Nederlandse politici het ernstige vrae oor SA

Nederlandse vlag (Foto: analogicus/Pixabay)

Drie Nederlandse parlementslede het in ʼn reeks vrae aan die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, opnuut hul kommer uitgespreek oor aanvalle op plase en die ANC-regering se beplande grondonteiening sonder vergoeding.

Dit volg nadat die Nederlandse parlement verlede jaar ʼn mosie teen grondonteiening sonder vergoeding aanvaar het. Volgens dié mosie moes minister Blok Nederland se veroordeling van hierdie beleid aan die Suid-Afrikaanse regering oordra.

Die Solidariteit Beweging is die afgelope twee jaar aktief besig om regerings in Europa te versoek om meer druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, is die 12 vrae verlede week deur twee parlementslede van die sentristiese Christen-Democratisch Appèl (CDA), Martijn van Helvert en Jaco Geurts, en die leier van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), Kees van der Staaij, aan minister Blok gerig. Verlede jaar se mosie is deur die CDA en SGP ingedien en is ook deur premier Mark Rutte se regerende party, die Volkspartij voor Vrijheid en Demokratie (VVD), sowel as die ChristenUnie, 50Plus, Forum voor Demokratie en die Partij voor de Vrijheid (PVV) ondersteun.

In die vrae wat aan minister Blok gerig is, wil die drie parlementslede duidelikheid hê oor die Nederlandse regering se skakeling met pres. Ramaphosa oor plaasmoorde en grondonteiening. Hulle vra die minister ook om dit te oorweeg om plaasaanvalle by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te meld.

Volgens Kleynhans is daar steun vir ʼn goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland onder ʼn meerderheid van Nederlandse politici. “Tydens my ses besoeke aan Nederland die afgelope 18 maande en in gesprekke met politici oor die hele politieke spektrum heen is dit duidelik dat Nederlandse politici en sakelui graag die sterk verhouding tussen die twee lande wil voortsit en selfs verder wil uitbrei, maar dat daar ernstige kommer oor regeringsverval, korrupsie, veiligheid (insluitende plaasaanvalle) en eiendomsreg bestaan. Verskeie Nederlandse maatskappye doen sake in Suid-Afrika en oorweeg verdere uitbreiding hier, maar die beplande grondonteiening sonder vergoeding sal sulke investering in die wiele ry,” het Kleynhans bygevoeg.

“Ons boodskap aan politici in twaalf lande in Europa met wie ons die afgelope tyd geskakel het, is dat ernstige druk op die Suid-Afrikaanse regering uitgeoefen moet word.”

Die Solidariteit Beweging is ook besig om steun by partye in die Europese Parlement te werf in die hoop dat die Europese Unie standpunt sal inneem oor die situasie in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jaco ·

Baie goed. Daar moet meer vrae gevrae word oor wat aangaan hier. Een of ander tyd gaan daar op die regte knoppie gedruk word.

Stefan ·

Volgens my is hy lankal dood, vra liewer waar is Klaas de Jonge nou, sekerlik nie nog in die ambassade weggekruip nie?

wim ·

Weet nie van Piet Hein nie, maar Jan van Galen wat die Britse vloot verslaan het, rus onder die Grote Katedraal in Amsterdam en van sy nasate is nog spring lewend in Suid Afrika

Grassie ·

Sarel – Piet Hein was ‘n Nederlandse vlootadmiraal wat beroemdheid verwerf het toe hy in 1628 die Spaanse “Silveren Vloot” aangeval en vernietig het. Jy dink seker aan Peter Hain, ‘n Maksistiese aktivis wat vanuit London een van die giftigste teenstanders van die wit regering was. Die Britse koningin het hom ,n “sir” gemaak as beloning vir sy stryd teen ons.

Stefan ·

Ja, skrik maar wakker.
Ek hoop dat hulle nou met dieselfde ywer as destyds teen apartheid gaan optree.
Dis as gevolg van julle aandrang en sanksies dat ons nou met hierdie ‘verteenwoordigende’ regering sit.
Maar die anc sal gou sè: moenie met ons interne beleid bemoei nie.

