Nedbank sê oor verbande ná onteiening

‘n Skermskoot van die e-pos wat op sosiale media versprei word.

Die betaling van ʼn eiendomsverband is onderhewig aan ʼn kontraktuele ooreenkoms en moet betaal word ongeag of daardie eiendom onteien word, met of sonder vergoeding.

Só sê Kedibone Molopyane, hoof van groep mediaverhoudinge van Nedbank.

Die bevestiging kom nadat ʼn skermskoot van ʼn e-posgesprek tussen ʼn oënskynlike kliënt en ʼn verteenwoordiger van Nedbank onlangs wyd op sosiale media versprei is. In die e-pos beantwoord ʼn kliëntdiensresolusiebestuurder ʼn navraag oor die impak van moontlike onteiening op eiendom wat steeds onder verband by Nedbank is.

Die Nedbank-beampte se antwoord is dat die kliënt die verband betaalbaar sal wees totdat dit ten volle afbetaal is. “Kliënte se verbandooreenkomste is onderhewig aan ʼn kontraktuele ooreenkoms en verbandbetalings is verskuldig en betaalbaar totdat die verband ten volle afbetaal is, ongeag enige vorm van grondonteiening – met of sonder vergoeding,” lui die e-pos.

Talle sosialemediagebruikers het die skermskoot gedeel, met verskeie mense wat warm onder die kraag was oor Nedbank se terugvoer. Verskeie sosialemediagebruikers het ook die skermskoot op Nedbank se amptelike Facebook-blad gaan deel en ʼn verduideliking van die bank geëis.

Molopyane het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die bewoording in die e-pos wel Nedbank se standpunt oor die saak is. “Verbandbetalings is verskuldig en betaalbaar totdat die verband ten volle afbetaal is. Dit is ongeag enige vorm van grondeiening wat ʼn impak kan hê op die bates wat as sekuriteit vir lenings voorsien word – met of sonder vergoeding.”

Sy voeg by dat Nedbank egter aktief deelneem aan die debat rakende onteiening sonder vergoeding en dat die bank al twee geskrewe insette oor die saak ingedien het – een deur die Bankvereniging van Suid-Afrika en nog een in ʼn aparte Nedbank-dokument.

“Ons insette beklemtoon die behoefte vir versnelde grondhervormingsprosesse, maar stel dit duidelik dat ons nie wysigings aan die grondwet aanbeveel nie, aangesien ons glo dat die huidige bewoording van Artikel 25 gepas is en onteiening sonder vergoeding toelaat in gevalle van nasionale belang of waar ʼn hof bepaal dat dit regverdig en billik binne die spesifieke omstandighede is.”

Molopyane sê Nedbank het ook ʼn datum versoek waartydens verteenwoordigers van die bank verbale voorleggings in die parlement kan maak, moontlik aan die begin van September. Die grondwethersieningskomitee sal na afloop van die openbare deelnameproses aanbevelings aan die nasionale vergadering maak rakende die moontlike wysiging van die grondwet.

“Pres. Cyril Ramaphosa se openbare uitsprake blyk die parlementêre proses wat tans aan die gang is vooruit te loop. Enige voorgestelde veranderinge aan Artikel 25 van die grondwet sal nog steeds eers volledig gedebatteer moet word en sal aan grondwetlike en regsgronde op verskeie vlakke moet voldoen.

“Die presiese bewoording van enige voorgestelde wysigings sal van kardinale belang wees en sal eers geassesseer moet word voordat enige ekonomiese en kredietassesseringsimpakte bepaal kan word. Ons voel dit sal wys wees om te wag vir hierdie proses om afgehandel te word, eerder as om die saak vooruit te loop en verder kommentaar te lewer sonder die nodige besonderhede.”

Molopyane het gesê dit is noodsaaklik vir die sakesektor om deel te neem aan die soeke na oplossings vir sosio-ekonomiese uitdagings in die land. Sy het bygevoeg dat Nedbank egter besef dat die huidige grondhervormingsproses en die struktuur van grondeienaarskap in die land nie volhoubaar is nie.

“Die sakesektor kan nie net terugsit en kyk wat gebeur nie. Dit maak daarom net sin vir Nedbank om ook ons stem by te voeg in die debat oor grondhervorming. Ons moet verseker dat ons nie die broodnodige toekomstige beleggings in ons ekonomie ondermyn of landbouproduksie of voedselsekuriteit in die proses skade berokken nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

178 Kommentare

Anoniem ·

Jy DROOM ou, hoe belaglik, gaan dink weer en gee die regte antwoord ASSEBLIEF !!!

Lientjie ·

Hy her nie ‘n antwoord nie, want as die boere nie gaan betaal nie ( soos hulle wel gaan doen) gaan daar niks wees wat hulle kan terug vat of inkomste wees om te dagvaar nie, so hulle gaan met hulle vinger sit waar dit baie ongemaklik gaan wees.

Rèna ·

Nee, wat die bank moet maar my onteiende plasie kom terugvat, want betaal gaan ek nie…..

AmY ·

Né… Die oomblik dat hulle my woonplek kom vat, hou ek op met betaal. Finish en klaar.
Gelukkig bank ek nie by Nedbank nie.

Joy ·

ABSA bank het dieselfde gesê al 2 jaar terug, maar toe was grondgryp nog nie op ons voorstoepe nie. Ek is seker die is al die banke se houding

Johan ·

‘n Boer is afhanklik van sy plaas se inkomste om sy finansiële verpligting na te kom. As hy sy plaas verloor, het hy geen inkomste nie. Jy kan tog nie bloed uit ‘n klip tap nie. Die banke gaan miljarde rande verlies ly.

Nardus ·

Jammer om te sê maar alle banke is so geskryf. In jou geval sal ek net ‘n ooreenkoms met die bank hê om 10pm te betaal want wet sê ek moet ‘n effort toon dan mag hulle jou nie oorhandig nie

Stuiwer ·

Ek dink nie dit sal net Nedbank se standpunt wees nie. Die ander banke s’n sal dieselfde wees, anders kan hulle mos maar toemaak.

Paul ·

So Nedbank staan nou uit die water uit dat sy kliente self sien en kom klaar. Terloops, CR was met sy uitsprake baie onverantwoordelik, mens verwag die nie van ‘n president van die land nie. Daar is maar geen verskil tussen hom en Zuma nie, altwee speel dieselfde spel, net op verskillende velde.

Frikkie ·

Bwahahahaha, hoe lekker lag ek nou!

Die banke in hul onnoselheid gaan die seerste kry!

