Nederlandse politikus vra ingryping by SA se plaasveiligheid

Martijn van Helvert. (Foto: Wikipedia)

ʼn Lid van die Nederlandse parlement vra vir ʼn internasionale ondersoek na die “moorde, marteling en onteiening” van Suid-Afrikaanse boere.

Martijn van Helvert, ʼn lid van die Christen-Demokratiese Appèl (CDA), het Woensdag in ʼn videoboodskap gesê die Suid-Afrikaanse regering doen min om die veiligheid van boere hier te verbeter.

Die CDA is deel van Nederland se regerende koalisie en Van Helvert word as ʼn gerespekteerde politikus beskou.

Hy het aan Maroela Media gesê sommige verregses gebruik egter die kwessie van plaasveiligheid om hulle eie rassistiese agenda te bevorder, wat beteken dat gematigde politici om dié rede vermoedelik huiwerig is om hulle sterk oor die kwessie uit te spreek.

Van Helvert sê dit vererger dus die situasie vir boere.

“Daarom pleit ek vir ʼn internasionale ondersoek, deur byvoorbeeld die VN, na die moorde, marteling en onteiening van wit boere in Suid-Afrika,” sê hy.

Van Helvert, ook ʼn kampvegter vir menseregte, het gesê dit is “belangrik dat ander oë ook die probleem dophou”.

“Ek stel voor dat kenners van die VN Suid-Afrika besoek en self uitvind wat aangaan. Hulle kan met boere en die regering en betrokke organisasies praat, ʼn verslag saamstel en dit aan die VN oorhandig. Hulle kan in die verslag voorstelle doen oor wat gedoen kan word om Suid-Afrika te help om die probleem te pak,” het Van Helvert gesê.

“Na my mening lyk dit nie of Suid-Afrika die probleem meer alleen kan hanteer nie. Niks word gedoen nie. Suid-Afrika het hulp nodig om die probleem op te los.”

Hy sê ook as verskeie lande sáám aan Suid-Afrika sê dat hulle kennis neem van die vlaag misdaad in landelike gebiede, dit moontlik tot daadwerklike optrede kan lei.

Van Helvert het die Nederlandse parlement dus gevra om die kwessie nie net op bilaterale vlak nie, maar ook op multilaterale platforms, byvoorbeeld by die Europese Unie, te opper.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit-beweging, sê die organisasie het Van Helvert vroeër vanjaar ontmoet en verskeie kwessies, waaronder ook plaasveiligheid, met hom bespreek.

Van Helvert het sowat twee jaar gelede ook geskrewe vrae aan Nederland se minister van buitelandse sake gestel oor die kwessie van plaasveiligheid in Suid-Afrika en het die saak nou weer geopper.

Kleynhans sê Nederland en Suid-Afrika het sterk sakebande, asook ʼn historiese verbintenis. Minstens twee Nederlandse boere is die afgelope paar jaar op plase hier vermoor en talle Nederlandse maatskappye het ʼn Suid-Afrikaanse teenwoordigheid, het Kleynhans gesê.

“Ek verwag dat ʼn konstruktiewe proses hierop gaan volg. Die Nederlandse regering kan druk plaas op die Suid-Afrikaanse regering om vrae hieroor te beantwoord. Dit is ook vir Nederland van belang dat die saak hanteer word,” sê Kleynhans.

“Ek dink die punt wat Nederlandse politici wil maak, is dat die Nederlandse regering met die Suid-Afrikaanse regering in gesprek moet tree oor landelike veiligheid.”

Kleynhans sê misdaad is ʼn probleem in die hele Suid-Afrika, allermins net op die platteland of op plase, maar dat landelike en stedelike oplossings vir misdaad beduidend verskil. Hy sê landelike veiligheid is ʼn eiesoortige kwessie wat nié soos enige ander misdaad gepak kan word nie.

Hy sê ook Suid-Afrika kan nie bekostig dat die landboubedryf, vir watter rede ook al, verder in gevaar gestel word nie.

Kleynhans sê Solidariteit het op plaaslike vlak al male sonder tal die belang van landelike veiligheid onder die owerhede se aandag probeer bring, hetsy deur gesprekke met die polisiehoof of regeringslui. “Die regering het steeds nie daarvan ʼn prioriteitsmisdaad gemaak nie.

“As plaaslike remedies uitgeput is, internasionaliseer jy ʼn saak,” het Kleynhans gesê.

Moorden, martelen en onteigenen van #blanke #boeren in #ZuidAfrika gaat gewoon door. Internationaal onderzoek is nodig.