Karel Kobus Kruger ·

Stefan, ek het oor die algemeen ook nie veel ooghare vir Europeërs nie. Onthou egter dat darem nie almal van hulle liberaal is nie. En die huidige politici is ook nie die naïewes wat destyds so verlief was op die anc nie.

ES ·

Sal dit nie net ironies wees as die buiteland sanksies teen die huidige regering sit vir wie hul destyds so jammer gekry het nie?

Kanjynoumeer ·

Beweging na die 30 ankerdorpe soos uitgewys in Flip Buys se boek Selfbestuur anderkant Staatsverval. Ankerdorpe waar meer Afrikaners gevestig is. Yl verspreiding van Afrikaners is n wesenlike massiewe probleem.
Ek is nie so seker dat die huidige regering hulle gaan laat voorskryf nie.

Hendrik ·

Nee wat geen probleem. Die idee dat jy by die ANC moet toestemming vra vir alles is deel van hulle kommunistiese onderdrukkings beleid. Niemand kan jou keer om na ankerdorpe te trek nie en ek bly al in http://www.Kleinfontein.net al vir 10 jaar saam met 1600 ander mense, in 500 huise net buite Pretoria. Selfbestuur is nie maklik nie maar is nodig en baie mense moet nog die kopswaai doen.

Die Goodwoodianer ·

My gevoelens rakende dit is ietwat gemeng. Hoe identifiseer mens die “regte” ankerdorp(e) om na te trek / aan te hou bly… en hoekom vlug?

Ek woon my lewe lank in ñ gebied wat vreeslik ordentlik en veilig was. Raai. Na 1994 het al meer van ons mense begin wegtrek na nuwe uitbreidings, ñ spesifieke gebied by die “Kaapse Boerewors-gordyn” se naam staan duidelik voor my.

Pleks daarvan dat hierdie mense aanhou bly het in ons gebied en dit beskerm, het almal soos hase laat spaander en “beskerm” tans die gebied waarna hulle heen gevlug het. Kan nie aan ñ beter term as ‘tweegesig-lafaards’ dink nie.

Natuurlik, soos wat mense uit die “ouer” gebied getrek het, het dinge verander. Pleks daarvan om ñ sterk gebied sterk te hou, wil mense mos trek na die nuwe “lah-dee-dah” toe en vergeet heeltemal dat daar waar hulle vanaf getrek het ook eens ñ nuwe uitbreiding was. Geskiedenis gaan homself herhaal en vandaar gaan mense wegtrek na nuwe uitbreidings in ander gebiede. En so kom vervalling.

Grassie ·

Die Kase het gedurende die vorige regering se tyd die ANC heelhartig gesteun en wêreldwyd teen ons gif gesaai. Hulle het onder andere baie groot bydraes gemaak aan die “Defencs and Aid Fund”, die ANC se oorflogfonds. Dit beteken dat hulle Afrikanerbloed aan hul hande het. Ek wonder waarom hulle nou so kamma besorg is oor ons welstand, hulle het mos gehelp om ons voortbestaan, ons taal, ons menswees, in die stof in te trap.

Martie Smartie ·

Ja nee nou het hulle ‘n mondvol maar raai wie was voor in die koor om die ANC in beheer te kry?

LiveAndLetLive ·

Hopenlik kyk hulle ook baie diep na Malema en sy EFF volgelinge se aanhitsing en dwing ANC om hulle te ontplooi – Malema en EFF se aanhitsing vir moord op blankes was al in 2010 en 2012 toe hy skuldig gevind is vir haat spraak nie meer aanvaarbaar nie, hoekom dit nog toegelaat word is n groot rooi lig m.b.t tot die ANC wat duidelik niks daaraan doen nie.
Dit maak glad nie sin dat Malema wegkom met haatspraak in Suid-Afrika wat n wet daarteen ingestel het nie???

