Nedlac se aanbeveling oor inentings ‘ontstellend’

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) sê hy is teleurgesteld oor die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) se uitspraak vandag dat sakeondernemings inenting teen Covid-19 vir hul werknemers verpligtend behoort te maak. Dié vereniging sê hy is bereid om in ʼn hofgeding betrokke te raak om te voorkom dat ʼn verpligte inentingsmandaat ʼn werklikheid word.

Nedlac het ná intensiewe beraadslaging besluit dat werkgewers van werkers behoort te vereis om ingeënt te word om beroepsgesondheid en ‑veiligheid moontlik te maak. Die raad wil ook hê dat toegang tot sekere venues en byeenkomste tot ingeënte mense beperk word.

Volgens Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, is die enigste “sakeliggaam” binne Nedlac Business Unity South Africa (Busa), wat in werklikheid slegs ʼn spreekbuis vir groot maatskappye en monopoliekapitaal is.

“Busa praat nie namens die meerderheid ondernemings in Suid-Afrika nie en het, voorspelbaar, opponerende standpunte ten opsigte van verpligte inentings geïgnoreer wat deur ʼn aantal ander sakeliggame en -verteenwoordigers uitgespreek is”, het Papenfus gesê.

Volgens Papenfus het Nedlac self, ten spyte van sy aanbeveling, toegegee dat ʼn verpligte inentingsbeleid heel moontlik grondwetlike probleme kan meebring en dat ʼn verklarende bevel van die Konstitusionele Hof versoek mag word om regsekerheid te verkry.

“Sou só ʼn verklarende bevel versoek word, sal Neasa in die hofverrigtinge ingryp, omdat ons glo dat algemene verpligte inentings ʼn growwe skending van menseregte sal wees en ʼn uiters gevaarlike presedent vir die toekoms sal skep.”

Neasa is bemoedig deur die onlangse opmerkings deur pres. Cyril Ramaphosa, wat erken dat verskeie mense en groepe baie sterk standpunte ten opsigte van verpligte inentings huldig, en dat hy ʼn konsultasieproses sal begin om ʼn pad vorentoe oor hierdie uiters emosionele kwessie te bepaal.

“Neasa moedig die president aan om hierdie proses aan demokratiese beginsels, deursigtigheid, rasionaliteit en omsigtigheid te onderwerp, in teenstelling met die benadering wat met die inperking en die gepaardgaande maatreëls gevolg is. Die kwessie van verpligte inentings veroorsaak verdeeldheid in samelewings wêreldwyd, en ’n verkeerde besluit kan tot die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse samelewing lei.”

Vordering met inentings in die Wes-Kaap

Intussen het die DA in die Wes-Kaap aangedui dat die helfte van die volwassenes in dié provinsie reeds die entstof ontvang het. Die party moedig alle inwoners wat nog ingeënt moet word aan om hierdie week by die Vooma-inentingsprogram aan te sluit.

Wendy Kaizer-Philander, die DA se woordvoerder van gesondheid in die Wes-Kaap, sê die Vooma-inentingsprogram bestaan uit opwip-entstofsentrums waar inwoners gedurende die week by hul plaaslike winkelsentrums, klinieke en stadsale kan instap en hul inentings kan kry.

Amptenare by hierdie sentrums sal ook kan help om mense op die aanlyn stelsel te registreer om die proses te help vergemaklik.

“Die vierde Covid-19-vlaag het ons land getref en entstowwe het bewys dat dit ons beste hulpmiddel bly om lewens te red en ons gesondheidsorgstelsel te beskerm,” sê Kaizer-Philander.

“Ons kan die impak van hierdie vlaag infeksies versag deur ingeënt te word en voort te gaan met bestaande farmaseutiese voorsorgmaatreëls, soos sosiale afstand en higiëne te handhaaf en maskers te dra. Dit is die verantwoordelikheid van elke inwoner, saam met die regering en toesighoudende liggame, om ons te help om hierdie virus te beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tipper ·

Op RT news was n berig dat die hof in Amerika Biden verhinder het om die inentings goed te keur, lyk my hulle het die berig weer verwyder.

Stephen ·

Geen wonder so baie van ons het ophou DA stem in die Kaap….

