Necsa-raad afgedank

Die minister van energie, Jeff Radebe, het Vrydag gesê die raad van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) is afgedank.

Hy het gesê dit hou verband met verset, onbekwaamheid en ʼn versuim om ernstige kwessies aan te roer wat betref die vervaardiging van radioaktiewe isotope vir mediese gebruik, spesifiek kankerbehandeling.

Radebe het tydens ʼn perskonferensie gesê Suid-Afrika kan moontlik sy wêreldwye markaandeel verloor, omdat NTP Radioisotopes SOC Ltd, ʼn filiaal van Necsa, nie enige isotope die afgelope jaar vervaardig het nie.

“Suid-Afrika vervaardig tans die helfte van die wêreldwye aanvraag en kan moontlik sy markaandeel en mededingersvoordeel in die vervaardiging en verkope van die mediese isotope verloor,” het Radebe gesê.

Die kabinet het Woensdag die aanstelling van ʼn nuwe raad goedgekeur nadat Radebe besluit het om al die raadslede af te dank.

Radebe het gesê die vorige raadslede is versoek om oortuigende redes te bied waarom hulle nie afgedank moet word nie in die lig van, onder andere, “versuim om te reageer op spesifieke aandeelhouderopdragte”, “finansiële wanbestuur”, “vergoedingsonreëlmatighede”, “ongemagtigde internasionale reise” en “die Necsa-raad se onvermoë om die noodsaaklike NTP-vervaardigingseenheid na sy volle bedryfsfunksionaliteit terug te keer van, byna 12 maande nadat die fasiliteit deur die nasionale kernreguleerder (NNR) weens ernstige veiligheidsongerymdhede gesluit is”.

Die minister het gesê ná die Necsa-raadslede se voorleggings ontvang is, was die ministerie steeds nie oortuig dat die raad die uitdagings by Necsa sou kon takel nie. “Ons het daarom die besluit geneem om die hele raad van sy pligte te onthef.”

Die nuwe raadslede is Rob Adam (voorsitter), dr. Ramatsemela Masango, Aadil Patel, Bishen Singh, Pulane Kingston, Matlhodi Ngwenya, Jabulani Ndlovu en Pulane Elsie Molokwane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

marco polo ·

As hulle onbekwaam is, hoekom was hulle in die eerste plek aangestel? Oeps, amper vergeet ek nou weer van die baantjies vir boeties ANC beleid.

Chris du preez ·

Ek twyfel of die nuwe klomp bevoeg gaan wees vir die taak

Karolis ·

Presies waaraan ek ook gedink het toe ek die nuwe name sien.

Pieter ·

Jip, as ek die name so kyk moet ons geen aksie en sukses verwag nie. Hulle sal seker binnekort deur ander hopelose nuwelinge vervang word en dit gaan weer oor ‘n paar maande gebeur, ad infinitum.

Anton ·

Hahaha! Dit is nou soos om te verwag dat n slak n suksesvolle kropslaai boer sal wees of dat mnr wolf die skapie gaan oppas nadat die eintlike boer van die plaas gejaag is deur n klomp wilde varke!!

zoom zoom ·

Hulle gaan sekerlik vervang word met zuptas en russe. Sodat ons kernkrag stasiws kan nou.

Buffel ·

Kernfisika en ANC…….Klink soos ‘n potensiele ramp. Kernreaktor is nie ‘n Ses’fikile nie…..

lewies ·

Om vir iemand te vra dat hy/sy moet reageer waarom hulle nie afgedank moet word nie, terwyl hulle reeds afgedank is, is ‘n mosie van wantroue in jou eie integriteit en onvermoe, asook die integriteit van die prosesse wat gevolg is.
As ek moet se waarom ek nie afgedank moet word nie sal ek vir hulle se: “Omdat ek nie wil plek maak vir die volgende ouens wat kans moet kry om groot geld te maak nie. Hulle prestasie gaan presies uitloop om die situasie wat ons nou bereik, het”
Dit lyk vir my of dit die bose kringloop is waarin ons land vandag vasgevang is. As jy Engels kan praat en skryf kan jy kans kry om in die ‘n ry te gaan staan vir ‘n hoe poste. Wat ‘n drogleuen is dit nie!!! Ons land sal nooit uit sy moeilikheid kom as almal eers kans moet kry om in ‘n ry te staan nie.
Toestemming om ‘n nuwe raad aan te stel is goedgekeur. Wie gaan hulle nou aanstel ?????

Belastingbetaler.

Anton ·

SA het klaar die markaandeel verloor want daar word dan niks vir die afgelope jaar vervaardig nie. Dink aan hoeveel inkomste vir die land verlore is. Helfte van die WERELD se hospitale wat kanker behandel het ons produk gebruik!

