NDBV wil regering verkla oor skape op ‘skepe van dood’

Die omstrede Al-Shuwaikh, met sy lewende vrag aan boord, vaar weg. (Foto: NDBV/Facebook)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) wil regstappe doen, wat klagte teen die regering insluit, om te verseker ʼn einde word gebring aan die “onaanvaarbare en onnodige wreedheid” in die uitvoer van lewende hawe, het die raad Saterdag gesê.

In ʼn verklaring sê die NDBV ʼn gevoel van hartseer en verslaentheid het Vrydag by die Oos-Londense hawe geheers, waar inspekteurs van die NDBV toegekyk het hoe die laaste skape op die Al-Shuwaikh gelaai word. ʼn Geraamde 57 000 skape is ook vir die Midde-Ooste bestem, waar hulle volgens die NDBV op onmenslike wyse geslag word.

Inspekteurs het die oplaai van die skape by die voerkraal en in die hawe deurlopend gemonitor.

Inspekteurs by die voerkraal en die hawe het van soggens vroeg tot saans gewerk om die proses dop te hou. Die laaste skaap is gister opgelaai.

“Ons het op die hawe gestaan nadat ʼn laaste inspeksie van die skip gedoen is. Die gevoel van absolute verslaentheid was oorweldigend. Ons almal het geweet wat dit vir die skape aan boord beteken.

“Die bewyse wat oor die afgelope vier dae ingesamel is, gaan egter miljoene ander beskerm om in die toekoms ooit op dié skepe van die dood gelaai te word,” het Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV, gesê.

Die departement van landbou se direkteur van openbare veeartsenygesondheid, dr. Mphane Molefe, het ʼn veearts van die NDBV en ʼn senior inspekteur op ʼn inspeksie van die skip vergesel.

Een van die skape op die skip. (Foto: NDBV/Facebook)

“Dr. Molefe het gewalg gelyk deur die toestande aan boord van die skip. Daar is gevaarlik hoë ammoniakvlakke op sommige van die dekke, parasitiese toestande, waaronder ontlasting in kos- en waterbakke, en verskeie ander ernstige probleme – en dit was net ná die tweede dag van laaiwerk. Die skape moet dié verslegtende toestande die hele reis lank verduur.

“Vreemd genoeg het twee veeartse van die provinsiale regering ook ʼn inspeksie gedoen en ons inspekteurs in kennis gestel dat daar geen foute was nie,” het Wilson gesê.

Op die aandrang van die Al-Mawashi-skeepsmaatskappy is skape Vrydag deur die nag opgelaai. Die NDBV het by die staatsamptenare teenwoordig gepleit om dit te staak, omdat diere wreed behandel is deur oormoeg hanteerders in die donker. “Die onverbiddelike amptenare het toegekyk en niks gedoen nie,” het sy gesê.

Die NDBV het dr. Shawn Morris, ʼn ervare veearts en voerkraalkenner gevra om ʼn inspeksie van die oplaaipunt in die hawe, asook van die skip self, te doen.

“Nadat ek die geleentheid gehad het om die laaiwerk op die Al-Shuwaikh Donderdagaand te sien en ek toegang tot die skip self gehad het, is dit duidelik dat die departement van landbou se gebrek aan kommer, en belangriker nog, hul afwesigheid by die laaipunt en op die skip (afgesien van kort tye), rede tot ernstige kommer is,” het Morris in ʼn verklaring gesê.

Hy het die departement se teenwoordigheid blote vertoon genoem.

Amptenare van die NDBV het self seker gemaak dat geen siek, beseerde of lam diere opgelaai word nie, ʼn rol wat die vereniging sê die departement moes vervul.

“Die NDBV gaan klagte ingevolge die wet op Dierebeskerming teen die Suid-Afrikaanse regering én die provinsiale regering aanhangig maak,” het Wilson gesê.

Die NDBV gaan ook klagte indien teen die personeel wat diere wreed behandel het en diegene wat amptenare van die NDBV verhinder het om hul werk te doen. Dit sluit werkers van die skeepsmaatskappy in, het Wilson gesê.

Die NDBV sê hy gaan alles moontlik doen om dié praktyk stop te sit.

“Om te sien hoe die skape ly, selfs voor hul vertrek, en om te sien hoe die Al-Shuwaikh wegvaar, was hartverskeurend. Dit het ook ons voornemens versterk. Ons het dalk hierdie veldslag verloor, maar nog lank nie die oorlog nie.

“Ons gaan alles in ons vermoë doen om te verseker geen skaap word weer aan boord van een van die doodskepe gelaai nie,” het Wilson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Rob ·

Hulle moet ook BRUCE PAGE VAN PAGE TRUST IN OOS KAAP VERKLA, EN OOK DIE DIE SKAAP BOERE WAT DIE SKAAPE VIR PAGE VOOR SIEN ALMAL IS SKULDAG.

