NDV dán weer in hof oor uitvoer van lewende diere

Die NDBV sê hy gaan steeds probeer om die uitvoer van skape op hierdie manier te stuit. (Foto: NDBV)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) berei tans voor om volgende week weer sy saak in die hof te stel in verband met die uitvoer van duisende skape na die Midde-Ooste. Die vereniging wil ʼn permanente interdik teen die uitvoer van lewende diere te kry.

Die diereregtegroep Humane Society International (HSI) in Afrika het intussen ook sy steun agter die NDBV gegooi.

“Die vervoer van tienduisende lewende diere op ’n skip beteken dat hulle 21 dae lank saam in kampe gehou word sonder behoorlike voedsel en versorging, in hul eie uitskeiding staan, ammoniak inasem wat kan lei tot asemhalingsprobleme, blootgestel word aan die ewige geluid van die skip se motors en aan hitte-uitputting ly wat so erg kan wees dat die diere doodgaan,” het Tony Gerrans, uitvoerende direkteur van HSI in Afrika, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Gerrans doen HSI Afrika nou ʼn beroep op Suid-Afrikaners om hul saak vir die beëindiging van die uitvoer van lewende diere te ondersteun.

“Wreedheid teenoor diere verweer ons mees fundamentele waardes en ondermyn ons menslikheid. Dit moet nooit geduld word in die strewe na winste nie, en wetgewing is duidelik hieroor,” het Gerrans gesê.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap het vroeër vandeesmaand in die guns van die NDBV bevind dat die uitvoer van duisende skape na die Midde-Ooste eers moet wag.

Die hofstryd tussen Al Mawashi en die NDBV oor die vervoer van duisende skape na die Midde-Ooste om daar geslag te word, woed al sedert die begin van die jaar.

Sowat 56 000 skape is bestem vir ʼn vleismark in Koeweit en Oman.

Die NDBV meen die skape word in onmenslike toestande aangehou en uiteindelik geslag. Die organisasie wil hê dat die vervoer van lewende skape na die Midde-Ooste verbied word en dat die skape eerder in Suid-Afrika geslag word.

Die saak sal verwagting volgende Donderdag weer aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Hoekom is dit net ‘n stryd tussen Al Mawashi en die NDBV. Wie is die organasasie/s wat die skape aan Al Mawashi voorsien? Noem name….ons wil weet. Is hulle nie ook net soe skuldig nie?

Astrain

Die natuur betaal ons nou met pandemies terug vir dit wat ons, die mens daaraan doen. Hierdie is nog net die begin as die mens nie tot sy sinne gaan kom nie. Ons was veronderstel om die waghonde van die natuur te wees, nie die misbruikers nie. Geen geld pleisters kan ons red wanneer die natuur besluit dis genoeg nie. Ons as mens is nie net slegs afhanklik van die aarde nie, ons is ons bestaan op aarde gegun deur die natuur. Almal van ons sal baie diep moet besin oor ons aksies en voetspoor. Hoeveel geld jy het, gaan… Lees meer »

Pieter

Ons eie boere en vleis sentraal staan op teen die DBV nadat hulle gesien het hoe word die skape mishandel. Nou wil vleis sentraal se dia ANC regering wat nie eers vir n mens se lewe om gee nie stuur glo n staats veearts saam op die boot om na die diere om te sien. Nog n grap van die siek ANC regering. Ek hoop gerrie nel baklei die saak tot op die eiende die boere verkoop die skape net om dat hulle n beter prys kry oor see. Maak skaap vleis vir ons bekostigbaar dan het die skape nie… Lees meer »