PJC ·

Ek wonder watter kwalifikasies die nuwe raadslede het wat hulle meer bekwaam maak as die voriges. Dalk is dit ook net hulle konneksies en velkleur wat in aanmerking geneem is.

leser ·

jeff, bedank jy sommer ook, jys onbevoeg om jou werk te doen, al jou ander aanstellings het dit reeds bewys

Pietman ·

Die Minister is ewe onbekwaam as dit hom drie jaar neem agter te kom dat daar geen produksie plaasgevind het nie. Enige aanleg sal onmiddelik agterkom as iets met die produksievlakke skort en dienooreenkomstig stappe neem om dit te herstel. Het die Raad dan geen rapporteringsmeganisnme om die tipe probleme tydig aan te spreek nie?

Thinus Erasmus ·

Anton, jy is net so akkuraat soos Rupert, die enigste ware nuus, of nuuswaardige aspek hiervan is: die ANC regering nogsteeds dink hul kan die grootste flop steeds oortref met ‘n groter flop! As daar ‘n werklike regruk aksie sou kom, sal dit net wys hulle was verkeerd en dit wil hul ten alle koste vermy.
Dit is soos met ESKOM wat sy probleem aan die “markomstandighede” toegskryf (wat hul help skep het)

Ian ·

Wes Kaap is darem on DA bestuur, maar ek eis nog steeds as ek dink wat kan gebeur as Koeberg nie in stand gehou word nie.

Johann cb ·

En só word ons land ook binnekort “afgedank”! Waar kry ons ‘n “raad” om Suid-Afrika behoorlik te bestuur?

Philip ·

Wat ‘n sirkus. Wag ‘n jaar om te sien of jy jou werk gedoen het. J R moet ook in die pad gesteek word want hy het ook nie sy werk gedoen nie. Mors net geld wat nou opgedroog het na 25 jaar. Sjoe as ons net kon aanhou bou wat vir hulle oorgedra is was SA vandag ‘n baie beter land

Hoc est bellum ·

My eggenote is werksaam by ‘n mediese firma wat radioaktiewe isotope omtrent daagliks gebruik en sy het my vroeër vanjaar al meegedeel dat hulle dié isotope ten duurste vanaf oorsee moet invoer. Wonder hoeveel kankerpasiënte het vanjaar al gesterf a.g.v. hierdie “raad” se onbevoegdheid?

Johan ·

Was een van net 7 lande in vroe ’90 wat kernwapens kon vervaardig.Dink so iets soos no 80% van die wereld se verykte uraan vervaardig op n tyd.Drie iendier vanne op die Raad,geen wittes.JAMMER as ek rassisties Klink,Ek is nie,maar Pelindaba en SA atoom energie kor. Is deur blankes ontwikkel en gebou.Gaan vra vir Israel wie het hulle leer kernwapens bou??!Elke dag,elke brokkie nuus is n groter grap as die vorige…

Faan ·

Die groot sirkus is die arbeidswetgewing wat dit byna onmoontlik maak om iemand summier af te dank. Iets wat binne een week moes gebeur het neem toe uiteindelik een jaar…..teen watse koste???? Wie betaal vir die sirkus??? Redes verskaf?? Hoe belaglik en intussen word natuurlik alle voordele geniet en salarisse/vergoeding betaal.

Piet Pompies ·

CR is besig om van al die Zuma kaders ontslae te raak sodat hy die 2/3 ondersteuning binne die ANC kan.
Na my mening is dit ‘n stap in die regte rigting, dit is net CR se sogenaamde regterhand wat nog Zuma gesind is.

Gert van Wierdapark ·

Ek het die nuwe voorsitter op Google nagevors en hy weet wat aangaan. Die res klink maar onbekend. Dalk vanaf die ou SAUK-Raad of SAL af oorgeskuif?

Kannemandannie ·

Dis maar weer n geval van” koebaai, julle het julle beurt gehad, nou is dit n nuwe groep se beurt om te skep”.

Karin ·

Ai, dis jammer dat tot “geleerde” mense onbevoeg is, hopenlik het hierdie nuwe raad “kennis”!

Jos ·

Nie net die raad is onbevoeg soos die minister beweer nie. Soos dit met enige staats instansie die geval is soos met ESKOM, is die uitvoerende komitee moontlik ook onbevoeg. Die raad word moontlik net weer vervang met die volgende korruptes en onbevoegdes. Dit help nie jy probeer een bevoegde soos die vorige CEO terugbring nie. Een klein goeie plekkie op ‘n vrot appel gaan die vrot appel red nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.