Posted by Martijn van Helvert on Tuesday, 2 July 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Pensioenaris ·

Dankie tog dat iemand in die buite wêreld se oë oopgegaan het! Hopelik sal daar nou aandag aan die probleem gegee word. Lyk regtig nie of ons regering enigsins belangstel in enige van ons versoeke nie.

Hector van Oevelen ·

Net om te sè Martijn is beslis nie die eerste politicus van oorsee wat die Boere-volkemoord op die proppe bring. In Vlaandere het die Vlaamse Belang, wat op 26 Mei die groot wenner van die verkiesings was (van 5 na 18 % !) baie lankal die plaasmoorde onder die Europese Unie se aandag gebring, asook in die belgiese en Vlaamse parlement. Net jammer dat hierdie vriende van die Afrikaner volk word geteiken as “verregses”, terwyl hulle net ‘n stem van gesonde verstand en reaalpolitiek laat hoor.

Peter Murray ·

Dankie Hector!!!
Dankie dat jy dit hier noem!
Baie mense – vriende en vyande – dink die son kom nou vir die eerste keer op!
Ek veg al van 1988 af vir ons volk in Europa.
En ek en vriend Hector het mekaar al in 2006 (14 April) op n openbare vergadering in Antwerpen ontmoet. Toe reeds – was Blaams Blok en Vlaams Belang – se verbintenis met Suid-Afrika OU NUUS.
Maar die linkse media het geweier om een enkele woord daaroor te spreek.
Ek het vir 20 jaar lank n rubriek in n Vlaamse koerant behartig, nadat die eienaar my al in 1988 genader het.
Menige leser, in Vlaanderen en in Nederland, het gesê/gevra:”Maar waarom het ons dan nog nooit hiervan gehoor nie? Waarom lees mens dit nie in ons koerante in Europa nie?”
Toe skryf ek terug:”Hier in Suid-Afrika verswyg die media en die politici dit ook. Hulle is bang vir die waarheid. Enigiets wat vir die ANC ‘n verleentheid sal wees, mag nie gepubliseer word nie, is daar gesê.
Ek en Hector Oevelen het die publiek goed ingelig, maar die linkses wou dit dood smoor.

D Meyer ·

Die gety is hopelik besig om te draai, maar ek vind steeds Denemarke se stilswye na die Zindzi Mandela rassistiese uitsprake as n skreiende skande. Elke individu het ook n plig om bietjie navorsing te doen en deur middel van internasionale skakeling meer en meer mense bewus van die probleem te maak.

GP ·

Nog n tree in die regte rigting. Baie dankbaar vir die maar ek dink daar moet meer beywer word om geleenthede te skep vir ons om hier weg te kom.

Manie van Worcester ·

As die wereld eers weet sal ons kan vlugtelinge word ook onthou

Mp ·

Met Ander woorde GP jy wil lekker buiteland toe op n ander se onkoste. “Die buiteland” is overrated. Ek is n Suid Afrikaner

GP ·

Nee MP ek noem nerens hulle moet vir my betaal nie. Permanente verblyf goed genoeg. Ek het baie kenisse en familie in die buiteland, baie beter daar. Hul sal nie eers terug kom na die hool vir ‘n begrafnis nie.

Logika ·

Let asb almal mooi op na wat hy sê ivm verregses.

Ek kan ook vir julle aandui dat sekere verregse organisasies deur ANC agente geskep is om ons saak te diskrediteer.

As ‘n persoon voorheen ‘n Dakar-ganger of lid van die ANC was, en nou verregs is, is die persoon waarskynlik so ‘n agent.

Wees asseblief wakker.

Christa ·

Prys die Here. Daar is nog mense wat sien wat in SA aangaan. Iewers Sal uitkoms vandaan Kom. Die Here Sal n deur oopmaak .

ZAR ·

Dankie Martijn, die grootste gesukkel is om erkenning te kry van plaasaanvalle juis oor dit met witmense gebeur. Dus is dit polities inkorrek is om te verwys na witmense wat swaar kry.
Maar ek glo dat meer mense soos jy nou hul voet in die deur sal sit.

Jandre ·

Met alle respect. Als Nederlander, ga ik liefs voor Thiery Baudet van F.V.D. Deze man is een Volks Held zeg. Ik had zelf, voor enkel jaren, berichten gestuurd nar het NL Parlement. Over moord incidenten op Boeren en blanken in het algemeen. Het heeft wel geduurd alvorens ze publiekelijk erop regeerde. Niettemin, een kwestie van “beter laat dan nooit”. Zal wel.

Andreas ·

Ek pink n traan om jou te lees vir jou wie Afrikaans nie moerdetaal is nie, dalk wel, maar dan dra jy die belang van wat hier gebeur op die hart. Mag ander daaruit put, maar ons moet nie daarop reken nie.