Boerseun ·

Wat hulle nie besef nie is dat as almal op hou betaal gaan hulle met n helse klomp bates sit wat hulle nie sal kan verkoop kry nie. So ook die reserwe bank wat geld aan die banke leen. Arrogansie ken geen perke

Poot ·

Neewat dis maklik. Trek uit jou huis uit en brand hom af. Dan kan die versekering mos maar die bank terug betaal.

marius ·

As die boer nie ‘n plaas het, kan hy nie geld verdien om lening te betaal, verder gaan daar nie meer ‘n plaas wees wat bank kan terugvat om skuld te delg. Einde van storie. As die boer nie kan betaal is daar nie veel wat die banke kan doen…

Is die banke te kortsigtig of net dom arrogant?

Basjan ·

Ek dink die banke is kortsigtig én dom arrogant. Hulle moet hul saak by die “regering¿” skoon hou om in tel te wees.

Liz ·

Die punt is, ons sal ophou met betaal ja maar die bates behoort dan aan die staat. So die die bank het net ñ las op sy boeke, geen bate om te verkoop nie. Die banke sal almal moet toe maak. Daarom dat hulle baklei. Ongelukkig blyk dit of hulle gaan probeer om diegene wat oorbly uit te buit.

Nedbank ·

Hoekom keur hul dan nogseeds lenings goed? Vir die ANC se sak? Belaglik!!!! En dit nadat alle banke weet van CR se planne. Hulle kop in een mis!!!!

Stuiwer ·

Ek stel voor mense huur eerder nou as om te koop. Die mark is nou te onstabiel en as jy die land wil verlaat hoef jy nie te sukkel om ‘n eiendom te verkoop nie.

Nettie ·

Tjaag, wat – ek is nou maar te bly dat ek te arm-kaalgat is om selfs net ‘n posseël-grootte stukkie grond, laat staan nog plaas, huis, pondok of varkhok te besit ……………………….

Sal nie betaal nie ·

Ek dink Nedbank het nog nie wakker geword nie. As my eiendom van my weg geneem word, sal ek beslis nie so dwaas wees om verder daarvoor te betaal nie.
Hier kom nog n Spur boikot. Oppas dink mooi wat julle se Nedbank!

Hannes Eksteen ·

En hoe gaan hulle my maaaaak betaal
Laat onteining kom dan sien ons wie lag die laaste

blinkstefaans ·

Einste. Ek gaan net more my verband verhoog met nog R3m en dan gaan ek die geld uitgee…en as Nedbank my wil aantree gaan ek net ‘n toffie wys

Marie ·

Blinkstefaans, en as jy nou nog R3 m gaan leen en die geld uitgee. Wat maak jy dan as hulle nie jou plaas vat nie. Lol.

Mak Muil ·

Kan enige iemand met meer as een breinsel sulke strooi kwytraak!!

Adrie Hoffmann ·

Aikona, not a tikkie – not going to pay – if you take away from me – I will not pay anything – that is for sure!!! Ons het hard gewerk om te kom by wat ons het en as die staat wegneem sonder enige vergoeding kan hulle vergeet dat hulle enige iets van my af gaan kry – die wet van Transvaal werk dan nie meer nie.

Ben ·

Thy take it away from you then you take it away from them dis hoe dit werk

koos1 ·

Dit klink vir my meer soos ‘n politieke standpunt as ‘n besigheids standpunt.
Duidelik weet hierdie persoon nie mooi wat in die bank wese aangaan nie, so laat ek vir haar verduidelik. Jy bekom ‘n verband nadat die eiendom gewaardeer is deur die bank en hulle dit as sekuriteit kan gebruik. Dit beteken dat as jy nie meer kan betaal nie die bank die eiendom mag verkoop om uitstaande skuld te betaal. So Nedbank, as die eiendom onteien word sonder vergoeding, gaan JULLE ook nie julle geld kry nie, want die boer kan nie meer ‘n inkomste genereer nie. Julle enigste roete is om die boer te dagvaar vir die geld, maar teen die tyd as julle aan die beurt kom is die boer heel moontlik al klaar bankkrot.
So sien julle nou, die nie net voedel sekerheid wat in gedrang is nie, maar ook die bankwese, maar dit is mos nou die plan van die EFF(ANC), om banke te nasionaliseer.

Ronel ·

as my huis waaraan ek swaar afbetaal onteien word, moet ek tog elders ‘n blyplek kry wat ek sal moet betaal. Waarom sal ek dan nog geld op my onteiende huis betaal? En dit vir ander om net in te trek en te bly? Hoe sal ek dit regkry om TWEE huislenings te betaal? Belaglike antwoord!

andycap ·

Mooi duidelik gestel. Maklik om beloftes te maak, maar nie om deur te voer nie. Afrika styl politiek 1, goeie regering, ekonomie, ens, 0.

honourable member ·

Net nog na manier om die witte uit te mergel. Waar gaan die boer geld kry om die verband af te betaal sonder n inkomste. Dis absoluut belaglik.

Jaap ·

As hulle my plaas vat,met wat gaan ek jou betaal?
Klippe?
Lag ek nou lekker.
Vra jou regering vir geld.

Lekkergelag ·

Beesmis? Wat jy waar gaan kry? Hulle gaan dit ook vat sonder vergoeding!

Bekkie ·

Daar is geen manier wat ek ‘n verband aanhou betaal en ‘n ander een het dit gevat nie.
Sorry vir julle, ek stop die betaling dadelik en as julle aanhou karring, dan brand ek die plek af. Genoeg is genoeg. Ons word so ten gronde geloop. Alles word duurder en dan wil hulle ons huise vat. YOU WANT IT, YOU BUY IT!!!!!! NOTHING COMES FOR MAHALA.

marinda ·

Kyk as jy nie betaal nie dan vat die bank dit terug ,wel sterkte want ek gaan nie betaal vir wat ek nie meer het nie hulle kan dit dan gaan terug vat by die nuwe eienaars?

Kellies ·

Wat Nedbank lyk my gerieflikheidshalwe vergeet is dat n lening bekom word teen n spesifieke eiendom en dat die eiendom gewaardeer word sodat daar voldoende waarde is indien die eiendom moet terug geneem word en verkoop word wanneer die koper nie betaal nie. So, indien die eiendom onteien word en die koper hou op betaal dan moet hulle die eiendom terugneem en verkoop om hulle geld terug te kry. Gelukkig is ek al jare terug weg by Nedbank toe ek n stel af getrap het met hulle.

Stuiwer ·

Moenie dink dat die ander banke nie dieselfde pad gaan volg nie…

gatvol ·

neh….die bank moet try om my verantwoordelik te hou vir n lening as my plaas gevat word. voor ek gaan sal ek alles demolish..daar sal NIKS oorwees om op voort te gaan nie en ek sal nie n dooie sent langer terugbetaal nie.

