Nedlac se aanbeveling oor inentings ‘ontstellend’

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) sê hy is teleurgesteld oor die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) se uitspraak vandag dat sakeondernemings inenting teen Covid-19 vir hul werknemers verpligtend behoort te maak. Dié vereniging sê hy is bereid om in ʼn hofgeding betrokke te raak om te voorkom dat ʼn verpligte inentingsmandaat ʼn werklikheid word.

Nedlac het ná intensiewe beraadslaging besluit dat werkgewers van werkers behoort te vereis om ingeënt te word om beroepsgesondheid en ‑veiligheid moontlik te maak. Die raad wil ook hê dat toegang tot sekere venues en byeenkomste tot ingeënte mense beperk word.

Volgens Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, is die enigste “sakeliggaam” binne Nedlac Business Unity South Africa (Busa), wat in werklikheid slegs ʼn spreekbuis vir groot maatskappye en monopoliekapitaal is.

“Busa praat nie namens die meerderheid ondernemings in Suid-Afrika nie en het, voorspelbaar, opponerende standpunte ten opsigte van verpligte inentings geïgnoreer wat deur ʼn aantal ander sakeliggame en -verteenwoordigers uitgespreek is”, het Papenfus gesê.

Volgens Papenfus het Nedlac self, ten spyte van sy aanbeveling, toegegee dat ʼn verpligte inentingsbeleid heel moontlik grondwetlike probleme kan meebring en dat ʼn verklarende bevel van die Konstitusionele Hof versoek mag word om regsekerheid te verkry.

“Sou só ʼn verklarende bevel versoek word, sal Neasa in die hofverrigtinge ingryp, omdat ons glo dat algemene verpligte inentings ʼn growwe skending van menseregte sal wees en ʼn uiters gevaarlike presedent vir die toekoms sal skep.”

Neasa is bemoedig deur die onlangse opmerkings deur pres. Cyril Ramaphosa, wat erken dat verskeie mense en groepe baie sterk standpunte ten opsigte van verpligte inentings huldig, en dat hy ʼn konsultasieproses sal begin om ʼn pad vorentoe oor hierdie uiters emosionele kwessie te bepaal.

“Neasa moedig die president aan om hierdie proses aan demokratiese beginsels, deursigtigheid, rasionaliteit en omsigtigheid te onderwerp, in teenstelling met die benadering wat met die inperking en die gepaardgaande maatreëls gevolg is. Die kwessie van verpligte inentings veroorsaak verdeeldheid in samelewings wêreldwyd, en ’n verkeerde besluit kan tot die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse samelewing lei.”

Vordering met inentings in die Wes-Kaap

Intussen het die DA in die Wes-Kaap aangedui dat die helfte van die volwassenes in dié provinsie reeds die entstof ontvang het. Die party moedig alle inwoners wat nog ingeënt moet word aan om hierdie week by die Vooma-inentingsprogram aan te sluit.

Wendy Kaizer-Philander, die DA se woordvoerder van gesondheid in die Wes-Kaap, sê die Vooma-inentingsprogram bestaan uit opwip-entstofsentrums waar inwoners gedurende die week by hul plaaslike winkelsentrums, klinieke en stadsale kan instap en hul inentings kan kry.

Amptenare by hierdie sentrums sal ook kan help om mense op die aanlyn stelsel te registreer om die proses te help vergemaklik.

“Die vierde Covid-19-vlaag het ons land getref en entstowwe het bewys dat dit ons beste hulpmiddel bly om lewens te red en ons gesondheidsorgstelsel te beskerm,” sê Kaizer-Philander.

“Ons kan die impak van hierdie vlaag infeksies versag deur ingeënt te word en voort te gaan met bestaande farmaseutiese voorsorgmaatreëls, soos sosiale afstand en higiëne te handhaaf en maskers te dra. Dit is die verantwoordelikheid van elke inwoner, saam met die regering en toesighoudende liggame, om ons te help om hierdie virus te beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tipper

Op RT news was n berig dat die hof in Amerika Biden verhinder het om die inentings goed te keur, lyk my hulle het die berig weer verwyder.

Stephen

Geen wonder so baie van ons het ophou DA stem in die Kaap….

Genis

Laat vaar die twak…dis n persoonlikke keuse…

Pieter

Stem saam met Neasa. Ondemokratiese besluite deur onverkose persone.

RB

Hierdie storie sal altyd verdeeltheid bring. Daar is eenvoudig nie deursigtiheid nie. Halwe waarhede word gedeel as enigste en volle waarheid. Feit is egter: n halwe waarheid is n volle leuen. So, as julle dan nou die skape en bokke wil skei dmv uitsluiting/beperking, wees dan minstens hierin regverdig. Kom ons sê daar is 50% ge-ent en 50% nie. Ge-entes doen dan net sake met ge-entes en vice versa. Gaan doen dinge net saam met jou gekose groep. Toe, kom nou, waar is die moed van jou oortuiging. Respekteer almal se keuse, skaar jou by jou keusegroep en laat die… Lees meer »