Nedersettings moet skuif te midde van KZN-vloede

Foto: Bongani Mbatha/African News Agency/ANA

’n Evaluering sal eersdaags gedoen word oor informele nedersettings wat in gevaarlike gebiede van KwaZulu-Natal opgerig is, asook riviere en vloedvlakke, ná verlede week se vloede in die provinsie, het die eThekwini-munisipaliteit Maandag gesê.

Dié besluit is geneem na aanleiding van ʼn verslag wat vroeër die dag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende komitee van die munisipaliteit ingedien is.

Dié verslag raak die dringende behoefte aan om informele nedersettings binne die onmiddellike omgewing van ʼn vlambare gas-en-petroleumpypleiding te verskuif.

Die verslag, wat eers voorgelê is aan die sekuriteit- en nooddienskomitee van die munisipaliteit, onder voorsitterskap van adjunkburgemeester Fawzia Peer, het die dringende behoefte uitgelig om nedersettings te verskuif in ʼn poging om lewensverlies te voorkom indien ʼn ongeluk sou plaasvind wat die pypleiding betref.

Luidens die verslag is ʼn formele klagte van Sasol en Transnet ontvang ten opsigte van die onwettige konstruksie van ongemagtigde strukture en informele nedersettings wat in verskeie gebiede soos Clairwood en Cato Manor in die omgewing van metaangas-drukpypleidings opgerig is, het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

Die verslag beveel onder meer aan dat die mense in die nedersettings naby die pypleiding hervestig en hul boustrukture daarna gesloop moet word, onderhewig aan bevestiging van grondbesit en eienaarskap rakende die betrokke gebied.

ʼn Tweede aanbeveling was dat ʼn assessering gedoen moet word van alle informele nedersettings in die gevaarlike gebiede waarna die gemeenskappe met onmiddellike inwerkingtreding verskuif word.

Die verslag het ook aanbeveel dat nedersettings van dié aard voortaan verbied moet word.

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het intussen gesê die nasionale rampbestuursentrum het die terugkeer van diegene wat hul huise gedurende verlede week se oorstromings in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap moes verlaat, sedertdien geprioritiseer.

Mkhize het ministers betrokke by die bestuur van die verwoestende vloedrampe in die onderskeie provinsies gemaan om die rehabilitasie van gemeenskappe te bespoedig.

Luidens ʼn verklaring deur die minister moet diegene wat onder die onlangse vloede deurgeloop het van kos, komberse en alternatiewe huisvesting voorsien word.

Puin en rommel ná die vloede moet opgeruim en toegang tot onder meer skole, klinieke en hospitale verseker word. Deurlopende ondersteuning en berading vir hierdie gesinne moet ook verseker word, veral diegene wat hul geliefdes verloor het, het Mkhize gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GM ·

Nou moet hul geskuif word. Waar was dié wat moes keer dat hulle dit in die eerste plek daar oprig? Hoekom is dit nie toe al afgebreek nie? Als in nie oornag gebou nie, hulle werk altyd stuk-stuk. Hier naby ons was ook net eers 1 huisie. Nou is dit al ‘n paar, en die munisipaliteite en polisie kyk anderpad. Intussen verloor als rondom dit waarde, maar ons moet aanhou om grondbelasting ens. te betaal. Om nie eers te praat van die misdaad wat verhoog nie. My vraag is, waar het hul voor dit gebly? Hoeveel is onwettige immigrante? Maar ai, S.A. sal mos vir almal sorg wat nie wil werk nie en vir niks wil betaal nie.

Trol ·

Die anc se destydse uitbetaling van R150 000 aa hulle huise deur n vloed of orkaan of vuur beskadig was way die hebsugtige spul reeds die gebiede laat kies om hulle huise te bou. Die anc kan noe belastingbetalersgeld op hebsug mors nie. Heen versekeringspremies beteken ongelukkig ook geen versekeringsuitbetalings. Soos onlangs deur blanke bure wat nie versekering kon bekostig nie, bevind het. Demokrasie beteken mos BLOUTJIE VIR EEN IA BLOUTJIE VIR ALMAL.

Minora ·

Maar dis mos onwettig om mense te dwing om te skuif.As hulle daar wil bly dan wil hulle bly.Voor ’94 was dit die grootste sonde om mense te wil skuif vir hulle eie beswil.

Liezl ·

Die see, riviere ensovoorts sal terugneem wat hulle s’n was. Die hele Table View in Kaap was voorheen see. Vloede is natuurlike verskynsel. Ons as mensdom peuter aan die Koninkryk.

Judge Dredd ·

Vat altyd ‘n tragedie voor die tipe mense kop wil kry.

Mossie ·

Jare terug, wanneer nedersettings geskuif is van rivierwalle en naby gevaarlike pyplyne, was dit n groot sonde gewees. Toe was dit gesien as diskriminasie en rasseskeiding en wie weet watter klomp snert nog.
Los die mense, hul is tevrede om op rivierbanke en op gaspyplyne te bly. Hul WIL NIE die gevaar daarvan insien nie!

Trol ·

Die anc se destydse uitbetaling van R150 000 as hulle huise deur n vloed of orkaan of vuur beskadig was wat die hebsugtige spul reeds die gebiede laat kies om hulle huise te bou. Die anc kan nie belastingbetalersgeld op hebsug mors nie. Geen versekeringspremies beteken ongelukkig ook geen versekeringsuitbetalings. Soos onlangs deur blanke bure wat nie versekering kon bekostig nie, bevind het. Demokrasie beteken mos BLOUTJIE VIR EEN IS BLOUTJIE VIR ALMAL.

Andreas ·

Van Laingsburg se dae en periodiek daarna ervaar ons groot skades langs die oewers waar riviere in vloed is, of daardie grond onnadenkend beset word sonder inagneming van die gevare, al dan nie, sien ons nou van toentertyd af, hoe gryp die natuur daardie grond langs die riviere terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.