Ben ·

Jy kan nie betaal vir iets wat jy nie het nie laat die ANC vir dit betaal

Anoniem ·

Sit nou al, al die losgoed en voertuie op Jou Vrou of Kinders se name ! (ten minste so 10 tot 14 maande voor die TYD, sommer môre oggend) Onthou net Jy en Jou Vrou moet buite gemeenskap van goed, sonder die aanwas bedeling getroud wees ! Die Balju sal dan op die dagvaardiging skryf ‘Nulla Bona’ = Geen roerende Bates ! Saak gesluit ! Bank gestirr, Sorry Kredietafdeling !!

Tertius ·

kyk as een bank dit se gaan al die banke dit se. Nie veel anders wat hulle kan se nie.

Maar gaan snaaks wees as dit gebeur dat hulle vir iemand vir verband vra maar die grond is weggeneem. Die verband is uitgeneem met erf as die kallatoraal. So banke is ook maar bang vir die nonsens. Niemand gaan betaal as grond weggeneem is nie. Onnosels!

Pieter ·

Die standpunt van Nedbank is strydig met die verbandreg. ‘n Verband is aksessories en dus afhanklik vd bestaan van ‘n eiendom en ‘n eindomstransaksie (soos ‘n koopooreenkoms). As die beswaarde eiendom wegval (agv onteiening) sal die hele verbandtransaksies ook daarmee heen wees. Teen wie gaan Nedbank in elk geval dan sy sekuriteit afdwing in geval van wanbetaling? Teen die vorige eienaar wat dan nie meer die eienaar vd eiendom is nie?

Staak ·

Met hierdie verklaring van Nedbank se hulle eintlik, as jy jou eiendom wat nog onder huurkoop is verkoop sonder dat die verband afgelos word dan kan die akte nog oorgedra word en jy kan al daai geld in jou sak steek, solank jy net die paaiement maandelik diens.
Nou wanneer het nedbank n verbandlening oor geskuif na n persoonlike lening.
Hierdie was seker maar n oops van n persoon wat weer in n pos is waar hy niks van weet nie.

Carel ·

En wat van ons arme sotte wie se eiendom klaar betaal watter kaart gaan ons speel

Frikkie ·

1) Leen soveel geld as wat jy moontlik kan teen jou eiendom!
2) Koop Diamante en Goud daarmee
3) Maak Juwele
4) Vat die pad buiteland toe sodra die ANC jou grond vat
5) Verkoop jou Juwele

Vixie ·

As die eiendom onteien word sal daar mos noodwendig eienaarverandering plaasvind, soos wanneer die eiendom op jou naam geregistreer was toe jy dit gekoop het. As dit nie meer op jou naam is nie, kan die bank dit mos nie by jou kom soek nie, so hoe kan jy verantwoordelik gehou word om dit te betaal?

Stuiwer ·

Met grondonteiening sal die eindeom net gevat word en nie “wettig” in die “nuwe” eienaar se naam oorgedra word nie…

Lou ·

En as ek nie betaal nie gaan hulle dan my onteiende eiendom trug vat. Hahahahahahaha

toy ·

Hulle is belaglik. Gaan soek die geld by die een wat net kom vat het!

Jurie ·

So die staat vat by die bank want dit bly hul eiendom tot dit klaar betaal is.Ek sal omdraai en die bank dagvaar om vir wat ek reeds betaal het terug te kry want hulle het dan nie hulle eiendom aan my verkoop nie maar iemand anders wat claim dis hulle grond.Dus is die banke skuldig aan diefstal en bedrog

Boere Bo ·

Wat gaan die bank doen as die klient ophou betaal. Sekerlik die plaas op ‘n veiling verkoop om die skuld te probeer delg?. Dit gaan snaaks raak…. Die nuwe “boer” se plaas gaan onder sy bas uitverkooo word nog voordat hy dit verniet gekry het… Bwa haa haaa!!!!

Stuiwer ·

As ek so na die dubbele standaarde in hierdie land kyk, gaan jy waarskynlik in die tronk land as jy nie betaal nie…

Gerhard ·

So daar gaan die 10% van dit wat jou grond werd is wat CR vir jou gee vir jou grond. Plus vir die res van jou lewe sal jy nooi weer iets van veel waarde kan besit nie. Die Kaders kom met n plan.

Ben ·

Suid Afrika stap selfde pad as Zim as gevolg van “Lack of Common Sense” en haat teenoor die verkeerde mense. Die saak is egter die ZIMs het nie geweet wat die gevolge gaan wees nie maar die SA’s weet dit. Hulle gaan geen verskonning he nie!!!!! Hulle gaan ‘n verleentheid vir hulle kinders wees, Baie swaarkry le voor vir hulle.

Lizl ·

Kom ons bereken dit gou uit, 139 plase en ons hoof banke is Absa, Nedbank, FNB en Standard Bank, dit gee jou `n gemiddeld van 38.75 plase per bank as dit gelykop verdeel word. Wonder hoeveel is die aflos bedrae van daardie 139 plase, en hoe gaan dit die ekonomie raak? Ons weet dat die boere gaan ophou betaal. Kan Cyril dit bekostig? Ag, wat praat ek tog… kan die belasting betaler dit bekostig?

honourable member ·

Wonder of die ander banke ook hierdie “trick” gaan probeer. Waars ons geleerde vriende. Wat presies se die wet?? Kan die bank jou aanspreeklik hou vir die betaling.

La ·

Wat as die ANC die grondwet vir onteining will verander dat as jou grond gevat word jy nogsteeds verantwoordelik is vir die terug betaling van huislening? Ons sal moet wag en sien. Lyk my al die banke sien die standpunt in. Net so korrup soos die goewerment.
Ek brand my huis af tot die grond met als binne so dat dit absoluut nie leefbaar is.

Pop ·

Wag e k nou baie graag wil weet is waar moet die boere nou heen. Op die parlement se stoep gaan sit. Want die plaas is mos nou jou woning. Of gaan hulle n plakkerskamp oprig. Wat is die plan met die mense???.

Snowball ·

Ek wonder of jy jou Oordragskostes wat aan die Aktekantoor betaal is, toe jou lening geregistreer is in jou naam, dan ook kan terugeis? ‘n Miernes van vrae wat opkom! Is daar nie ‘n regskenner wat vrae kan antwoord nie?

Blommie ·

@ Koos1, ek dink jy het alles mooi saamgestel…
Laat jou logika jouself in die steek laat Nedbank.

Ons noem dit nie "logika" nie. ·

Ons noem dit Black Empowerment. Het nog nooit die woord logika kon spel nie.

Lucy ·

Daar is geen manier wat ek n verband aanhou betaal as ek my bate verloor nie, sorry!!!

