Vlakplaas- moordbendes irrelevant en buite konteks in die hierdie debat. Vraag is: verleen die “struggle credentials” enige groter geloofwaardigheid aan die skrywer , hierdie boek en les bes aan die uitgewer ?

Johan ·

Mense wat hulle eie mense verraai kan maar net nooit vetrou word nie. Hulle draai hulle rug maklik op die “cadres.” Soos wat Jacques Pauw maak. Afgesien van die feit dat hy Zuma aan die kaak stel twyfel ek sterk oor sy van bewerings.

Kat ·

Ja hulle is kwaad vir die boodskapper oor die ware inbound van die boek.Skelm en korrupte lot.

LMF ·

Albert jy het seker genoeg geld om sy saak ten volle te dek na Jan tax myne gevat het is daar niks van my kant nie en ek is seker hy het oor as genoeg in sy eie bank na sy boek

Die pen ·

‘Die pen is magtiger as die swaard’ (oftewel ‘masjiengeweer’) kom nou na vore.

Johannes Meintjes ·

Ek het Jacques Pauw tydens ontplooings na Antarktika rondom 1994/5 as ‘n baie deeglike joernalis leer ken.

John ·

?.. nie in Afrika nie. Bloed lees beter en die kleur is altyd rooi. Barbarisme word hoog geag in Afrika en tel punte langs die vure saans wanneer verslag gedoen word van die dag se bedrywighede, veldslae en fondse. Dis ‘n dapper man wat op sluwe wyse sy vyand uitoorle vir lekkerlag daaroor saam met ‘n pot sterk gebroude bier, terwyl honger jakkalse in die verte huil…

PJC ·

Alhoewel ek nie van hom hou nie omdat hy te liberaal is moet ek erken dat hy hier ń baie goeie stukkie werk gedoen het. Natuurlik is die sêding van my vyand se vyand is my vriend ook baie waar in hierdie geval.

Eish ·

Ek hou van n man wat sy man kan staan,
n oog wat nie wyk,
wat n bars kan kyk.

DAVID ·

Ek het sopas die boek klaar gelees,en moet se uitstekende werk so baie mense weet nie wat agter die skerms gebeur nie die boek het my tot nuwe insigte gebring,ons staan agter jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.