Nee man, Bokke!

Die Springbokke het vandag met 30 – 17 teen die Wallabies verloor. Foto: Twitter.

Morsig, slordig en rampspoedig – drie woorde wat die Springbokke se vertoning vandag in Brisbane kan beskryf.

Die Suid-Afrikaners het hul tweede agtereenvolgende nederlaag teen die Wallabies gely toe hulle met 30 – 17 verloor het. Sedert 2013 kon hulle nog nie ’n enkele toets weg van die huis teen die Aussies wen nie.

Die Bokke het ná verlede Sondag se (toe) verrassende nederlaag baie gepraat en voorspel dat hulle in die tweede wedstryd beter sal vertoon; “dinge sal beter op die veld uitgevoer word”.

Selfs Michael Hooper-hulle het gesê dat die Wallabies maar lig loop vir ’n gewonde Springbok.

Nou ja, ’n spul verbroude duikslae, swak dissipline en ’n agterlyn wat lyk asof dit eerder kantlyn as doellyn toe hardloop, het gewys dat dade belangriker as woorde op die sportveld is.

Hierdie Springbokvertoning kan met ’n getroude man vergelyk word wat al vir die afgelope twee weke beloof om die gras te sny, maar dit steeds nie gedoen het nie.

“Jy het gesê jy gaan dit doen, maar jy het nie,” kan ’n mens al die beskuldiging uit die sitkamer hoor.

Faf de Klerk het gesukkel – daardie geel kaart was darem baie onnodig – terwyl die Wallabies later die Bokke se rolmaalbewegings geneutraliseer het.

As die Suid-Afrikaners se voorspelers nie vorentoe kan dryf nie, wat gebeur dan? Niks goed nie, is die ooglopende antwoord.

Dan is hul trotse verdedigingsrekord ook daarmee heen. Die Wallabies se vier drieë in een toets is meer drieë as wat die Britse en Ierse Leeus in die hele reeks teen die Bokke kon druk.

Wanneer jou sterkpunt in ’n swakpunt verander, dan moet jy weet jy sukkel.

Handré Pollard het darem beter as verlede week geskop, terwyl Siya Kolisi se span ook die luggevegte gewen het. Maar ’n rugbywedstryd word ongelukkig op die grond gewen en die Bokke was vandag glad nie goed genoeg nie.

Kan Rassie Erasmus na Australië vlieg, of is dit reeds te laat?

  • Puntemakers:

Wallabies: Drieë: Len Ikitau (2) en Marika Koroibete (2). Doelskoppe: Quade Cooper (2). Strafskoppe: Cooper (2).

Springbokke: Drie: Lukhanyo Am. Strafskoppe: Handré Pollard (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Harry ·

Rassie sal nie kan help nie, hy kerm net oor die ref en maak videos

piet ·

…Maar dalk is daar ‘n dissipline probleem in die span-opset met die nuwe afrigter so in daai geval kan Rassie dalk ‘n verskil maak. Mens weet nooit of die nuwe afrigter heeltemal aanvaar en gerespekteer word veral deur deur die senior spelers nie. Sulke dinge sal uitkom op ‘n toer.

jou gewete ·

ia , die seniors sukkel om sonder hulle kieries te beweeg

Tubac ·

Nienaber het nie eers in Ierland kon regkom sonder die waterbeampte nie. Hoekom dan so n persoon in daardie posisie plaas?

jou gewete ·

Har har se die nar, Pragtig Australie, baie bly julle raak weer die span wat julle kan wees

piet ·

Geen verrassing nie, was nie verlede week ‘n verrassing nie en ook nie hierdie week nie. Feit is dat ons ‘n patetiese weg-rekord in Australie het, om die waarheid te se ons het ‘n vrotterige weg-rekord as ons teen die top spanne weg van die huis of speel punt. Mens wil dit nie graag doen nie maar jy moet jou maar teen NZ opweeg en die feit van die saak is hulle presteer net so goed weg van die huis as tuis. Dis maar net ‘n teken van ‘n klas span en wat hulle onderskei van ander spanne, dis bewonderingswaardig. Ons het dalk die wereldbeker-teornooi gewen (onthou nou ons het verloor teen NZ en het nie teen Australie gespeel nie) maar dit maak ons nie die beste span in die wereld nie en soos dit nou lyk soos die Engelse sou se: “not by a long shot”. Hier kom ‘n 4 – zip toertjie. Probeer maar die telling laag hou teen die AB’s want teen hulle kan dit net lelik raak.

MAGRIETHA ·

1 woord swak bokke ek dink da kort n paar veranderinge – voorspelers speel nie as n eenheid nie die agterste driehoek heeltyd uit posisie uit en di onnodige wegskoppery van die bal en sodoende besit afstaan hoe skop jy die bal weg met 10min speeltyd oor

twaalfboor ·

Raak ontslae van die 46664 nommer op julle arms, dan sal julle dalk kan rugby speel.

