Nederlandse toeriste van boot gered

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: David Di Veroli/Unsplash)

’n Groep toeriste van Nederland moes die naweek van ’n boot aan die KwaZulu-Natalse kus gered word nadat die boot enjinprobleme ondervind het.

Mike Bishop, stasiebevelvoerder by die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Ballito, sê sy span is Sondag voor 08:00 na die kus aan Salmbaai ontbied nadat ’n boot – wat met toeriste op die see gevaar het – sowat 200 meter van die strand af enjinprobleme ondervind het.

Die boot het in die stadium tien passasiers aan boord gehad.

Sommige van die passasiers is een vir een met ’n waterponie na vlakker water geneem waar reddingswemmers hulle ingewag en tot op die strand gehelp het. Paramedici het ook op die strand gewag sou hulle mediese behandeling nodig hê.

Sommige lede van die groep wou egter nie op die manier na die strand vervoer word nie en ’n lid van die gemeenskap het sy boot genaamd Meneer Grootbek beskikbaar gestel om die oorblywende passasiers na veiligheid te help.

“Die passasiers, toeriste van Nederland op vakansie, was almal in ’n goeie luim hoewel ’n paar effens seesiek was.”

Hulle het intussen herstel en geen ander beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

domheks ·

Mooi so SA! As die enjin nie probleme gee nie, word hulle vermoor!

piet ·

So asof daar nou nie enjinprobleme oorsee ook ondervind word nie. Dit moet vreeslik wees om so negatief deur die lewe te gaan.

Roek ·

Hulle sal die meerplek onmiddelik moet sluit , ‘n komitee aanstel waarom die motor onklaar geraak het en waarom daar sulke hoe golwe was !!!

Leana ·

Jy laat my nou lekker lag, maar dit is heel moontlik wat gaan gebeur.

Martin ·

Daar was seker ‘n stukkie Hollandse kaas in die enjin se carburettor…

Diana ·

Dank Vader daar was nie ‘n oom met ‘n vaal jas en baie tande in die water nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.