Tanzie ·

Wanneer die bank ‘n eiendom terugneem, lê hy eers beslag op ‘n persoon se roerende bates en sou daar niks wees om te verkoop nie, neem die bank die eiendom terug. Indien die eiendom onteien word sonder vergoeding, gaan die bank niks hê om terug te neem nie. Daar sal ook geen bates wees om terug te kan neem nie omdat alles wat ‘n boer het, op sy plaas is. Waar los dit die bank? Kry vonnis teen elke tweede persoon in ons land. Dit gaan nogsteeds nie die bank se geld terug betaal nie en dan het die banke nogsteeds NIKS. Absoluut niks!. Hulle gaan verseker nie regkom nie.

Cathy Kotze ·

Nedbank het ‘n probleem. Wat gaan hulle doen indien die verband nie betaal word nie. Die plaas terug neem?

Dis gewoonlik die prosedure wat gevolg word indien iemand versuim om sy huisverband te betaal.

Attie ·

as jy nie betaal nie word die eindom op veiling verkoop om verlies te dek. Ek sal graag wil sien hoe dit gaan afloop as daar klaar 600 op die grond bly

Inge ·

Dit is onaanvaarbaar. Dit gaan baie mense haweloos laat. Hulle moet ‘n verband van R10 000 per maand afbetaal en dan nog nuwe blyplek soek! Wie de heng gaan dit kan bekostig!! Dit is malligheid en totaal en al onregverdig. Wat dink hulle?

MV Agusta ·

As dit gebeur, brand die huis af en laat die versekering uitbetaal

Willem ·

Versekering sal nie betaal as jy self die eiendom afbrand nie

Tertia Human ·

SORRY NEDBANK VAT MAAR JOU EIENDOM TERUG EK BETAAL NIE N SENT NIE EN KYK OF JY ENIGSINS GELD BY DIE NUWE EIENAAR KRY IN N EIENDOM WAT EINTLIK AAN DIE BANK BEHOORT!!!WHAHAHA JULLE MOET DINK ONS IS BREINDOOD?

jannie ·

Boet Fasie .Ek hou van jou kommentaar daar is nog humor in want hierdie hele storie is so lagwekkend Ek dink die hele klomp Nedbankers sit met rooi gesigte

WonderMaarNet ·

A contract has 2 deliverables. You have to pay and when done they have to give you the deed.

So if they can no longer give or guarantee you a deed then they broke the terms and conditions.

Frikkie Geld en huis ·

Jy’s 100% reg. Ek dink Nedbank stuur af op ‘n E-tol situasie.

waarheid ·

Ek sal ook seker maak dat geen implimente of diere of gewasse of water of ‘n huis beskikbaar sal wees indien hulle dink hulle kan dit dalk op ‘n veiling verkoop nie.
Hulle gaan geen sent uit my grond – lopend of nie-lopend kan verhaal nie.
Die grond self sal ook nie gebruik kan word nie – en by my gaan hulle nbie ‘n sent kry nie.
Slegte tyde vir Nedbank en ook vir enige ander bank as dit kom by grondonteiening.

Weakest Link ·

Hulle gaan nie ‘n sent by my kry nie.
Daar sal ook niks meer op my grond wees wat hulle op beslag sal kan le nie. Daarvan sal ek seker maak – hulle gaan so die grootste verloorders wees. Die weakest Link – !!

GatSienSonnerSpiël ·

Hahahaha…die banke sien almal nou hulle gaaie sonder ‘n spiël.Zim het plase kom vat en geen huise in die dorpe (plakkers kampe) nie. Wat van die belasting by oordrag wat aan SARS betaal is….ek kan dit mos nou verhaal, die eiendom is mos nou nie meer myne nie. Ramaparra gaan nou sy wielie walie sien sonder ‘n spiël, en baaaaaie ander. Kry vir julle, have a nice day…..

C ·

AIKONA ek sal nie verder betaal sal sorg dat ek niks geld in my rekening het waaruit hulle die aftrekorder vat nie. Sal nie betaal vir iets wat ek nie het nie, as die bank hulle geld soek moet hulle maar die wat daar bly gaan vra vir hulle geld op die eiendom opveil. Dan wil sien wat gaan gebeur! PFFFFFFF

Johann Muller ·

Is daar al ‘n strydige antwoord van die ander banke of geld dit vir elke bank in SA?

Jaco Prins ·

Dankie Nedbank, dis baie gerieflik van julle om so te voel oor die saak. Ek dink al die banke moet gevra word presies wat hul offisiele standpunt is oor Onteiening sonder Vergoeding en hoe daar tewerk gegaan sal word met plase wat onteien word. Ook moet daar aangedring word daarop dat hulle publiek maak presies wat hul in hul geskrewe insette gestaan het. So sal ons kan sien en kan reageer op elke bank se standpunt en ons loyaliteit beloon aan die banke wat lojaal is. Nedbank se standpunt verduidelik dan ook meeste banke se stilswye oor EWC.

Roelie ·

Hul sal maar spesiale tronke moet bou vir ons wat sonder grond gaan sit. Hul moet net onthou, ek soek ook ‘n TV, eie kamer, Kentucky en strippers. O, moenie die selfoon vergeet nie.

Whatever ·

Die banke gaan hulle gat sien, uit en gedaan.
Die ANC en EFF en hul gevolg dink mos als gaan vootgaan soos nou as die boere se plase onteïen is en “hulle” die nuwe boere is. Laat die huidige boere ons n oefenloppie gee.
Dis sou wonderlik wees as al die boere kon saamstaan en besluit om net vir 1 jr niks te plant nie dat die klomp dommes kan sien wat dit vir die land inhou. Die Afrika lande waarvoor SA boonop sorg sal ook die impak voel. Dit sal n invloed hê op die banke, vervoer, brandstof, invoer en uitvoer ens, ALS word beïnvloed. Vrek vd honger is in elke geval SA se voorland met die onteïening. Hul kan nie eers van n bestaande boerdery n sukses maak, wat nog te sê n nuwe een opbou (afbreek is meer gepas)

Ben Lantz ·

Die Chinese vryf hul hande ,as die banke vou dan sal hulle banke vestig

Gatvol Verby ·

Die bank besit jou huis tot dit klaar betaal is. As hulle dit gaan onteien, word eienaarskap oorgedra na regering, so hulle is nuwe eienaars. As jy nie jou verband betaal nie, verkoop hulle dit op ‘n veiling. So as my huis onteien word, hou ek op betaal en die bank kan niks doen nie. Wat van die VAT wat ons almal betaal met oordrag as ons huis koop. Kry ons ons VAT terug? Dalk moet ons almal nou ophou betaal tot al die banke en regering meer duidelikheid gee, want hoekom moet ek aanhou betaal as ek my huis moontlik moet afstaan.