Pop ·

Ek sit hier en huil, want ek is n mens wat myself erg in diere se situasies insit. Kan dit nie help nie. Gee vir my enige dag diere, in stede van mense. En hierdie regering moet nou aan international groot klok gehang word ten opsigte van diere mishandeling. Dis skokkend. Absoluut skokkend. Maar ons weet almal geld is hierdie ANC se god. Hulle gee nie om vir mense nie, hoe sal hulle omgee vir skape.

Jan ·

Ja hulle sal liewer staan en kyk hoe vrek die skaape van die droogte. Die Dbv sal niks daar aan doen om die boere te help nie. Of om die regering aan te vat nie. Nou dat boere die skaape op n skipe laai en nog iets vir hul kry voor hul dood is.wil almal n bek op sit

Bossie ·

Wens ek kon al die betrokkenes in plek van die arme skape op daardie skip laai! Ek moet nou verder stilbly want anders gaan ek tronk toe…

Helene ·

Ek huil soos ek hier sit. Laat ek my nie verder uitlaat nie, want dan blok MM my net weer! Stem saam met jou Bossie! Mag die oorlog gewen word en al die betrokkenes hart geslaan word!

Hannetjie ·

Ja asseblief verkla hulle…hoop hulle word hard gemoker

Die Verlore Skaap ·

Dit is n skande dat ons so onderdruk en behandel word !
Selfs ons het ook regte.

JohanR ·

Dit lyk my hierdie vrag arme diere kon nie deur die mensdom gehulp word nie, maar nou is die vraag of gaan, of mag dit weer gebeur, want daai skip, of nog skepe kom terug vir nog 57000 skape een of ander tyd. GAAN DIT WEER MAG GEBEUR, OF IS DIT NOU DIE LAASTE??!!

Johan ·

In die laaste dae voor Jesus sal mense net vir hulle self omgee, lief wees vir geld, leunaars wees, bedreërs wees. God se werke verag. Die dinge móét gebeur voor Jesus se wederkoms. Bid onophoudelik sodat God ons die dinge sal spaar. Die duiwel is los.

Bos Doedie ·

Stuur n inspekteur na die eind bestemming om te sien hoeveel skape klim lewendig af. Dit maak my skoon siek ..om te dink ek bid vir boere..en dis wat party van hulle toelaat. Gin wonder dit reen so min in die Karoo..God slaap nie !

Sarel ·

Ja laat die gestuurde ook saammet die skape reis op die skip, op die selfde dek asb.

Hannelie ·

Ek stem 100% saam met jou. “What goes around comes around”

Rudolph van Wyk ·

Ons skielike verontwaardiging oor die skape se welsyn wys maar net hoe ons dit reggekry het om die aandag van ons eie bloedbevlekte hande af te lei. Waar dink ons kom die liggaamsdele vandaan wat ons met soveel passie op die rooster braai met ‘n dop in die hand. Dink ons daai lammetjies vlieg besigheidsklas na die slagpale toe waar hulle ewe vrywillig hulle kele op die slagblok vir ons ontbloot sodat ons dit kan afsny en sien hoe hulle lewe wegvloei. Wil ons nou ‘n vinger wys na ander, ons wat opgevoed is in genade, liefde, deernis, en empatie!

Helene ·

Dis hoekom ek nie vleis eet nie! Elkgeval liewer vir diere as die simpel menslike spesie!

Jan ·

Ek stem saam. Gaan verkla die skeepvaartredery en die regering by internasinale dierebeskerming aan dat hulle dit ondersoek en stop. Die regering van SA het geen hert vir diere nie. Die Woord sê” Die regverdige ken sy diere”.

Michael P ·

Dit is hoe hulle is !!!!!! Hulle voel niks vir mense nie wat sal hulle enige iets vir diere voel.

MCS ·

So ook word renosters verkoop en gestuur. Kyk die program Stroop. Hartverskeurend.

Michael P ·

Dit is hoe hulle is !!!!!! Hulle voel niks vir mense nie wat sal hulle enige iets vir diere voel..

Lea ·

Ek gaan beslis my finansiele droogtehulp aan boere staak totdat ek vir ‘n feit weet my geld gaan nie na boere wat dit met hul diere doen nie. 57 000 skape kom nie net van een plaas af nie.

M ·

Baie erg. Ek eet net plantproteiene. Baue gesond en goedkoop. Geen vleis. Redes soos hierdie en vuil krale waar baid diere bymekaar is.

Skaapdief ·

Ja asb moenie die skape uitvoer nie. Laat hulle eerder hier vrek van ouderdom,honger en dors. Dis meer menslik.

Bekommerd ·

Alles gaan niks help nie. Jy kan nie veg teen die oormeerderheid se “kultuur” nie.

Estie ·

Ek HAAT enige iemand wat n dier op enige manier verwaarloos of mishandel. Ek HAAT hulle!!! En hoop en bid vir die ergste straf vir sulke walglike gemors.