JohanR ·

jammer Stephen stem nog DA, net omdat ek vrek bang is vir die ANC!

Pieter ·

Stem saam met Neasa. Ondemokratiese besluite deur onverkose persone.

RB ·

Hierdie storie sal altyd verdeeltheid bring.

Daar is eenvoudig nie deursigtiheid nie. Halwe waarhede word gedeel as enigste en volle waarheid. Feit is egter: n halwe waarheid is n volle leuen.

So, as julle dan nou die skape en bokke wil skei dmv uitsluiting/beperking, wees dan minstens hierin regverdig.

Kom ons sê daar is 50% ge-ent en 50% nie.
Ge-entes doen dan net sake met ge-entes en vice versa. Gaan doen dinge net saam met jou gekose groep.

Toe, kom nou, waar is die moed van jou oortuiging.
Respekteer almal se keuse, skaar jou by jou keusegroep en laat die ander groep in vrede leef hetsy in siekte of gesondheid.
Dra die volle gevolg van jou keuse, nou en in tyd om te kom en hou op om JOU keuse op ander af te dwing.

Waarom tog so behep wees met ander se keuses in die lewe?! Maak jou eie en bepaal jou by jou eie gevolge.

Selfs binne ons familie verskil keuses. Elkeen se reg, ons kuier heerlik saam in vrede en elkeen dra sy eie gevolge.

bobmartin ·

Ek stem saam. Verdraagsaamheid en samewerking onder almal gaan baie meer uitgerig kry as die verdeeldheid onder almal. Ek glo as almal opstaan, mekaar verdra en saamwerk. Kan daar plan gemaak word om almal te akkommodeer. Die wat siek word en die wat gesond word. Almal is in dieselfde bootjie. Dit is die rede hoekom ek dink verpligting van entstof is verkeerd.

Die probleem egter is mense baklei onder mekaar en staan nie saam op teen dit wat verkeerd is. Gaan mos oor EK en JY. Mense dink te veel aan hulself dat hulle nie eers besef hulle kan nie sonder mense om hulle klaarkom nie. Hoekom sal die wat nie inenting neem nie saam die wat inenting neem saamstaan? Of vice versa. Hoekom sal die wat inenting neem nie saam die wat nie die inenting neem saamstaan?

RB ·

Tubac, jou keuse niemand dwing jou.
Jy kan jouself enige reg toe-eien, dit maak nie dinge reg nie.
Weet net dat keuses gegrond op halwe waarhede niè in belang van jou werksmag is nie.

Vir bàie dinge wat gesê en aanvaar word, is daar nog geen konkrete, onbetwisbare bewyse nie.
Moenie jouself te gou verhewe ag deur te reken jy gaan beslis jou werksmag beskerm deur sekere protokol en die wat nie daarvoor buig, moet gaan.
Jy loop gevaar om mense te verloor wat vir hulself dink, mense wat kan redeneer – iets wat al skaarser word.
Boonop loop jy gevaar om kliënte èn jou integriteit te verloor.

Dink bàie mooi voor jy besluite op opinie basseer, wat ander se lewe radikaal beïnvloed. Keuse beteken daar was minstens 1 ander opsie ook.

JohanR ·

Wie is Nedlac nou weer? Die Neo-Nazi Party van Suid Afrika – NNPS het ook verkondig dat alle Suid Afrikaners moet ingeent word – wie is NNPS nou weer? Ek gaan rerig nou hardloop om ingeent te word net omdat Nedlac soe se!

MakersMark ·

Soe dink jy die finansieele druk agv aanhoudende infeksies gaan afneem? Net Sanlam alleen het die afgelope 10 maande R 40 bn uitbetaal aan lewensversekering agv CV19 sterftes. En die wat weer die syfers wil bevraagteken dis nie die tannie by die poskantoor se storie nie dis ‘n amptelike Sanlam berig. Wat van die ander versekering maatskappye wat ook sulke bedrae uitbetaal? En dit sluit nie mediese fonds en staats onkoste vir mediese behandeling in nie. Erens gaan die streep getrek word. Verpligte inentings gaan gebeur die finansieele las word te groot. Die ou gesegde sê “talk is cheap but money buys the whiskey”.

