Nederlandse verslag oor MH17 verwag

Argieffoto

Argieffoto

Die eerste verslag oor Malaysia Airlines se Vlug MH17 wat oor Oekraïne neergestort het, sal na verwagting Dinsdag vrygestel word.

Die vliegtuig met 298 mense aan boord was op 17 Julie van Amsterdam na Kuala Lumpur onderweg toe dit naby die Russiese grens in Oekraïne neergestort het. Meeste van die passasiers was van Nederland, Maleisië en Australië afkomstig.

Die Nederlandse Veiligheidsraad het die multi-nasionale ondersoek gelei en gesê die voorlopige bevindings sal fokus op besonderhede van die kajuit se stemopnemer en vlugopnemer. Die span het ook satelliet- en radarinligting ondersoek.

Die verslag sal nie enige party vir die ongeluk beskuldig nie.

Washington en Kiev beskuldig pro-Russiese rebelle in die ooste van Oekraïne dat hulle die vliegtuig met ʼn grond tot lugmissiel afgeskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.