Nedbank sê onteiening sonder vergoeding kan banke in krisis dompel

Argieffoto

Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, het Vrydag aan LP’s gesê dat die onteiening van eiendom sonder vergoeding aanleiding kan gee tot ʼn “klassieke bankkrisis”.

Brown het die uitlatings gemaak tydens ʼn voorlegging aan die parlement se ad hoc-komitee wat moet besluit of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

“Elke eiendom wat onder verband is en wat onteien word sonder vergoeding sal waarskynlik ʼn direkte daling in die waarde van daardie eiendom op die balansstaat van ʼn leningsbank tot gevolg hê,” het Brown gesê.

Brown het gesê as mens veronderstel dat onteiening sonder vergoeding op 10% van Nedbank se R153 miljard residensiële verbandrekening toegepas word, die bank dan R15 miljard sal verloor.

Nedbank se kommersiële huishoudelike rekening beloop R162 miljard terwyl hul landelike rekening op R17 miljard staan.

“As ʼn bank sal ons met min opsies gelaat word om ons kapitaal en deposante te beskerm,” het hy gesê.

Brown meen dit is absoluut noodsaaklik om vertroue in die bankstelsel vol te hou vir deposante om te voel dat hulle geld veilig is.

Maroela Media het vroeër berig Kedibone Molopyane, hoof van groep mediaverhoudinge van Nedbank, het gesê die betaling van ʼn eiendomsverband is onderhewig aan ʼn kontraktuele ooreenkoms en moet betaal word ongeag of daardie eiendom onteien word, met of sonder vergoeding.

Die bevestiging het gekom nadat ʼn skermskoot van ʼn e-posgesprek tussen ʼn oënskynlike kliënt en ʼn verteenwoordiger van Nedbank onlangs wyd op sosiale media versprei is. In die e-pos beantwoord ʼn kliëntdiensresolusiebestuurder ʼn navraag oor die impak van moontlike onteiening op eiendom wat steeds onder verband by Nedbank is.

Die Nedbank-beampte se antwoord is dat die kliënt die verband betaalbaar sal wees totdat dit ten volle afbetaal is. “Kliënte se verbandooreenkomste is onderhewig aan ʼn kontraktuele ooreenkoms en verbandbetalings is verskuldig en betaalbaar totdat die verband ten volle afbetaal is, ongeag enige vorm van grondonteiening – met of sonder vergoeding,” lui die e-pos.

Molopyane het gesê Nedbank neem aktief deel aan die debat rakende onteiening sonder vergoeding.

“Ons insette beklemtoon die behoefte vir versnelde grondhervormingsprosesse, maar stel dit duidelik dat ons nie wysigings aan die grondwet aanbeveel nie, aangesien ons glo dat die huidige bewoording van Artikel 25 gepas is en onteiening sonder vergoeding toelaat in gevalle van nasionale belang of waar ʼn hof bepaal dat dit regverdig en billik binne die spesifieke omstandighede is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

whaha ·

NEE NEDBANK julle was die EERSTE Bank wat gese het die publiek moet onthou ons BLY VERANTWOORDELIK vir die lening ..toot toot . toe ook nou agtergekom dit was bollie.

Casper Labuschagne ·

Nedbank is natuurlik absoluut korrek. Onteiening sonder vergoeding kan eenvoudig nie werk sonder dat die staat beide die banke asook plase nasionaliseer nie, sodat beide bates en laste dan op dieselfde balansstaat verskyn. Die alternatief is dat die staat aan die banke waarborge en vergoeding sal verskaf vir die uitstaande skuld wat na onteiening nie verhaal kan word nie. Maar ons onbeholpe regerende party sal sekerlik eers toesien hoedat die bankstelsel asook ekonomie ineenstort vanweë die regering se beleid, voordat hulle dalk iets sal doen.

Gjert ·

Dit is eenvoudig, die boer is afhanklik van die grond vir ‘n inkomste waarmee hy dan die paaiement betaal. Onteien die grond sonder vergoeding en hy het het nie meer ‘n inkomste stroom waarmee hy die bank kan betaal nie. Hy likwideer dan homself, maar besit niks meer nie en bank het geen ander opsie as om die skuld af te skryf nie. Die oefening gebeur met so 100 plase en die bank verloor miljarde.
Mense, almal moet maar hulle geld wat op belegging lê by die bank gaan onttrek en dit omskakel in Dollars en dit onder hulle beddens bêre want die bank gaan nie meer die reserwes hê dat hulle jou geld kan gee wat hulle hou in vorme van beleggings of self jou spaarrekening nie.

Duppie ·

Juis oor jou hoof van mediaverhoudings se dwaasagtige uitlatings, moet jy nou die kole uit die vuur krap. Jy het nie besef dat as ons skielik besluit om nie ons verbande te betaal nie, Nedbank, ABSA, FNB, en Standard Bank in ‘n geweldige verknorsing gaan beland. Waar gaan jou salaris dan vandaan kom? Jy het sekerlik besef dat “white capital” jou bankie aan die gang hou.

Joker ·

Hoe dink julle gaan ‘n VERSNELDE GRONDONTEIEINGSPROSES werk? Julle sit nou lekker tussen twee vure, aan die een kant wil julle saam met die ANC skree en aaan die ander kant besef julle julle gaan bankrotspeel . maak maar self die keuse oor VERSNELDE GRONDONTEIENING .. kry vir julle!

Lana ·

So sal die realiteit t.o.v. probleme met OSV al meer besef word. Dis een groot klug.