Staak ·

Ek wonder hoeveel geld gaan die eerste minister van britanje in onteiening bele, dit is tog die rede vir haar besoek dan nie.
Mense dit gaan bitter donker nag vir ons word, daai antie is nie verniet hier in SA nie en dan steun sy nog gronsherforming ook.

Jan Alleman ·

Sy moet dan help! Haar land het lekker rond gesuiker hier en *** aangejaag. Die nekslag / gifpyl vir die Afrikaner was 1910. Unifikasie. Voor dan was daar meer as een land op hierdie grond. As dit so gebly het was daar nie al vandag se nonsens nie. Na unifikasie het allerhande gedrogte hulle voorskyn gemaak. Politieke doodsteke. Onvermydelik. Kan nie soveel onversoenbare kulture saam neuk nie. Resep vir chaos. Wat dit tans nou in ontaard. Daar was mense wat dit sien kom het. Hulle is verkramp genoem. Eintlik was hulle maar net helder denkend.

Ray ·

Die banke se Prokureurs gaan ryk word uit hulle “efforts” en die tronke gaan maar moet vol sit, maar as jy my huis wil vat sonder vergoeding dan betaal ek vir seker nie ge;d aan ‘n bank nie. Julle sal my maar moet trunk toe sleep of waar ookal julle dink goed sal wees.

Of nog beter plaas my maar in huis arres in my huis. Ek het mos ook Plakkers Regte

Skyspy007 ·

Ek dink ons moet almal bietjie gaan “kamp”….op een van die “nuwe boere” se grond, met ons Plakkers Regte. Wat gaan die kaders dan doen?

Adam ·

Nedbank se opinie is lagwekkend. Het hulle geen idee wat die regsposisie is nie. Banke is bekend vir onsinnige opinies en vrotsige diens, maar die een vat die koek. Ek hoop alle verbandgewers aan Nedbank hou summier op om hul verbande te betaal en wanneer Nedbank ‘n regsaksie loods, aan te voer dat hulle dmv wanbetaling poog om hulle potensiele skade te beperk. Hulle kan dan poog om die saak te skik NADAT Nedbank onderneem het om geen stappe te doen na onteiening, indien dit sou plaasvind nie.

Piet Pompies ·

Die bank bly die eienaar van die eiendom tot dit klaar betaal is. Solank die veband oop is, is dit die bank se eiendom. As onteiening plaasvind is dit die bank se eiendom wat gevat word. In teendeel, jy kan ‘n eis vir die geld wat jy alreeds betaal teen die bank instel. Die bank moes verseker het voordat jy die eiendom gekoop het, dat daar nie enige eise teen die eiendom was. Wa wa vir Nedbank.. CPA. Consumer Protection Act.

Mrs H ·

Banke word deur die regering gereguleer. Ek sal nie betaal nie! Nog meer motivering om alles af te brand. Hulle moet onthou, niks is so gevaarlik soos n man wat alles verloor het nie. Dan kan hulle my in die tronk druk, dan maak ek seker om getalle in tronk te verminder namens die belasting betalers. Wat het ek dan om te verloor?!

Johanna Botha ·

Wel jy kry my plek verkool dis 100 % verseker …wat het dan om te verloor ….hehe NIKS .. die DOM man !

Pieterd ·

My verband is afbetaal. Hoe nou? By watter bank eis ek as my eiendom onteien word?

Voorstel ·

Kry ‘n verband of rol jou verband na maksimum toe, ontrek die geld en klim op ‘n vliegtuig na Australië toe. Probleem opgelos. (Doen dit slegs as jou eiendom regtig gevat gaan word)

Die Stem ·

Alle beloftes be weer die ekonomie sal nie skade aangedoen word nie.
Boere is n groot deel van ons ekonomie. Boere verdien beskerming.
Hoewel die banke se siening resoekteer kan word, kan mense wie se grond teruggeneem word, nie meer aanspreeklik gehou word vir die verband nie.

Pieter ·

N Ietsie om oor na Te DINK. Hoeveel van jou geld is in die banke vasgemaak. Jou salaris ,spaargeldjies ensv. Wander die banke die tips moeilikheid optel is die eerste ding wat hulle doen om geld vas Te maak. Hoe? Hulle verklaar n “banking holiday” wat beteken hulle stop alle transaksies. Dan le hulle beslag op alle belegging om hul skulde Te betaal. Dis hul rekening houers wat gaan betaal deur wat hulle n “buy in” noem. Jy koop Dan as rekeninghouer of belegger in die bank sonder om enige se daarin Te he. Gaan lees op oor Griekeland en Sipress . Waar is my nes eiertjie. Beslis nie in n bank of aandele mark nie. Waneer die gemors die fan slaan,kan ek nie een van die twee eet nie. Net iets om oor Te DINK.

Boerehart ·

Nedbank,ABSA,FNB ens…..Ek het slegte nuus vir julle…..ek betaal vir NIKS as en nie die nut het daarvaan nie. Ek steek alles brand..ek het hard gewerk vir dit wat ek het en as ek nie die genot daarvan kan he nie,sal ek seker maak niemand anders doen nie!

Jaco ·

Ek het niks eiendom nie. Maar absa soek R800 000 by my. As ek vra om die bewys dat ek verband gevat het. Kry ek geen antwoord nie. Kan die lot my nie maar uit die land uit sit nie. Ek sal met die grootste plesier doen.

Hannatjie ·

Dis mos die wettige owerheid wat die grond vat by die boere, nou dan moet die wettige owerheid mos die verband betaal???

Jannie ·

Ek hou sommer nou op betaal want onteiening kom verseker.
Die bank kan sommer nou die eiendom vat en dan maar sommer by die regering hoor in wie se naam hulle dit moet registreer.

Rln_NZ ·

Ek dink julle moet almal julle verbandakte se fynskrif gaan lees… Ek was deur n saak by ABSA en dit was nie eers my huis nie… hulle kon tot my erfgename aangevat het as ek al dood is.
Ek is net baie dankbaar ek het niks wat gevat kan word nie.
My huis is gebou op n deel van n plaas wat op die 139 lys is. Hoeveel verbande is daar?
Dankie Vader hy is verkoop.

Hoc est bellum ·

Is dit die begin van die sogenaamde radikale ekonomiese transformasie? Ek neem aan dis ook ‘n sinoniem vir nasionalisering en diefstal.

Nita ·

Al die banke sal van dieselfde standpunt uitgaan as Nedbank. As jy nie jou lening betaal nie, sal die eiendom teruggeneem word en verkoop word op n veiling. Maar wie gaan nou die onteinde eiendomme koop. Die banke gaan groot skade ly. En daar gaan almal van ons se geld, wat in banke bele is, sodat ons van die rente kan leef. Hierdie onnosele besluit van grondonteiening sonder vergoeding gaan die land se hele ekonomie verwoes. Net soos in Zimbabwe. Maar die kommuniste gee nie om vir 20jaar se swaarkry nie. Solank alles net uiteindelik genasionaliseer kan word en almal ewe arm is. Behalwe die, met die diep sakke in die sogenaamde demokratiese regering.