Michael ·

Met Nienaber wat nog nooit ‘n topligaspan afgerig het nie maar sommer springbokafrigter geword het-danksy Erasmus natuurlik-wat kon mens verwag. Kaderontplooiing nie net ‘n ANC-ding nie

piet ·

Hy het maar nooit ‘n toetsspan nie. Baantjies vir boeties, hulle is tjommies.

Michael ·

Sover ek kon vasstel was hy nog altyd net deel van afrigtingspanne, by FS, WP,Cats, Bokke, maar nog nooit die hoofafrigter van enige professionel span nie. Wat net bevestig dat sy aanstelling as Bokafrigter net met Erasmus se hulp kon geskied. Help my reg Piet as ek iets gemis het.

piet ·

Ek het gedink hy was op ‘n stadium hoofafrigter by Munster gewees maar nee, was nie. Altyd in een of ander assistent hoedanigheid. Tjommie Rassie het ergter vir sy boetie gesorg.

Kokkie ·

Daar slaan jy nou die spyker op sy kop, Michael. MR Erasmus …..Luno

Jr ·

Aagh geen probleem hulle het verloor omdat 15 mense op die veld was en nie een soos TV uitbeeld net die een wat die Wêreld Beker op sy eie gewen het. Die te nagekom een

MakersMark ·

In die fliek “No country for old men” word daar na ‘n skietery in die woestyn verwys in sekere spreektaal wat ook bokke insluit. Die was dieselfde tipe gebeurtenis behalwe dit was in Brisbane. Soos ‘n spul basterbokke rondgedrawwe sonder doel, trots of leierskap.

piet ·

Een van die beste flieks wat ek ooit gesien. Fantasties, teenoorgestelde van wat die flop Bokke opdis.

Thelsa ·

Clive Woodward is 100% reg. Die Bokke hanteer die bal asof dit hulle vyand is. Hulle het nog nie geleer om die bal en geleenthede te gebruik nie. Dis waaroor die game gaan. Nienaber moet terug basics toe en vergeet van brain games sleel met die opponente se afrigter. Hulle lag vir ons narstreke.

Blomme ·

Belangrikste… Hou politiek uit die sport. Dalk net dalk sal dit dan beter gaan daar waar dit saak maak!

Joe Olivier ·

In 1992 het die ja stemmers die politiek verkeerd gespeel sodat daar sport gespeel kon word. Nou pluk ons almal die vrot vrugte.

Willempie ·

Net soos ek verlede week voorspel het…. Flash in the pan wêrdkampioene…..En nou wag nog ń groter pak slae by die eintlike wêreldkampioene.

Thom ·

Yip en nou wag die werklike kampioene wat KAN rugby speel __ dankie tog ! Daar is hope beter flanke in klubspanne as Kolisi ! Wat ‘n pateet !?

jou gewete ·

my pa altyd gese , en hef aan le nog voor. hef aan het n naam. Die All Blacks, og og og

Frank John ·

Springbokke, praat is goedkoop. “Put you money where your mouth is” Groot praat kom gewoonlik voor die tyd. SA is teleurgesteld in julle.

JBN ·

Ek is baie bly. Die Anc is teleurgesteld want sy rassistiese kwotabeleid het twee keer binne n week n ordentlike pakslae gekry.

piet ·

So voorspellings in vir die toetse teen NZ: as ons goed speel dalk net so met 20 punte verloor. As ons swak speel, wil ek liewer nie weet nie.

piet ·

Ons bou vir die volgende wereldbeker mense. Coach het so gese.

Tubac ·

Coach stel net belang om videos van die refs aan te stuur. Kan dalk n joppie by dieSABC kry as hy so aangaan.

Johann ·

Ja wel hier kom die verskonings….beste TRANSFORMERS span prestasie.

Jr ·

Ja jy is reg maar die politieke antwoord is ” We are shocked to hear this and we cannot tolerate this loss.” Die sport antwoord is ” We have learnt a lot and we take a lot of good things from this loss.” Monday we will look at what went wrong “

JohanR ·

Oe my gooiste nou wag die All Blacks waat weer Australia vermorsel het!

jou gewete ·

Kom ondersteuners, nimand het no die skeidsregter blameer nie, wat gaan aan, julle stel my teleur. kom manne kom.

koos10 ·

Die skeidsregter kan nie blaam vat nie, maar daai Aussie in die 3rd skeidsregters hokkie het wel ‘n rol teen die Bokke gespeel. Dis was egter nie die rede vir die verloor nie.

SjN ·

Swak, Faf en Willie. Skop al die balle weg, bly die Bokke se ore is oopgemaak.

jou gewete ·

lieflik, pragtig Australie, bring die verwaandes aarde toe

Jean ·

Dink net as jou werk elkekeer die vorige persoon inroep om jou werk te doen. Jacques is mos die nuwe afrigter, los hom daar of vervang hom.

piet ·

Ek het geen vertroue dat ons sal wen wanneer die Bokke teen enige van die top 9 lande weg van die huis af speel nie. Dis geen verrassing as ons verloor nie, kan maklik gebeur. Ek het nooit gedink ek sal so iets se nie maar dis ‘n werklikheid, ons is baie kwesbaar in wegwedstryde.