Peter Murray ·

Daar kan Suid-Afrikaners nou self lees wat n Nederlander se ervaring was.
Die Nederlanders is bewus van plaasmoorde, maar linkse politici en media wil nie hê dat die publiek die waarheid moet hoor nie.
Minister Dr Franz Timmermans het in die Tweede Kamer verklaar dat hy die wit boere nie sal help nie. “Hulle verdien dit om vermoor te word”, het hy in die Tweede Kamer gesê.

Johan ·

Beste Jandre,

As individuele Afrikaner, deeglik bewus van my Nederlandse herkoms, laat jou woorde my met ‘n gevoel dat die “Kaap weer Hollands” is!

Nederlandse steun vir die saak van Afrikaners, maar ook ons ander landgenote, is vir my simbolies van ontsettende waarde.

Die Kaap sal miskien nooit weer Hollands wees nie, maar ek is sowaar bly dit wás. Ons het ons unieke bestaan daaraan te danke.

Aan jou en elke Nederlander wat optrede teen die wreedheid en swaarkry van so baie van ons mense by julle regering bepleit, my opregte dank.

Groete,

Johan, uit Pretoria

George in Bloem ·

My jinne reken nou net.Die ou sit in Nederland en hy is meer op hoogte met wat aangaan in ons land as ons sienende blinde en hoorende dowe sogenaamde president. Raar maar waar.Wakker word Cyril,jou koffie raak koud ou grote

Manie van Worcester ·

Een probleem, sg president is nie groot, hys n nul binne in n nul. weet jou grote is by wyse van spreke danksy Z Jansen maar die goedgelowiges verstaan dit altyd verkeerd

Pieter ·

Die blanke volk moet wakker skrik al wat ons kan doen is praat en praat as daar een ding is wat ons nie kan doen nie dan is dit om nie saam te staan nie dit is hartseer

Adam ·

Edele gedagte maar ongelukkig sal dit ook ‘n muis baar. Die verwysings na verregses wat ‘n eie rassistiese agenda dryf, staaf my stelling. Nederland was al die jare die ANC baie simpatiek gesind en gaan gewis nie nou ‘n omkeer maak nie. Daar was nou al by ‘n paar geleenthede gepoog om ons stryd om oorlewing onder die VSA en Europa se aandag te bring en die probleem te “internasionaliseer” en alhoewel ons ‘n simpatieke oor kry is daar nie iemand wat namens ons gaan baklei nie. Die knaap is ook maar ‘n politikus, net soos die Australianer en Amerikaners, wat ook na die onderwerp verwys het en indien ons realisties is, sal ons weet dit gaan by woorde bly.

Manie van Worcester ·

Adam, dis minstens al meer as een wat vir ons praat, die kans is altyd daar dat dit meer kan raak, wees maar dankbaar daarvoor en hoop. Moet net nie negatief wees oor moontlike resultate, dit kan gouer kom as wat jy dink

Therese van Schalkwyk ·

Adam, jy is reg oor die verwysing na die verregses wat allermins bemoedigend is.
Van Nederland moet ‘n mens uiteraard nie veel verwag nie.

Wat die Australiese minister, Peter Dutton, betref, net dit:
Dutton was oop en eerlik oor sy kommer oor SA boere, maar het nie genoeg ondersteuning van sy linksgesinde kollegas gekry nie.
Die reaksie uit Suid-Afrika was ook, om die minste te sê, teleurstellend.
Iets soos, dankie vir die belangstelling, maar nee dankie.

Johan ·

Adam, die Nederlandse regering was nie so seer die ANC goed gesind omdat hulle so oulik is. Hulle het maar net ‘n afkeer gehad aan ons walglike rasse beleid wat so veel van die haat, wat mense tot vandag toe tot misdaad aansit, veroorsaak het. Hulle het maar net instansies en partye wat aan hierdie beleid ‘n einde wou maak, ondersteun ! Vandaag wil hierdie Nederlander weer veg teen onreg (plaasaanvalle/misdaad). Kom wees hulle dankbaar hier voor.

Logika ·

Dit het dekades gevat vir die ANC se buitelandse aksies om genoeg kritiese massa op te bou, en jy wil na ‘n enkele paar jaar sommer tou opgooi?

Soos Churchill gesê het: “Now this is not the end. It is not even the beginning of the end. But it is, perhaps, the end of the beginning.”