Hahaha ·

Ons gee nie om hoeveel verliese julle ly nie. Solank as wat julle grondonteiening sonder vergoeding ondersteun solank moet julle weet loop julle die risiko om miljarde rande se verlies te ly. Maar julle was die eerstes wat wou transformeer en alles wat wit is ontslae van raak, so ek het geen simpatie met julle nie . Wat ookal met julle gebeur, ek gee nie om nie.

AmY ·

Julle is doodreg Nedbank. As my eiendom sommer net afgevat word, sal ek my verband onmiddellik ophou betaal.

koos1 ·

Ek hulle sommer ook dagvaar vir die geld wat ek betaal het.

Andre ·

As jy nou wil sien hoe `n nasie saam staan hou by julle beleid, julle sal sink net soos die ANC.
Sterkte daar met julle pensioen ook.

PLP ·

Ons baklei al baie jare en het nog maar min verloor. Nog een geveg sal ons glad nie skade doen nie. Saamstaan vir die boer en witman

Anoniem ·

Soms is die grootste straf wat iemand kan kry, om hom sy sin te gee. Dit voel bepaald so in die geval. Dis dalk tyd om op te hou skop teen die prikkels en eerder ‘n plan van aksie uit te werk om te oorleef in die “dystopia” wat vir ons voorlê as die malligheid voortgaan, wat tans onvermydelik lyk.

Wanneer die rand heeltemal verbrokkel, wat sal gebruik word in plaas van geld? Watter alternatiewe kos, water en energie bronne is daar? Hoe bring mens dit by die verbruiker uit?

Ek die nodige waarskuwings is gegee, ons kan ons hande in onskuld was. Dis nou tyd om na binne te kyk en jou volk se voortbestaan te beskerm.

alida ·

Vertel ons iets wat ons nie weet nie. Die slim regering kon dit nie insien nie. Wie dink die bank of CR gaan betaal vir ander mense om op sy grond te bly? Groot grap.

Callie ·

Geen regdenkende hof sal so uitspraak ondersteun nie. Tweedens as ek nie betaal nie verkoop julle my eiendom op n vendusie. Wil nou die grap bekyk as my grond oteien word hoe kry julle dit nou verkoop want die regering het dit klaar gevat. Hahaha

Anoniem ·

Ek glo nie dat onteiening sonder vergoeding hoegenaamd op residensiële eiendomme (woonhuise) toegepas sal word nie, want dit maak bloot nie sin nie. Indien wel, gaan die poppe behoorlik dans. Ek daag hulle uit om dit te probeer, inteendeel ek vra hulle mooi, kom probeer…..

Sakkie ·

Doen die regering enige iets wat ooit sin maak vir Blankes?

Marinda ·

Hier kom ñ ding.

We just need to stand next to the sideline and watch the show. We don’t need dstv or sabc. Just wait and watch.

Chrisjan ·

Wow, veels geluk! Uiteindelik het iemand wakker geskrik! Het nie n breinchirurg nodig gehad om hierdie een uit te pluis nie.

jaco ·

nasionaliseer eenvoudig die banke.
Ek raak nou moeg vir die ANC en die SA Kommunistiese Party wat so op 2 paaie loop. Is dit nou vrye mark of is dit kommunisme? Ontein nou finaal en kry klaar. Nasionaliseer nou finaal en kry klaar. Hulle praat al meer as 24 jaar van hulle National Democratic Revolution. Manne soos Karl Marx, Lenin, Stalin, Fidel Castro en ‘n paar ander sou sekerlik lag vir ‘n rewolusie wat so lank aanhou. Hulle rewolusies het op die langste 10 jaar geduur en toe was alles kommunisties.
Nogal met nie te sleg gevolge nie. Lande soos Oos-Duitsland, die Sowjet-Unie en Hongarye was SONDER die volgende:

-plakkerskampe
-35% werkloosheid
-vuil swak staatshospitale
-swak lae standaard onderwys
-swak discipline in skole waar kinders onderwysers aanrand
-paaie vol slaggate
-spoorwegstelsels wat wegkwyn

En so kan my lys aangaan. Soos wat Helen Zille gesê het alles van kolonialisme was nie sleg nie, kan ek ook sê alles van kommunisme was nie sleg nie. Daardie lande het in meeste opsigte BAIE beter gefunksioneer as die huidige Suid-Afrika.
Ek wonder net WAT het die ANC en SAKP se mense dan in ballingskap geleer terwyl hulle in hierdie lande gebly het?

Kobus ·

Ja vat maar ou CR jy het al klaar gesien die rand is in sy m… in as julle my grond vat betaal ek geen sent verder op my verband nie julle wil mos slim wees en luister na ou juluis. Kan nie glo dat CR wat n besigheidsman is nie daai som kan maak nie. Gaan JY. CR ook jou plase wat jy voor betaal en gewerk het skenk vir die ANC. Moet ons nie probeer bluff nie asb ons weet

Interesant! ·

Die bank leen jou die geld en hou die plaas as sekuriteit? Nou vat die ander mense die plaas, en as jy dan nie die bank terug betaal nie, watter plaas gaan die bank dan vat??? HAHAHAHA, dis funny, maar kom ons se n plaas is terug gevat en die boer skuld nog R10 milj, al wat hy hoef te doen is vir 3 jaar n ander sel nommer kry en op n afsonderlike plek huur. Na die 3 jaar is sy skuld dan verjaar en het hy geen verantwoordelikheid om dit terug te betaal nie. Dit sal die bank dalk nie so erg tref nie, kom n 1000 boere doen dit? Waar gaan RSA se finansies dan wees? Die R/$ gaan so swak wees dat jy met n kruiwa vol R200 note moet gaan om 1 brood te koop… Zimbabwe nr 2??

Johan ·

Maak skuld by Netbank en los plaas net so vir werkers .hul sal dan lekker boer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.