Natasha ·

Alles goed en wel, maar gaan kyk bietjie Amerika staan al op meer as 1 milj adverse events.. So die versekerings maatskappye gaan vir dit ook moet betaal..

casper ·

Ja nee — Hier kom burgerlike verset wat etolls na ‘n oefenlopie gaan laat lyk !!!

Pieter ·

Ek vertrou geen kommunis nie veral nie die anc kommuniste nie.

Stephen ·

Besighede gaan swaar trêk as ten minste 50% nie meer daar kan koop nie. GROOT geleentheid vir die wat die “kans” gaan vat om by besighede geld te bestee wat dit NIE vereis nie…Entrepeneurs, spring aan die werk!

Anoniem ·

Het julle mense enige idee wie hierdie verskillende groepe is?

Helizna ·

Interessante brokkie nuus wat dok Chris Pitzerc gevra het om te deel :
As u *toegang geweier* word omdat u nie gevac is nie…

Veg terug met telefoonoproepe en penne…

Ons moet die *Menseregtekommissie-blitslyn oorstroom* elke keer wanneer ons toegang tot ‘n diens of plek geweier word !

Hier is hoe om die paspoorte hok te slaan.

*Stap vir stap:*

1. As jy uit ‘n onderneming, restaurant, skool, ens geskop word, *dokumenteer dit onmiddellik*.

2. *Bel* die menseregtekommissie onmiddellik. Die nommer is *0800 496 877*

3. Lê n klag en kry ‘n *lêernommer*.

4. Gebruik daardie lêernommer en maak ‘n stelling.

5. Die menseregtekommissie sal dokumente aan hulle bedien.

6. Die plek wat jou verwerp het, sal dink hulle kan in die hof wen.

7. Die regter sal hulle dwing om te betaal omdat die menseregtekommissie hulle sal herinner dat *geen besigheid privaat of publiek teen enigiemand mag diskrimineer op grond van godsdiens, ras en ja enige gesondheidsredes nie, want dit is onwettig*.

8.

Helizna ·

8. Almal sal die plekke waar hulle heen gaan so oorweldig met teenklagte, dat daardie besighede ook sal omdraai en begin saamveg teen paspoorte en almal sal begin toelaat en niemand weg wys nie.

Hulle sal moet betaal vir die oortreding van die wet, en hulle sal nie meer as 1 saak op ‘n slag kan bekostig nie.

Geen protes nodig nie. Geen boikot nie.

Daar is baie stelsels in plek, maar geen ingeligtheid daaroor nie.

*As jy werklik vry wil wees en nie soos ’n slagoffer voel nie, doen dan hierdie stappe en deel dit.*

Mads ·

Wat sal die volgende ‘verpligting’ dan wees?!
Dis on-demokraties om mense te verplig om dit te vat.
Kan IEMAND my waarborg dat ek NIE ń bloedklont gaan ontwikkel agv die entsof nie? (Ek is geneig na bloedklonte en was alreeds amper dood daarvan!)
En sou ek dan doodgaan as ń direkte gevolg daarvan, wie gaan die verantwoordelikheid vat, en vir my kinders sorg??
Nee dankie. Eks nie bereid om daai kans te vat nie.

JTL ·

Jou belasting geld het nie ñ enting nodig nie !
Daar behandel hulle niemand as onrein nie !
Hou jou belasting vir die wat jou nie verag of dwing

Johnny ·

Daai is niks met gesondheid te doen nie, maar is bloot ‘n beleidsbesluit om gehoorsaamheid af te dwing.

Claudia ·

Ek wil net graag weet. Kan besigheids eienaars regtig beskostig om n gedeelte van hul klante basis uit te sluit as gevolg van die inenting. Gaan die wat die inentsings mandaat promofeer die finansiele gapings aanvul vir die besighede wat nou die vuil werk moet doen? Want onthou ek gee nie om by die huis te eet nie. My man se kos is lekker.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg met wat jy sê, Marius. So sal dit wees, want so is dit geskryf in die Boek. So leer ons in Openbaring 13. Dit maak my opgewonde om die voorspellings te sien gebeur, soos dit geskryf is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.