Adam ·

Manie, Johan en Logika, lees gerus Peter Murray se kommentaar re Dr Timmermans wat van oordeel is blanke boere verdien om vermoor te word. Glo my, ek was nog nooit gesien as polities konserwatief nie, maar ek is ‘n realis. Ons het geen,maar geen kans, dat die buiteland ons as ‘n minderheidsgroep te hulp sal snel nie. Kan jy vir een oomblik jou voorstel dat die buiteland SA sou aanvat oor apartheid as die blankes ‘n meerderheid gewees het ? Het julle ooit gesien dat die buiteland ‘n daadwerklike poging aangewend het om Zimbabwe boere te help?

Dankie Martijn! ·

Dankie Martijn, ons bid dat die VN dit ter harte sal neem. Ons blankes is ver in die minderheid maar nogtans is my hoop op ons Groot en Almagtige God, wat die onmoontlike kan doen.

Dirk ·

Desperate mense gryp na elke liewe ou strooihalmpie wat na hulle uitgehou word ten einde tog asseblief net aan te hou om sekere organisasies se heil te besing in n poging om hulle mislukkings te probeer verdoesel. Dit raak al net so belaglik soos die vrou wat die kind aangespoor het om water af te slaan op n DSTV. Erken eerder die mislukkings, ruk die organisasies in die bek sodat hulle daaruit kan leer en hou op om mislukkings te probeer verdoesel deur na strooihalms te gryp asof dit nou n helse groot prestasie is!

Hanna Hoekom ·

Kan Nederland ons nie maar help om onsself daar te gaan hervestig nie? Was onlangs in Amsterdam en Haarlem: lieflik, veilig en skoon!

Ben ·

Dankie ons waardeer dit. As Suid Afrika se boeregemeenskap uitgeroei is beteken dit dat die UN die hele Afrika van voedsel moet voorsien. Hoop hulle het geld hiervoor. Dit beteken dat die Hele Afrika a “Failed Continent” is.

piet piet ·

Wat was dan verkeerd om te vra vir druk op die regering oor diskriminerende wetgewing teen die wit meerderheid.

Rina Kotze ·

Hanna Hoekom, dit is ‘n baie goeie idee, baie van ons voorvaders kom hoeka van Nederland af.! Ons sal nie sukkel om aan te pas nie!!!

Jeanne ·

dis hoog tyd! Engeland en Frankryk behoort dit ook te doen. Ons is immers van Europese setlaars afstammelinge!

Piet Brand ·

Agenda 21. Soek dit self op. Daar is nuwer mutasies van dié plan ook op die boeke. Hulle wil getalle verminder, nie vermeerder nie.

aj ·

Bewapen en verdedig jou self!

Niemand anders gaan jou beskerm nie.

Dis nou OORLOG!

Dirk van der Merwe ·

Hoe ironies tog dat dit ‘n Hollander vat om dit weer onder ander se aandag te bring. Juis omdat die saak reeds, soos elders hier berig, al JARE gelede deur baie ander mense probeer bevorder is ,maar onder die mat gevee is. Ironies ook dat so menige van die Nederlandse mense nog steeds glo dat die Blanke in SA hierdie behandeling verdien a.g. v. ons historiese apartheids beleid. Ek weet dit , want ek is gereeld met diesulkes in gesprek om ons kant te stel. Ek kry soveel negatiewe reaksie, dat ek soms voel om handdoek in te gooi. Een FB (gewese) vriend van Nederland, ene Hans Fohr, het my blatant as leuenaar uitgekryt en toegevoeg dat ons maar net kla omdat ons “nie meer beheer oor die gekleurdes het nie!” En laastens , ironies ook dat Nederland destyds met die Grensoorlog een van die grootste ondersteuners was van ons vyand – daarvan het ons gereeld bewyse opgetel in terroriste kampe – van kos tot klere. Maar nou ja.een swaeltjie gaan nie die Somer maak nie…nie DIE keer nie..!

Bess Bogaards ·

Ons Almagtige God het ons met ñ deel na die suidpunt van Afrika gestuur, Hy sal nooit dat ons kosbaar land van ons gevat word nie, MITS ons op ons knieë bly en bely dat Hy ons Enigste Verlosser is!!!

Marlies van der Linde ·

Beste Dhr Martijn v Helvert,

Wij zijn zeer blij met deze erkenning richting Zuid-Afrika!!!
Wij hopen dat er op deze manier echt aandacht besteed word aan deze gruwelijke daden!!!
Wij als nederlandse familie vinden het moeilijk om dit nieuws bij u in den Haag te brengen, daarom onze dankbaarheid met u aandacht hiervoor!
We hopen hier meer van te horen in het nederlandse nieuws zodat we allen de aandacht hiervoor krijgen, zodat daadwerkelijk de problemen aangepakt zullen worden!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.