Jan ·

Bla bla praat praat oorweeg oorweeg…. Holland moet toelaat dat ons blankes wat oorheersend van Nederlandse afkoms is, weer sonder te veel red tape terugkeer na ons vaders lande – hulle skuld dat JVR hier aangeland het en hier gevestig het. Nou wil hulle niks met ons te doen hê nie. Engeland het baie van sy mense in die kolonies toegelaat om terug te gaan Engeland as burgers toe daar moeilikheid was, bv Rhodesie

Luister ·

Snaaks, Engeland doen dit nie meer nie! Behalwe as hulle nie bewus is van die moeilikheid waarin ons nou is nie…

ES ·

Die kanse dat hulle ons sal terugvat is minder as 0.

Daar is ‘n rede hoekom Afrikaners eerder Nieu Seeland of Australië to immigreer. Ons sal nie maklik aanpas by die Nederlandse kultuur nie. Dit is nie dieselfde as Afrikaans nie. En as jy gelukkig genoeg is om in Nederland te kan inkom, moet jy die taal vlot praat en die kultuur ken.

Ongelukkig as jy as Nederlandse burger jou vir langer as 6 maande in die buiteland vestig, verloor jy jou burgerskap outomaties. Hulle het net onder 1% werkloosheidsyfer en laat nie immigrante sommer toe nie.

Dit is ook nie Nederland se skuld dat JVR hierheen gekom het nie. Hy het vir die OVC gewerk (in sy private hoedanigheid) en sy reis na die Kaap was ‘n besigheidstransaksie.

Suzette ·

Dis hoog tyd dat vrae gevra moet word oor wat in SA aangaan – dit moes eintlik al verby vrae gewees het en by OPTREDE gewees het!!
Oorsese lande was vinnig om op te tree tydens apartheid en noudat dit omgekeerde apartheid is word voete gesleep…..

4ntj13 ·

Met dit en ook die regering se lamsakkige “betrokkenheid” by die ISIS-aanvalle in Mosambiek, is dit tyd om ernstige vrae internasionaal te vra oor hul houding teenoor ʼn groot proporsie van die wêreld. Ons weet dis zenofobies teenoor almal van die Kaukasiese ras.

Jakes ·

Dit is redelik algemene kennis dat alles wat hier in SA gebeur al n geruime tyd wereldwyd verkondig word. Die goeie werk wat Solidariteit hiermee van stapel stuur word verder bevorder deur oud suidafrikaners wat mense in verskillende lande bewus maak op verskeie mediaplatforms rakende SA se agteruitgang sedert 1994. Net soos die ANC voor 1994 SA se naam wereldwyd beswadder het met propaganda, net so verdien hulle dieselfde medisyne, Geen wonder dat SA oppad is na n mislukte staat.

ES ·

Nederland het ongelukkig nie so baie besigheidswortels hier soos ander lande nie.

Ongelukkig gee die buiteland nie so veel om soos wat hulle voorgee nie. As ons soos vlugtelinge op die drumpel van hul deur was, dan sou ons positiewe aksie gesien het vanaf die buiteland.

Ons is op ons eie, en ons gaan self moet sien kom klaar, net soos ons 200+ jaar terug moes doen teen die Engelse.

Hector ·

Sedert my eerste toer deur SA, het ek ‘n vriend van die Boere geword én gebly. Orals en met almal het ek Afrikaans gesels, selfs in die baie verengelste Kwazoeloe-Natal. En glo my, daar is geen plek op aarde waar die Boere (met hoofletter) so baie vriende het soos in VLAANDERE, die noordelike deel van belgië, die klein landjie by die Noordsee! Ook in die Vlaamse Parlement het LP’s reeds die plaasmoorde aan die orde gestel!

Bart-Man ·

Eendag gaan die ANC en EFF op Wikipedia se lys verskyn onder: Crimes against humanity.

Lian ·

Hoe nou ? Het hulle nie die ANC ruimhartig ondersteun en ons in hierdie genors gedompel nie ? Ek meen selfs die kulturele bande met ons is opgeskort , hulle het heerlik saam met pres Mandela partytjie gehou ? Ek dink hulle “patronize” ons maar net . ‘n Jakkals verander nie van streke nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.