Ryno ·

Kan iemand my reghelp? Soos ek verstaan, word die REGERING die regmatige titelhouer van die eiendom sodra hul dit avfat – dus moet HULLE die verband afbetaal, en nie ek….

Leslie ·

Mense. Ontspan. Die banke gaan hierdie useless regering vir die volgende 20 jaar so besig hou in die howe, en so sal die regering hulle planne laat vaar. Die regering het nie die geld om die banke te vergoed nie. Ek kan nie sien hoe n hof die bank kan beveel om af te skryf nie. Dan vernietig hulle die ekonomie. Ontspan!!

snoefie ·

Wat gaan hulle doen as ek ophou betaal? Die plaas terug vat? Dis dan elkgeval nie meer my plaas nie

Eke ·

soveer ek dit het as ju nie jou betaal nie vat bank hom terug so as jy nie jou plaas betaal nie moet bank hom terugvat lol by die wat hom by jou gevat het lol

Stan ·

Bogenoemde argumente moet aan die wêreld bank gerapporteer word!

RM ·

HA! Haal die Boer uit die formule uit en die hele ding val plat. Net so.

Amanda ·

Nee wat, Nedbank, rasistiese ABSA, Clicks en Spur sien my nooooit weer nie

Louis ·

Jy gaan nog altyd jou plaas op jou naam geregistreer he, al wat gaan verander is jy bly nog daar maar ander mense gaan dit bewerk, So die eiendom en alle verbande op dit gaan nog steeds jou verantwoordelikheid wees. Dit is hoekom daar debatte is oor als dat oom CR alle antwoorde van hoe hy dit will doen vanaf ons kan kry, dan doen hy als volgens die reg en ons met die gelag

Chris Ws ·

Die banke gaan biljoene verloor en hulle besef dit – ALMAL van hulle!Waarom reel hulle nie ‘n vergadering met die president en probeer vir hom uitspel watse gevaarlike spel hy besig is om te speel nie?Hy gaan die banke laat vou en ‘n burger oorlog ontketen maar dit skeel hom min.Hy moet onthou hier is BAIE meer boere in SA as wat daar in Zim was.Die gevolg van onteining gaan baie anders hier uitdraai vir die regering!

Eg Afrikaans ·

In my opinie vat hulle net ‘n kans en probeer die mense vang wat naief genoeg is en hoop maar almal is dom genoeg om aan te hou betaal aan iets wat nie meer hulle sin is nie. Hulle redeneer rondom hulle eie sterte.

Nikita ·

The large print giveth and the small print taketh away? Wel vergeet dit…net daar maak ek my beursie toe en stop om paaiement te betaal!! EWC (Economy Without Capital.) sterkte aan die …..bankies.

Willem ·

Maar kyk wie is deesdae die uitvoerende hoofde (CEO’s ) van banke, dan is dit mos nou nie ‘n verassing nie.

Boerseun ·

Wat julle nie besef nie is dat as almal ohou betaal gaan julle met n helse klomp bates sit wat julle nie sal kan verkoop kry nie. Dit beteken dat mense soos jy Molopyane gaan sonder werk sit want die banke gaan bankrot wees. So ook die reserwe bank wat geld aan die banke leen om vir ons te leen. Om te dink die verbruiker moet dit betaal wys hoe naief julle werklik is en hoe min julle weet wat julle doen.

Annette ·

Ek brand liewer my eiendom AF en dan sit ek en hulle altwee sonder NIKS. How does that work for you? En dan betaal ek ook nie meer my verband nie. So sue me.

ES ·

Die hartseerste is dat dit nie so maklik is om net te beweer jy gaan nie jou eiendom betaal nie. As jy die vermoë het om te betaal, maar jy weier, kan die bank jou dagvaar vir die agterstallige betalings. Daar moet ‘n hele nuwe wet gewysig word om hierdie probleem aan te spreek, want ek gaan ook nie betaal vir grond waarop iemand anders bly nie.

Barbara ·

Haha, hoe lekker lag ek nou, Nedbank vertel ons nog n grappie toe. So bly ek bank nie by julle nie en ek wens ek het n verband by julle gehad want julle sou nie n sent uit my gekry het nie.

Skinny Bob ·

As plase afgeneem word gaan die volgende gebeur:
Daar sal massa voedseltekort wees in Suid Afrika omdat geen verbouing plaasvind nie.
Banke is afhanklik van die inkomste wat die boere maak op hulle plase. Sonder plase kan geen inkomste gemaak word nie en banke nie betaal word nie. Dit sal lei tot ‘n ineenstorting van die banke en hiperinflasie.
Nongqawuse keer terug uit die graf uit,

bgj van der westhuizen ·

mense hulle het gese wat al die banke gaan doen en te bang is om te se wand die regering bank by hulle speel saam met die regering en al die banke weet dat as jou plaas gevat word gaan jy nie verder betaal nie

Antiestabliesment ·

Google “The Strawman Illusion” deur Thoman Anderson.

TrustNobody ·

Google “The Strawman Illusion” deur Thomas Anderson.

Dink julle regtig die banke het hul eie bates (geld) aan julle geleen om die eiendom te koop? Hulle het geld uit ‘niks’ geskep toe jy jou handtekening op die papier sit. Hulle gee daardie ‘geld uit niks’ aan die persoon wat verkoop en jy moet die bank terugbetaal wat hulle in die eerste plek nie eens gehad het nie, plus rente!!!

MAW, jou handtekening het ‘n paar miljoen rand geskep uit niks!

Net jou handtekening is genoeg om daardie rekening skoon te maak.

Trots Afrikaans ·

Die saak is verseker nie so eenvoudig soos wat die Nedbank ‘bestuurder’ wil deurgee nie. Ek kan nie glo iemand in ‘n bestuursposisie kan so ondeurdagte stelling kwytraak nie? Of die bank is onder die indruk alle blankes is imbisiele?

Gerhard ·

As die regering jou grond vat is jy nog steeds verantwoordelik om die lening wat jy gemaak het te betaal. Wat dink jy gebeur as jy grond koop en die waarde val so erg dat dit minder werd is as wat jy betaal het. Jy moet nog steeds die lening terugbetaal al is die grond niks werd nie. As die bank te erg benadeel word dan nasionaliseer die regering dit eenvoudig en skryf die geld af. Dit sal die ekonomie nadelig beïnvloed, maar dit kan ook gesê word van all die BEE en AA wat tot nou plaasgevind het en dit het hulle nog nooit gekeer nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dink tog ‘n bietjie. R5,30/liter genereer vir die regering R200 miljoen per dag……..en die padongelukke fonds is bankrot. 365 dae x R200 miljoen? R370 Biljoen? Hoeveel gaan 139 plase kos? Hulle GAAN jou eiendom vat, en vir die bank ‘n “offer” maak……met JOU geld nadat jy brandstof ingegooi het. Hulle is duidelik besig om daarvoor voor te berei….met JOU geld!!!

