Nedlac kom ooreen oor ekonomiese herstelplan

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Daar is op ʼn aksieplan vir ekonomiese herstel ooreengekom wat nou deur die kabinet oorweeg en gefinaliseer sal word. Die plan is daarop gerig om vertroue te wen en die land op ’n pad van beleggings en groei te plaas.

Volgens die presidensie is die ooreenkoms Dinsdag tydens ʼn sitting van die nasionale ekonomiese ontwikkeling- en arbeidsraad (Nedlac) geformaliseer. Pres. Cyril Ramaphosa het as voorsitter tydens die sitting opgetree.

“Die maatskaplike vennote se aksieplan is gegrond op beduidende ooreenstemming oor wat gedoen moet word om die ekonomie op ’n nuwe, versnelde, inklusiewe en transformerende groeitrajek te plaas.”

Ramaphosa het gesê die maatskaplike vennote het prioriteitsareas geïdentifiseer om die ekonomie te herbou sowel as strukturele hervormings en ander programme wat volhoubare en inklusiewe groei moontlik sal maak met ’n intensiewe fokus op werkskepping.

Daar is ook ooreengekom dat die regering, sakesektor, vakbonde en gemeenskappe daartoe verbind is om finansiering te mobiliseer om Eskom se finansiële krisis op ’n volhoubare manier aan te pak in ruil vir ’n doeltreffende en produktiewe Eskom wat elektrisiteit teen bekostigbare pryse vir gemeenskappe en nywerhede opwek.

“Die aksieplan vir ekonomiese herstel identifiseer die rolle en verantwoordelikhede van al die maatskaplike vennote – die regering, gemeenskappe, vakbonde en die sakesektor – wat hul verbintenis tot die implementering van die plan aangedui het.”

Ramaphosa sal die besonderhede van die plan bekendmaak sodra dit deur die kabinet gefinaliseer is. Die president het die aksieplan verwelkom en dit beskryf as ’n bewys van samewerking wat ’n “belangrike mylpaal in die geskiedenis van ons demokrasie en die koms van ’n nuwe era van vertroue” opgelewer het.

“Dit is ’n groot prestasie wat bo die uitdagings van die oomblik uitstyg,” het Ramaphosa gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stefan ·

Samewerking in die rsa beteken die een deel sal die heeltyd moet voorsien terwyl die ander deel die heeltyd ontvang en dan nog uiters ontevrede is ook.

Anel ·

Ja, en die geld waarvan hy praat is ons pensioene. Daarom word dit eers gefinaliseer en dan bekend gemaak. En ons gaan geen deel hê daarin om werk te kry nie. Daar gaan net van ons gevat word en vir our people en kaders gegee word.

Persheks Adri ·

Kom ons raai: hy gaan almal wat BEE is werk gee en ons moet betaal. Dis die enigste transformasie waarvan hy praat! Ag wat ookal Cyril ons glo niks nie

#Tsek ANC tsek

Persheks Adri ·

Julle doen wat julle wil so voeter voort! Jy gaan nie reg kom met julle rassisme nie Cyril ons is keelvol verby

#Tsek ANC tsek

Jakes ·

As ek nie geweet het dat ons in September is nie sou ek die kamtige ekonomiese plan as n Aprilgek grap beskou. Na 26 jaar aan bewind kon die ANC regering niks reg vermag nie maar wil nou skielik n nuwe begin maak om die ekonomie n hupstoot te gee. Net gister was daar berig dat SA oppad is na n mislukte staat en dit is ongetwyfeld n feit.

Nie Verbaas ·

Ekonomiese groei? Ek hoop hulle het n persentasie ingesluit wat vir voortdurende korrupsie, plundering en totale wanbestuur kompenseer.

Andre ·

Droom voort.Julle kan nie eers ‘n plan laat werk of uitvoer om ‘n bad vol water te tap nie.En as dit by geld kom by die ANC val die geld in iemand se sak lank voor dit benut kan word. Dream on.

Frederik C ·

Haal die regering en vakbonde uit, en daar’s kans op sukses.

annie ·

Die NVITG, die nuwe missie en visie. Wie is die private sektor wat geraadpleeg is? Padstalletjies en taxi-bedryf? Die herstelplan wat onlangs uitgeglip het, is skokkend indien soiets beplan word. Die besoek van Ace & kie is dalk baie meer sinister as wat ons dink; baie meer. Dalk eerder raad gaan vra as gegee.

Adeline ·

Glo niks wat die brulpadda kwaak nie – hoekom eers bekend maak nadat dit gefinaliseer is aan die publiek – ons het mos ook ‘n sê in dit of hoe of is dit net die vadoek kopdoek draer wat ingelig mag word? Ek glo vas die veranderinge is al voor die covid-19 fiasko beplan om wêreld kommunistiese geldmag verandering te bring vir korrupte regerings

Baardman ·

Daar waar die regering en vakbonde betrokke is, sal geen plan werk nie. Verder weet hulle glad nie wat die woord “produktiwiteit ” beteken nie. Een spreekwoord pas by hulle: “fluks by die bak, lui by die vak”

Pieter ·

Ou cyril kry jy en kopdoek en our people die land maar alleen aan die gang.Het my plek toe gemaak en van ouer people ontslae geraak. Ek werk nou in n kleiner plekkie met net blankes. Julle ANC het my slim gemaak

Jaco ·

Dié berig is stil oor ramaphosa se vroeëre uitsprake dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se “beheer” en “te groot rol” in die ekonomie moet stop. Beteken die huidige stilte oor die uithaal van wit mense uit die ekonomie dat ramaphosa van plan verander het, of sit ons in ‘n stilte voor die storm: ‘n storm waarin wit mense genadeloos onderdruk gaan word?

Jacobus ·

Net nog ‘n niksseggende plan wat red wat te redde is om te sorg dat kaders nie te erg daaraan toe is nie. Die res van ons (ook bekend as belasting betalers) is steeds in die donker – dikwels letterlik. Wat kan jy verwag van ‘n spul oorbetaalde luiaard.

Jaco ·

Ja en daar gaan ons pensioene. Want waar anders gaan die geld vir herstel kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.