Nederlandse regering vra vrae oor grondonteiening

Argieffoto: Reint Dykema

Stef Blok, die Nederlandse minister van buitelandse sake, het die Suid-Afrikaanse regering versoek om meer inligting te verskaf oor die beplande wysiging van die Suid-Afrikaanse Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat. Blok het dié versoek glo aan Naledi Pandor, die minister van buitelandse sake, gerig.

Dié versoek volg nadat die Nederlandse parlement sowat ses maande gelede sy kommer oor die beplande grondonteiening sonder vergoeding uitgespreek het.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, sê die Beweging het verlede jaar met ses politieke partye in die Nederlandse parlement samesprekings oor die beplande veranderinge aan die Grondwet gevoer. “Ons skakel voordurend met Nederlandse politici om te verseker dat hul regering druk op die Suid-Afrikaanse regering oor dié aangeleentheid uitoefen.”

Kleynhans sê hulle het ook in November die Europese Parlement in Straatsburg besoek en met 14 politieke partye van sewe Europese lande samesprekings gevoer.

“Die Suid-Afrikaanse regering voer ʼn paai-en-misleidingsveldtog in die buiteland om belangrike handelsvennote gerus te stel oor die beplande grondwetwysigings,” sê Kleynhans.

Die Beweging is reeds besig om nog parlemente in Europese lande te nader om ook in dié lande mosies teen die beplande wysigings te inisieer. Die burgerregteorganisasie AfriForum besoek die VSA later vandeesmaand om ook daar bewustheid oor onder meer die beplande grondwetwysigings te bevorder.

Kleynhans sê hulle doelwit is om soveel moontlik ander lande te oortuig om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om nie met die grondwetwysigings voort te gaan nie. Hy meen grondonteiening sonder vergoeding sal tot groter ekonomiese probleme vir die land lei en ook buitelandse beleggings benadeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

dankie solidariteit vir jul poging om ons land in die buiteland onder hul aandag te bring

Chris ·

Ek steun enige inisiatief wat enige organisasie van stapel stuur om die banaliteite/absurditeite en vergrype van die landjie die wêreld in te stuur. Op youtube is daar so dik Amerikaner wat dreig met wie weet nie wat nie. Maklik gesê as gedoen ou dikke. Jy sit aan die ander kant van die wêreld en skree banaliteite. Kom doen iets en kom voeg daad by die woord. Net so met die Europeers, en Ingelse. Dit help nie om nou jul ontnugtering en skok uit te spreek nie. Julle skree van 1948 al jul kele droog teen die land se drakoniese/demoniese regering. Waar kom jul skielike besorgdheid en kommer nou vandaan? Is jul kommer vir die inwoners (nasate) van julle lande of jul eie belang (beleggings/besighede). Waar was julle voor 1994? Nee toe steun en huisves julle die “regering in ballingskap”. Dit is te min te laat. Ons sal ons eie probleme/vraagstukke aanspreek op ons tyd. Elke dag is ‘n dag nader. Ek vra net hou dan den bekke van ons af.

Strandloper ·

Lyk my jy is ook meer bek as binnegoed….kom gee jy dan nou die plan om ons van die dimoniese regeering te bevry asb. Die koël is deur die kerk as gevolg van de klerk en al die jabroers, niemand kan dit fix nie! Ons is n handtjie vol teenoor die hordes wat jou keel sal afsny vir tien sent! Wees eerder dankbaar teenoor Afriforum!

Mariska ·

Umm, Strandloper, Chris het mos aangedui dat hy dankbaar is vir Afriforum — lees die eerste sin van sy kommentaar. En Chris is inderdaad korrek: die buiteland het hul monde vol oor SA, maar hulle weet nie regtig wat aangaan nie. Dit terwyl veral Amerika maar self Apartheid toegepas het; hulle het dit net “segregation” genoem.

Oujongvrou ·

En Naledi gaan hom nou die waarheid vertel. Vraag is, wie se waarheid??

Christo ·

En Ramaphoza wil iets oorkom. Kyk hoe het hy uitgevaar teen Trump onlangs oor inmenging. Maar toe hy en sy comrades die buiteland opgesweep het teen ons vorige regering was dit ok. Die huidige regering is ‘n massiewe vergryp teen menseregte …. deur die hele kleurspektrum heen. Selfs teen sy “our people”.

Pieter J ·

Laat ons hoop hier gebeur iets wat die moeite werd is want die buiteland soek mos altyd ń verskoning om hierdie klomp se liegstories te glo.

Chris ·

Dis reg, die buiteland is oningelig en glo te maklik die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.