Cherokee ·

Die banke hoop hul kliente gaan dit glo en aanhou betaal. Mi is dit wat hul sê net so min werd as die briefie wat sê as jy iets op die rak breek sal jy betaal. Of soos die garage wat sê terwyl hulle jou kar diens is dit daar op jou eie risiko. Die bank het die geld verskaf met die grond as borg. As dit nie betaal word nie moet hulle die grond gaan terug neem.

Siek en sat ·

In so n geval verklaar ek myself insolvent. Daars nie n manier dat ek n ander javel se gerief van my plek gaan betaal terwyl hy afbreek en alles bemors nie. Ek sal nie n sent betaal nie.

die wit wolf ·

Die gevolge van uitgeslape RAMP-maphosa se ” kook die padda stadig taktiek” is dat radikale marxiste in alle posiesies van mag ingesit is, van die banke, die polisie en die weermag – net omdat dit gebeur het oor 24 jaar sit die blanke skielik, as n’ verstote in sy eie land , ontwapen , onteien en binnekort op straat, die wereldmagte agter die skerms is geduldig en speel skaak met ons toekoms – ons is aan die verloor kant…die blanke minderheid kan nie meer bekostig om hierdie bose anti-blanke regering met enige klein skuiwe teen ons te last wegkom nie, terwille van die jonger generasie! Staan op en veg terug op alle gebiede!!! Geen meer belasting van ons om hulle vergrype teen ons te finansier nie!

JoeV ·

Dink Nedbank maak ‘n foutjie daar. Die ooreenkoms is tussen die grond eienaar en die bank vir die grond en die verbeterings. As die staat die grond vat word hulle die eienaar, saam met Nedbank wat die verband hou. Die skade is dus beide die van die “wettige eienaar” en die bank. Die staat sal nog laat weet hoe beplan hulle om met die skuld te maak, Nedbank is wel ‘n BBBEE maatskapy, hoef dus nie bekommerd te wees oor die herverdeling nie.

Stuiwer ·

Dan moet die titelakte ook aan die “nuwe” eienaar oorgedra word, anders gaan jy die gelag betaal.

AG asb tog ·

AG NEDBANK DROOM VAN APPELSKILLE IN DIE MAANSKYN. Die lening word op jou EIENDOM uitgeneem, daarom word daar assessors uitgestuur om jou EIENDOM se waarde te kom betaal. ONS GAAN NET OPHOU BETAAL, julle kan dan maar doen wat julle wil . sue ons, doen wat jy wil, hoe gaan jy bewys ek besit nog die eiendom as dit AFGENEEM is? Die kaart en transport gaan dan mos oor na die NUWE EIENAAR dan nie? NEEWAT NEDBANK julle gaan vou …

Spogsog ·

Indien die bank so redeneer dan kan jy sekerlik jou huis verkoop sonder hulle toestemming.

Kom by!! ·

Die regering het al die banke se rekords van utstaande verband lenings op grond .. Dink julle hulle sal plase onteien waar daar n hoë uitstaande verband is? Dink nie so nie. Hulle vat net plase wat afbetaal is of geerf is van ons voorouers..

Casper Labuschagne ·

Dit is presies wat ek nog die heeltyd sê, terwyl soveel my uitgelag het as paniekerig. Nadat jy jou eiendom verloor het, sal jy ook nog bankrot verklaar word in die proses waar die bank skuld vereffen. Behalwe vir huisbewoners, is jou perseel ook nog die plek waar jy ‘n besigheid bedryf. Dus, onteien, bankrot en sonder ‘n besigheid kan die voorland wees vir baie. Deur onteiening sonder vergoeding kan die ekonomiese oorheersing asook mag van die wit minderheid feitlik oornag verwoes word. Wat verseker is, is dat die ANC halsstarrig vasklou aan die beginsel en noodsaaklikheid van onteiening sonder vergoeding.

NOODL ·

As julle die VOLEDIGE ding lees, was die vraag aan Nedbank of hulle as grondeienaars NOU betaling moet HALT tot die grondkwessie uitgeklaar is, en NIE NA DIT NIE.

jacoS ·

HAHAHAHAHHAHAHAHAHAHAHHAHAHAHHAHAHAHAHHAHAHAHAHHAHHAH Dink weer Nedbank…….

Douw ·

Dis met ‘n mate verbasing dat ek die kommentare lees… Almal is dit eens dat as jy my eiendom vat … jy nie verder betaling gaan kry nie… so simpel soos dit! Maar… en hier is die groot maar…. Dis nie net die banke wat te dom is om dit raak te sien; MAAAR ook ons ‘geliefde’ regering. Baie beskou CR as ‘n opgevoede en wakker persoon – – so hoekom kan hy nie raaksien wat ‘n standerd sessie (sonder wiskunde) kan uitwerk nie… VRA MAAR NET…

Stuiwer ·

……so hoekom kan hy nie raaksien wat ‘n standerd sessie (sonder wiskunde) kan uitwerk nie? Seker dieselfde rede waarom hy nie die fout in jou teks kan raaksien nie (dit moet mos lees: dis met ‘n mate VAN verbasing). Of hoe?

ChrisE ·

Bankwese en finansieële instellings soos versekeringsmaatskappye is ‘n ingewikkelde bedryf. Die eiendom wat die bank finansier “behoort” nooit aan jou totdat jy die laaste sent betaal het nie. Die banks se huisleningsafdeling (boek) word “verkoop”. Daar word dan met die “bate” op die effektebeurs gehandel. Die standvastige inkomste van die kliënt waarborg maw die handel op die beurs. Hou net op betaal en sien dan wie kruip uit hul gate uit om jou plek terug te vat of te verkoop. Ek ken die volle werking nie maar Google Securitasation. Dit lees soos ‘n riller. As jy nou al van witboordjie misdaad gehoor het, kul jou hier kul jou daar en siedaar. Nie net banke doen dit nie. Versekeringsmaatskappye is die ander lot. Koop bietjie ‘n aftree annüiteit en betaal dertig jaar aan dit. Jy het meer geld inbetaal as wat jy gaan uitkry.

Thersiia Krugel ·

Hahahahaha hoe lekker lag ek nou. Die oomblik wat my eiendom opgeeis word hou ek op betaal NEDBANK !!. Jy kan maar die res van my skuld kry by nuwe inwoners. Gelukkug druk ek net 1 knoppie en my geld is woerts warts uit my rekening uit so weet nie watter rekening julle gaan debiteer ?? Ek betaal nie vir iets wat ek nie van gebruik het nie.

