NDOV bekommerd ná moordklagte teruggetrek word

Adv. Shamila Batohi (Foto: GCIS)

Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV), het haar kommer uitgespreek nadat die aanklagte teen twee beskuldigdes in die Sindiso Magaqa-moordsaak teruggetrek is.

Aanklagte van moord en poging tot moord is Maandag in die Umzimkhulu-landdroshof voorlopig teruggetrek teen Mluleki Ndobe, uitvoerende burgemeester van die Harry Gwala-munisipaliteit, en nog ʼn beskuldigde, die 48-jarige Zweliphansi Skhosana, in verband met die moord op Magaqa.

Adv. Batohi is bekommerd aangesien die saak op die hofrol geplaas is, maar aanklagte dieselfde dag teruggetrek is weens ʼn gebrek aan bewyse.

Batohi het gesê aanklaers het ʼn belangrike rol om te speel in die regspleging en in die verdediging van die ideale in die Grondwet. “[Aanklaers] moet ooreenkomstig optree met riglyne rakende die plasing van sake op die hofrol.”

“Die saak geniet dringende aandag,” het Batohi gesê en bygevoeg dat sy verslae aangevra het van die direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal oor redes waarom die saak onder sulke omstandighede op die hofrol geplaas is.

Skhosana en Ndobe is verlede week saam met Sbonelo Lindelani Myeza (39) en Mbulelo Innocent Mpofani (34) in hegtenis geneem in verband met die moord. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle saamgesweer het om Magaqa en sy kollegas, Nontsikelelo Mafa en Jabu Msiya, in Julie 2017 te vermoor.

Magaqa was ten tye van sy dood ʼn skakelwese-raadslid by Umzimkhulu. Hy is langs sy kollegas Mafa en Msiya geskiet en het in September 2017 gesterf weens komplikasies van verskeie skietwonde. Mafa en Msiya het die aanval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cor ·

Goeie vraag Me Bathoi wonder wat is die anc se rol in die terugtrek van die saak. Skerm vir n korruptenaar

Willie ·

Hulle is Kaders… sal niks van kom nie… dis geensins snaaks nie… wys net met waste korrupte amptenare hier te doen is.. die MRK se dat hulle glad nie geweldadig is nie…

AJ. ·

As jy aan die ANC. verbonde is, is jy on-aantasbaar in hierdie land.

Grappie ·

Wel as jy ‘n moordenaar of rassis of aanhitser tot geweld is en jy is NIE wit nie, kom jy niks oor nie. As’n blanke dieselfde doen word hy in die tronk gesmyt waarvoor ander etniese groepe absoluut NIKS oorkom nie .. neewat . die HRC en HOWE is ‘n grap.

BlinkStephaans ·

Adv. Bathoi ek is seker daarvan jy weet waarvoor jy jouself ingelaat het toe jy die pos aanvaar het. Dingetjies soos hierdie gaan op gereëlde basis op jou tafel beland. Die regsstelsel is geinfiltreer. Lankal al… en gewis nie meer onpartydig… veral op sekere vlakke. Om die stelsel te kry om weer onafhanklik te funksioneer is ñ helse taak… en gaan baie van jou tyd en energie tap. Sterkte.

Trol ·

Adv, ondersoek die saak, asook malema se sake en duduzani se saak en sien toe dat reg geskiet. Duduzani en malema skyn te kompeteer in arrogansie met hulle hofveskynings want hulle WEET alreeds wat die uitkoms gaan wees.

Neels ·

Dit hang net af aan watter pilitieke party jy behoort en wat die kleur van jou vel en watter tribe jy is , dan sal daar geen gevolge vir jou dade wees nie. Selfs as jy n bleekvel soustrein ryer is wat maar n skaars spesie is , die wat nog daar is drink maar aan die agterspeen van die korupsie koei

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.