NDBV ontken gerugte van ‘massa-dieremoord’

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is in ʼn stryd gewikkel met die bestuur van die Matlosana-DBV in Klerksdorp, Noordwes, oor bewerings van rassisme en massa-dieremoord wat die ronde doen.

Die NDBV het die Matlosana-DBV oorgeneem nadat die takbestuurder, Suzette Kotze, geskors is. Dit kom nadat Kotze glo in ʼn boodskap op sosiale media ʼn rassistiese aanmerking gemaak het. Die boodskap, waarin Kotze glo die k-woord gebruik, het wyd opslae veroorsaak en die NDBV het verskeie klagtes oor die voorval ontvang.

Christine Kuch, ʼn woordvoerder van die NDBV, het verlede week in ʼn e-pos aan Maroela Media bevestig dat die organisasie onmiddellik die nodige stappe teen Kotze gedoen het en ook die saak na die Menseregtekommissie (MRK) verwys het.

Volgens die NDBV word ʼn tweede voorval ook ondersoek waartydens Kotze glo ʼn werker by die Matlosana-DBV gedwing het om ʼn hok binne te gaan om ʼn kwaai hond van kant te maak. Nadat die werker glo teen sy wil gedwing is om die hok binne te gaan, het die hond hom gebyt en het hy ernstige beserings aan sy kop, hande en bene opgedoen.

Die NDBV het Woensdag in ʼn verklaring gesê dat hy die Matlosana-DBV Dinsdag oorgeneem het in ooreenstemming met die betrokke wetgewing. Volgens die NDBV is sy personeel egter verhoed om die Matlosana-DBV se perseel binne te gaan en moes die polisie ontbied word. Nadat die NDBV die slot na die ingang van die perseel verander het, was daar glo oornag ʼn raaiselagtige “inbraak” by die perseel en kon NDBV-personeel nie Woensdagoggend by die perseel inkom nie.

Die NDBV het ook bewerings ontken dat hulle met hul oorname van die Matlosana-DBV ʼn “massa-moord” uitgevoer het deur talle diere van kant te maak. “Daar was geen massa-genadedood of ‘moord’ deur die NDBV-personeel by die Matlosana-DBV nie. Foto’s wat op Facebook en ander [sosiale] media gesirkuleer word as bewyse [van die massa-moord] is nie by die Matlosana DBV geneem nie,” het die verklaring gelui.

“Ses honde en ʼn kat is deur personeel van die NDBV van kant gemaak op versoek van die eienaars van die diere en weens verskeie gesondheidsredes en gevorderde ouderdom.”

Volgens die NDBV was enige ander vrektes dié van diere wat reeds dood was met hul aankoms by die Matlosana-DBV. Die NDBV het ook ʼn klankgreep verskaf waarin ʼn vrou, na bewering Kotze, se stem gehoor kan word waar sy erken dat sy die diere die oggend van kant gemaak het voordat die NDBV by die perseel opgedaag het.

Die NDBV het die publiek genooi om “ter wille van totale deursigtigheid” die Matlosana-DBV te besoek en self te kyk hoe die perseel bedryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M'Lady ·

There need to be a complete overhaul in SA’s animal welfare legislation. Starting with classifying animals as sentient beings. It is outdated and gives animals minimal rights. We will end up like India and other developing countries where the animals are born on the streets and die on the streets.

jennefer ·

Not to mention the high amount of people dying of rabies after being bitten by these animals and a country that doesn’t innoculate their animals agains rabies, I wonder how long before we will witness what happened in Harare last year when dogs were shot in the streets. It is time for regulations to stop the animals from breeding.

Rina Pretorius ·

ONS IS DEUR ONS HEMELSE VADER OPDRAG GEGEE OM TE HEERS OOR DIE DIERE EN NIE OM HULLE DOOD TE MAAK OF TE MISHANDEL NIE, ONS MOET HULLE OPPAS, ONS MOET TOESIEN DAT HULLE VERSORG WORD, OM SOMMER DIERE LINKS EN REGS DOOD TE MAAK NET OMDAT HULLE IN DIE PAD RAAK IS ONAANVAARBAAR, EK HET DIE FOTO OP FACEBOOK GESIEN WAAR DIE MOOISTE WOEWE OP ‘N HOOP DOOD LE, DIT WAS HARTVERSKEUREND OM DIT TE SIEN. SOMMIGE MENSE WERK BY DBV’S NET VIR ‘N SALARIS, NIE OMDAT HULLE ‘N LIEFDE VIR DIERE HET NIE. OM DIERE TE VERSORG IS SOOS OM SIEK MENSE IN ‘N HOSPITAAL TE VERSORG, JY MOET ‘N VOORLIEFDE HE VIR DIE TIPE WERK

Dee ·

Maroela, moet asseblief nie so ‘n geskreeuery soos diè van Rina publiseer nie.

Berhalet Beukes ·

Inderdaad, maar ons land is in so ‘n toestand… Nie mens of dier maak meer saak vir ons regering nie.

jennefer ·

Not to mention the high amount of people dying of rabies after being bitten by these animals and a country that doesn’t innoculate their animals agains rabies, I wonder how long before we will witness what happened in Harare last year when dogs were shot in the streets. It is time for regulations to stop the animals from breeding.

Karma ·

Die NSPCA is in elk geval ‘n spul onbelanghebbende magsugtige mense wat voorgee dat hulle vir diere-welsyn is. Christine Kuch is Meredith se marionet en Meredith behandel haar ondergeskiktes soos knegte: hou sy van jou, dan hou sy van jou, maar boeta, bewaar jou as sy ‘n gly in jou gevang het … Kyk net wat het hier aangegaan met Worcester se DBV …. geld wat weggeraak het, binne-kontrakte wat komitee-lede wat besighede gehad het op die dorp se sak volgeprop het, diere wat “en-masse” doodgemaak is, waar die karkasse net op die vuillishope gegooi is. Gelukkig is die DBV nou weg uit die dorp uit en is daar 2 welsynsorganisasies wat omsien na diere welstand in die dorp – die een word nou weliswaar deur die voormalige DBV-hoof bestuur, maar nou ja, ten minste word daar omgesien na die diere in nood.

Berhalet Beukes ·

Ai, dan gaan mense tekere oor hoofletters! Miskien moet ons dan maar almal ophou kommentaar lewer sodat daar nie ‘n oor en weer gemor is nie?

jennefer ·

Jammer om te se, maar die meerderheid mense voel niks vir diere, elke week is daar advertensies in ons koerant “gratis hondjies en katjies op soek na n goeie huis ” Dit maak my siek dat mense nie hul diere steriliseer nie. Dit maak my nog meer siek as hul die diere aan hul werkers gee.!! en n paar maande later is daar weer n werpsel. SIES!!!

Veritas ·

Hi Jennefer. The biggest problem lies with the high cost of having animals spayed. The re-intoduction of animal licences would enable the SPCA to offer such services at a subsidised price. If properly enforced, it would also make people think twice about keeping pets they don’t really deserve to have.

Jannas ·

High costs of having animals spayed is true, but having said that, a lot of vets are now coming to the party and offering discounted rates on sterilizations on certain days. Some shelters also offer discounted rates at as little as R450 per dog so no excuse there. Point is, if you cannot afford vet care for your animal, don’t get one! The SPCA’s and no-kill shelters are bursting at the seams as a lot of people are irresponsible pet owners, want to continue to breed with their dogs while any type of dog you can think of, can be adopted at a fraction of the price from a shelter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.