Daan ·

Onthou asseblief om al die vee boere in SA ook aan te kla. Dan stop alles, geen Braaidag of lekker vleis produkte nie.
Om aan die gebruiker se vereistes te voldoen moet die diere voor hulle geslag word, vet wees, dit beteken hulle is in voerkrale waar hulle op hulle uitskeiding loop en slaap, verder staan hulle in die warm son. Dan word hulle op trokke of fragmotors gelaai na ‘n slagpale waar hulle dadelik die geur van bloed kry en wag hulle beurt af om geslag te word sodat die mense wat nou so ongelukkig is vleis te kan kry, dit is deel van boerdery

Essa ·

Dankie vir die NDBV vir hulle stryd teen hierdie skreiende omstandighede – die geveg is met die kopers en skeepsredery vir hulle hartelose hantering en departemente wat dit moet beheer. Skaapboere moet hulle vee verkoop; dis wat boere doen. En êrens aan die begin van hierdie ketting is ‘n boer wat net ‘n bestaan moet maak – hulle is nie te blameer vir hierdie wanpraktyke nie!

Pottie ·

Dit is omdat daar mense is wat dink hulle is mense enige mens wat menslikheid het sal nie so iets toe laat nie die ANC land is om van siek te word wanneer is hulle van plan om die so genaamde mense in die hof te kry seker oor tien jaar

CFS ·

Vir die wat so gal braak oor die boere,vind eers uit hoe werk so voedselketting,jy as boer bemark jou vee hetsy aan voerkrale of die vandusie,jy as boer is dan uit die ketting.Vir die onnosel wat in sy luukse kantoor sit en glad nie probeer om uit te vind hoe die skaaptjop op jou braaier beland het nie.Kom by en kry kennis voor die mond uitgespoel word oor boere.

rg ·

Ek staan verslae oor waartoe sommiges in staat is. Maar die wat dit doen het duidelik nog nie geleer dat mens met niks wegkom in die lewe nie. Wanneer die noodlot tref, dan vra hulle “Waarom ek?”

Vet Ed ·

Dis besigheid,word groot.Mens noem dit die voedsel ketting

Plaasmeisie ·

My pa is ‘n skaapboer in die OosKaap…hier naby OosLonden, en kom ek verseker julle, hy verkoop nie skape aan skepe nie. Gaan doen asseblief julle navorsing voordat julle al die boere so onder een kam skeer.
Dieselfde met diegene hierbo wat oor renosterboere wil kla. Die probleem lê vir my eerder in die Ooste waar mense vertel word renosterhoring het helende kragte en itv die skape…waar mense hulle wil slag op sekere maniere.
Kom kuier bietjie by ons op die plaas en kom kyk hoe lyk n free range skaap. Kom kyk hoe lyk my pa oor stres rondom die droogte. My pa het altyd gese met die droogte is die ergste vir hom om in daai dier se oe te kyk. So ek weet nie wie is die boere waarvan julle hierbo praat nie. Ek glo nie die skip kom hier aan en koop n trop skape hier en n trop skape daar tot hulle 57 000 skape het nie.

Michael P ·

Geen wonder Suid Afrikaners moet amper R180.00 p/k vir Skaap vleis betaal

Loeis ·

Wanneer die skape in die Midde-Ooste aankom, is dit Halal Slaughter. Gaan kyk op Youtube hoe dit gedoen word.

Siekte uit genade ·

Hoop n siekte breek uit sodat die arme skape vinnig en sonder leiding vrek.
Dan wen niemand nie en sal hulle 2 keer dink voordat hulle weer so n mal perd opsaal.

CFS ·

@Lea.Gaan maak ñ draai in die drooggeteisterde gebiede,daar is geen vee om te bemark nie,alles vrek agv geen kos nie en dus ook amper geen vee meer oor nie.As jy kan gaan op die internet en vergewis jou van die toestande voor jy weer so belaglike stelling maak.Die droogtehulp is om te oorleef en die diere wat nog leef te probeer deur haal.As jy jou bydra aan drootehulp wil staak is dit goed so,DIT HET ONS NIE NODIG NIE.

Jan ·

Ja hulle sal liewer staan en kyk hoe vrek die skaape van die droogte. Die Dbv sal niks daar aan doen om die boere te help nie. Of om die regering aan te vat nie. Nou dat boere die skaape op n skipe laai en nog iets vir hul kry voor hul dood is.wil almal n bek op sit

Tammy ·

Lea, mooi gedink!!!! kom ons stuit die wrede boere in hul spore. Hulle weet waarheen daardie diere gaan. So as diereliefhebber van passie sal ek nooit ooit weer enige hulp aan boere gee wat droogte of enige ander hulp, of ondersteuning nodig het nie. Al maak ons almal wat vleis boer se deure toe. Hoop daar is nog mense wat so voel. Die boere wat hierdie diere so uitvoer vir geld…..glo my julle dag sal kom…hard, duur en vernietigend!!!!

hartseer ·

Hierdie wreedheid is tragies, onmenslik en baie hartseer. Daar is niks erger en wreder as die mense nie. En sommiges prober dit nog regverdig ook.

Wat ‘n sombere skip, ‘n sombere en hartverskeurende skip om diere uit te mergel voordat hulle dood gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.