Stuiwer ·

As dit is wat Nedbank se standpunt is, dan moet hulle verbandhouers toelaat om ‘n spesiale versekering uit te neem wat hulle beskerm sou hulle eiendom gevat word. Maar ons almal weet mos dit sal nooit gebeur nie, want dan verloor die bank al die pad.

Elmene ·

Almal van hulle HALLUSINEER!!!!!!! Vanaf die regering – EFF & Nedbank!!! Shame hulle gaan hulle WIT skrik as hulle wakker word!!! Hie-hie-hie

Henry60 ·

Ons hele ekonomie is gesteun op finansieele transaksies. As eiendomme bloot onteien word gaan/of kan niemand betaal nie. Rentekoerse styg eerste, inflasie gaan deur die dak en die rand word niks werd………… Alle kommersieele banke gaan beslis bankrot gaan, boerderye sluit hulle deure, einde van SA en ons almal…………….Geen sake sektor gaan dit kan oorleef nie…..Wonder hou gaan die lys van begunstigtes opgestel word wat eiendomme ontvang?

Afrikaanse Knaap ·

Kan nie lekker wees om in hierdie omgewing ‘n bank te wees nie. Die regering maak dit nie vir hulle maklik nie. Ek is egter seker Nedbank sal nie hierdie kat sonder handskoene aanpak nie.

AH ·

Ek kan nie dink dat daar één persoon is wat gaan aanhou om ‘n verband te betaal om vir ander mense ‘n blyplek te verskaf nie! Ek sal beslis nie. Hoe gaan hulle my dwing??? My in die tronk stop?? Hulle sal verseker ‘n klomp nuwe tronke moet bou – miskien op die onteiende grond…………………………

PLP ·

Ek verskil van die bank. My huis is op my naam maar is eers my eiendom as ek die bank klaar betaal het. So ook met my motor. As ek my eiendom wil verkoop dan moet ek die bank verwittig. As my plaas gevat is, is dit die bank se probleem. As ek in die verlede nie betaal het nie, dan het die bank my eiendom terug geneem en op n veiling verkoop, of hulle het die eiendom self gekoop. So hoekom nou n hand omkeer. As ek nie kan betaal nie vat die eiendom dan terug. Is mos julle eiendom.

Gerhard ·

Die eiendom word as sekuriteit gebruik om die geld wat JY skuld te verhaal. Sou die eiendom minder (of niks) werd wees is jy steeds verantwoordelik om die uitstaande skuld te betaal. As jy jou kar afskryf en die versekering betaal vir een of ander rede nie uit nie dan moet jy nog steeds die skuld betaal. Jy kan dus nie verby die verpligting om jou skuld te betaal kom nie. As jy nie sou betaal nie sal dieselfde gebeur as met enige persoon wat nie sy skuld betaal nie. Die ergste van als is dat jy op die selfde plek kan opeindig as hulle jou minder as markwaarde vir jou eiendom betaal. As jy onlangs eiendom gekoop het maak dit nie saak of jy niks kry of 10% van die waarde kry nie.

Boervrou ·

Ons bure op die plaas is “ander” mense. Hul Eskomkrag is al ongeveer 4 jaar afgesny. Aan die begin het hulle elke dag by ons kom water haal tot ons dit gestop het. Hulle het nou ‘n kragopwekker wat elke oggend loop. Hulle weiding is totaal opgevreet. Ons het aanvanklik toegelaat dat hul beeste en boerbokke op ons grond wei totdat hul ons landerye uitgevind het. Dis ook nou stopgesit. Hul verwag dat ons hul met alles moet help maar hulle bring nie hul kant nie. Ons moet net al die pad betaal vir die skade wat hul ons gee. Vandat CR die aankondiging gemaak het voel ons nou vere vir die bure. Hul moet nou self opsnork.

maplotter ·

Gaan banke die eiendomme terugvat en op openbare veilings verkoop teen markwaarde?

Penellope Jones ·

Ek het nou nie die kommentare gelees nie, maar kan iemand wat weet net sê as my plaas gevat word is ek dus werkloos en sal ek nie geld hê om geen skuld te diens nie, wat wil Nedbank dan maak. Net kundige antwoorde asseblief?

Tammy ·

Die bank het jou eiendom waardeer voor hulle die verband goed gekeur het. MAW die waarde van die plaas is gelykstaande of meer as jou verband. Sou jy nie verder betaal nie het die bank mos die plaas om te verkoop. Maar wie sal belangstel om n onteiende plaas te koop. Dit sal wees soos met die karre wat by die duisende opgehoop staan en hulle is almal terug gevat deur banke wat sukkel om weer van hulle ontslae te raak.

Lerato ·

Die onsekerheid oor OSV kniehalter die hele ekonomie.

Ek weet van n ou oom en tannie wat hulle plaas wil verkoop, maar niemand stel belang nie

Piet Pompies ·

So if we have stolen land and property then that means that all property transfer duties equally must be illegal payments to SARS! So SARS wIll need to pay back all transfer duties they have received from this stolen land and property! The fact that the government has for years accepted transfer duties as a tax on properties they themselves have legally transferred MUST BE PROOF THAT THESE PROPERTIES WERE LEGALLY TRANSFERRED and cannot be stolen property. If stolen then the deeds office and SARS are both accomplices to these crimes of theft and must be arrested for such and all monies paid back. This IS OUR STRONGEST WEAPON against these thieves that now want to steal property legally paid for which they transferred and have gained income from! STOP THIS LAND THEFT! Rise up South Africa we cannot stand for this land theft!!! Let us protect all our properties for all citizens and let us find solutions for of us to own land or urban title deeds.
With thanks to Art Krumey.

Bison ·

Ek het deur al die kommentare gelees en dit is opvallend dat almal soos kapitaliste dink en redeneer midde in ‘n kommunistiese bestel. Die gebrek aan kennis is betreurenswaardig en lei duidelik hier tot onherroepelike ondergang.

Jannie ·

Hoekom sal iemand dit wil koop?
As die verkeerde persoon dit nou koop word dit binne kort van hom weggeneem en in elk geval vir iemand anders gegee.

El ·

Eiendom word gevat, jy betaal nie meer nie, bank neem eiendom en sit op vendusie volgens reg, niemand koop nie, beleggers onttrek hul fondse by banke, banke sit met leë fonds rekeninge en speel bankrot want eiendom word net eenvoudig by hulle ook gevat.

Andre A ·

@Andre C, die oorspronklikke vraag aan Nedbank was moet die eienaars NOU stop met betaling tot daar sekerheid is oor die grond, en NIE na die tyd NIE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.