NDBV kry wéér bloedneus oor verskeping van skape

Argieffoto ter illustrasie (Foto: NDBV)

Die Appèlhof het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se aansoek om verlof tot appèl oor die verskeping van lewende skape Vrydag van die hand gewys.

Die NDBV het hom vroeër na die Appèlhof gewend nadat die hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap in Augustus verlede jaar tot die NDBV se skok beslis het dat die verskeping van duisende lewende skape na die Midde-Ooste mag voortgaan.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof het in die guns van die internasionale uitvoermaatskappy Al Mawashi beslis nadat die NDBV ’n tussentydse aansoek by dié hof ingedien het om die verskeping van lewende skape na die Midde-Ooste te probeer stuit.

Die hofstryd tussen Al Mawashi en die NDBV duur al sedert die begin van verlede jaar en beloop reeds miljoene rande in regskoste.

Die Appèlhof het nou die NDBV se aansoek met koste van die hand gewys. “Dit is dus veilig om te sê dat daar geen vooruitsig vir die NDBV op sukses is nie,” sê Al Mawashi in reaksie op die jongste uitspraak.

“Dit is die sesde saak wat die NDBV op landdroshof-, hooggeregshof- en appèlhofvlak verloor in ongegronde en kwaadwillige gedinge om die vervoer van diere per see te verbied,” wys die internasionale uitvoermaatskappy daarop.

Volgens Al Mawashi is die verskeping van lewende diere nie net wettig in Suid-Afrika nie, maar ook reg oor die wêreld en word dit volgens die toepaslike standaarde en vereistes uitgevoer.

Ilyaas Ally, besturende direkteur van Al Mawashi Suid-Afrika, meen dit is dus ’n “onreg” dat die NDBV fondse wat deur die publiek ingesamel word, moontlik “misbruik” om ’n praktyk wat oral wettig is te probeer stuit.

Ally sê die regsgeding het reeds tot verliese van R300 miljoen vir die Oos-Kaapse ekonomie gelei aangesien twee besendings skape verbeur moes word hangende ’n uitspraak. Boere en landelike gemeenskappe is gevolglik hul inkomste kwyt, sê hy.

“Ons verwelkom die [Appèlhof] se uitspraak. Ons sal aanhou om vir die voedselsekerheid van Midde-Oosterse lande te veg en die Oos-Kaapse, Noord-Kaapse en Vrystaatse boere wat met ons handel dryf te ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Ons het gesien hoe word die skape behandel. Dit gaan alles net oor geld julle dag sal nog kom.

Stofdonkie ·

Duidelik is jy nie afhanklik van skaap vekope nie. Jy is seker ‘n stadsjapie wat nie verstaan van skape verkoop om te kan eet nie

Robert ·

Dit is slegs moslem lande wat aandring op hierdie vorm van vervoer, ander lande voer direk die vleis in van produsente.

Tipper ·

Die in die appel hof, is eintlik die wat so wreed is, transformasie.

Francois Le Cochon ·

Can’t you see? It all makes perfect sense
Expressed in dollars and cents
Pounds, shillings and pence
Can’t you see? It all makes perfect sense. – Roger Waters (Pink Floyd)

Miskruier ·

850 beeste moes van kant gemaak word na twee maande in die middelandse see, die Guardian en die skip se naam Allah Karim. As Maroela nie dit publiseer nie, is hul nie n vrye media nie.

Robert ·

Die uitvoer van lewende hawe vir slag by aankoms word slegs deur moslem lande gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.