Nederland gee miljoene vir SA se Covid-19-stryd

Nederlandse vlag (Foto: analogicus/Pixabay)

Die Nederlandse regering het meer as R14 miljoen aan die Suid-Afrikaanse regering se Solidarity-fonds geskenk.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, het die besluit deur die Nederlandse regering om €750 000 te skenk, verwelkom en haar dank teenoor dié regering uitgespreek.

Ben Knapen, Nederland se minister van buitelandse sake, het dié besluit reeds in November aan Pandor gekommunikeer toe dié twee in Den Haag, Nederland, onmoet het.

Die Solidarity-fonds is op 23 Maart 2020 geskep en bied ʼn geleentheid sodat weldoeners geld kan skenk om Covid-19 en die gevolge daarvan in Suid-Afrika hok te slaan.

Pandor sê Nederland was tot dusver ʼn belangrike vennoot in Suid-Afrika se stryd teen Covid-19 en dat dié land een van die eerste lande is wat toetsstelle aan Suid-Afrika geskenk het. “Hulle is sedertdien baie konsekwent in hul ondersteuning,” het sy gesê.

Dit is nie bekend hoekom Nederland besluit het om die skenking te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Marius ·

Heeltemal toevallig dat Shell besig is om seismiese toetse by wildekus doen?

VaalDonkie ·

MakersMark gaan nou-nou kom verduidelik dat jy verkeerd is

Nozi ·

Oeeee, hoe opgewonde raak ons regering nou!!! Money, money, money, nothings funny. En oor 2 maande staan hul weer bakhand by ander lande, soek geld om ons te help met Covid-19. Hehehehehe!!!!

Gert ·

Tatta julle geldjies. Hierdie is ‘n bodemlose put. Kyk uit vir verdere “PPE-opdaterings”…

Hendrik ·

Logies dat daar so eenstemmigheid in die kommentare is. Uiteindelik is dit maar weer swartbemagtiging

Hendrik ·

En nou gee die regering 2 miljoen dosisse weg. So hulle het duidelik nie die skenking nodig nie. Sal maar sien wie ry nuwe karre, of daar gaan n anonieme skenker iewers opduik wat ANC Luthuli huis salarisse gaan betaal.

Skappie ·

Baie dankie aan Nederland. Hoop die geld word net reg benut, en nie net uitgedeel aan die verkeerde persone nie.

Anel ·

Daai geld gaan so vinnig verdwyn dit is nie eers snaaks nie. Kyk wat het van die ander geld geword wat in daardie fonds gestort is.

Misky ·

Pandor moet nie ons intelligensie onderskat nie en sy het weer bakhand gaan staan. Niemand “gee” sommer net miljoene uit die bloute nie. En daai geldjie is kleingeld teen die bedrae wat gemors is hier en kyk net hoeveel miljoene in die drein af met vervalde entings by die SANDF stoorplek.

Jack ·

Ai, die Hollanders wil maar net nie leer dat alles wat jy vir die ANC gee vermors sal word nie. Korrupsie vier nog steeds hoogty onder die kaders en die ANC is juis in ‘n groot geld verknorsing. kan glo nie hulle eie personeel se salarisse die laaste drie maande betaal nie ens ens. Hierdie 750 000 Euro gaan darem ‘n groot versoeking wees.

Theo ·

Hulle haat alles Europees maar verwelkom altyd die lekker geldjies wat hulle van hulle af kry

Di ·

Ja veral die BLANKES by wie hulle so gretig bakhand gaan staan met hulle skynheilige gesigte maar in SA word daar TEEN ons blankes gediskirimineer

Thom ·

MM het nie probleme met negatiwiteit indien dit van verregs af kom nie.

MakersMark ·

Of die onophoudelike valse informasie wat die spul AVr’s versprei. Dit word elke liewe dag geplaas. Maar laat iemand iets teen dit sê dan word die kommentaar verwyder. Lyk my daar is dalk simpatie….

Johan ·

Ag kom nou, is julle mediese mense regtig so naïef. Dalk moet julle bietjie uitkom. Die ANC steel hulle skat ryk, en julle sê mense is net “negatief”…regtig.

Alfred E Neuman ·

Natuurlik is daar simpatie. Dis duidelik soos daglig.

Manie ·

Wat van die honger en werklose mense. Flip covid . Laat die natuur sy gang gaan. Die geld sal net help om meer te lieg oor die statistieke. Wat in elk geval n bol tjom is.

Hennie ·

Die ANC swape gaan lekker Kersfees hou met daai kleingeld! Nederlands regering is n spul wit mamparras!

Nie Verbaas ·

En die geld sal soos mis voor die son verdwyn. Lekker Kers inkopies vir die korruptes.

Johan ·

Die nageslagte van Jan Van Riebeeck is slegte mense,nie waar nie ANC???

Yvonne ·

Kry die Nederlanders nie nuus berigte by hulle nie…..o wee my…..daar is mense wat wat hande klap

Waarnemer ·

WOW!!!Die Ramaphosas,Celes,Pandoras,Zumas en hulle tjomme gaan almal n heerlike kersfees tyd geniet by die see op Nederlandse onkoste.Geskenke vir Afrika en blink nuwe motors vir almal.Geseende Kersfees!!!!

Di ·

Snaaks dat Nederland, wat meestal uit blankes bestaan, geld skenk vir SA terwyl daar teen ons blankes hier gediskirimineer word.

anniekiewiet ·

Ek wonder of hierdie afduimpie mense ons siniese plasings verkeerd sal probeer bewys.

Samuel ·

Die besluit om die skenking te doen, het seker gevolg op ‘n bakhand van een van die ministers wat slagoffer mentaliteit openbaar het.
Hoeveel van die R14 miljoen gaan in Solidariteitsfonds se bankrekening beland nadat die kaders geskep het?? Lekker kersgeskenk.

Astrain ·

Dis wel bekend dat SHELL ‘n Nederlandse konneksie het…Our headquarters are in The Hague, the Netherlands, and our Chief Executive Officer is Ben van Beurden. The parent company of the Shell group is Royal Dutch Shell plc, which is incorporated in England and Wales. Ruik niemand ook nog ‘n rot nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.