Casper ·

Ek het nog altyd gesê Niksnaber gaan nie die pyp rook nie.Al die toetse wat hy as breier gewen het was tuis met Rassie as H2O.Agterlyn afrigter was nog nooit suksesvol nie en alles wat hy aan vat…………..Verdedigingsafrigter o ekskuus het ons so iemand,hy skitter in sy afwesigheid.Julle is almal ‘n klomp choakers.Patete.

Casper ·

As Rassie nie wil afrig nie wat soek hy in die afrigtingshokkie.Hy het water aangedra om opdragte aan die spelers te gee en dit was nie Niksnaber se instruksies nie.

Vrijburger ·

Hie-hie lag ek in my mou. (Die Kiwi’s en All Blacks se hele stelsel, van laerskool tot toets vlak is op meriete gebaseer. )

Hardekwas ·

Dié spelers wat dink hulle kan rugby speel, moet maar vir die springbokke speel, en dié wat weet hulle kan rugby speel, moet hulle heil oorsee gaan soek, dan sal ons die spanne ondersteun waarvoor hulle speel.

annie ·

… en ek dog Johann vertel ons eers hoe SA daar uitsien… Nee, ons Bokke ook. Rassie wou ons spelers American Football leer en dis die gevolg. Wanneer kry ons ouens opgestopte truie. Ons cappie sal daarvan hou; goed lyk op die pics. Ons super-afrigter kla oor die fluitjieblasers. Miskien moet ons kla oor daai afrigter.

Jan ·

Baie geluk Australia baie bly hulle het gewen.Waar is SA se alewige wraak

Niklaas ·

Daar bestaan ‘n groot moontlikheid dat al 4 die wedstryde in Australië verloor kan word, almal erger slae as die vorige een. 1 ste net-net, 2 de vrotterig verloor, 3 de liederlik erg, 4 de en laaste een kan skokkend slegte verloor wees. Onthou dis die All blacks wat nou wag.

Spyker ·

Nog nie genoeg getransfomeer nie!!! Dit is die enigste rede hoekom hulle presteer nie. Vra maar die ANC en EFF. Hulle weet

Jr ·

Hoop die is sarkasme Spyker. Maar ek kry die gevoel dat dit is

koos10 ·

Die Bokke wou ‘n ander spel patroon speel en kon dit nie deurvoer nie. Toe probeer hulle die ou stampkar rugby, maar die Aussies het gaan leer hoe om dit teen te werk. Toe val al die wiele af. Daar is spelers in die span wat dood eenvoudig nie kan aanpas nie. Toe die bal deur hande moes gaan, het daai hande nie geweet hoe om balle te vang, gooi, uitgee en beskerm nie. Dis rof om die afrigters ten volle te blameer, die volle span moet blameer word.

Barney ·

Die sport wat my voorvaders my land, my herkoms en my toekoms voor verkoop het vir 10 stukke silwer. Belaglik.

jou gewete ·

jy is absoluut reg. pot lensiesop(rugb) vir n land geruil

Jakes ·

Die bokke se treurmare gaan teen NZ op die spits gedryf word. Nienaber en kie moet pa staan vir spankeuses, die swak verdedigingslyne en swak dissipline. Faf de Klerk en Willie le Roux toon al sedert die WB dat hulle vervang moet word. Dit help nie die afrigter beaam dat die bokke swak vertoon het nie want dit impliseer dat daar fout is met die afrigting. Volgende week gaan die 4 CB spanne wat in Europa gaan speel die tekortkominge in SA rugby op die lappe bring. Die Bulle wat dusver die beste in die CB gevaar het is deur Benneton verneder terwyl Benneton een van die swakker spanne in die groep is. Indien enige van ons 4 spanne een wedstryd sal wen, sal ek verbaas wees.

Catherina ·

Dink ons moet hoop daar kan nie teen NZ gespeel word nie. Ons gaan geslag word. Waar is die ou dae…….

Hondjie ·

Sport is nie meer sport.dus nou oor geld en kwota spel en politiek,geen waarde meer in sport nie.so wat verwag ons, gaan binne kort nie meer 30-17 wees nie maar wel 60-0.

Gert ·

2019 Was die Bokke se laaste W.B. wen of kwart eindstryd-‘BEE’ verwoes alles. Die ANC kan nie eers hul eie finansies beheer nie hoe kan hulle ‘n land beheer. Dit is wat ons kry as S.A. Rugby ook ‘BEE” behep raak!!!

Anton ·

As jou patroon gebaseer is op oorheersing en verdediging beter jy oorheers en verdedig g

Frans ·

Die leemte in Suid Afrikaanse rugby is deeglik in die wedstryd deur die Wallabies blootgelë.Die span weet nie om af te rond nie want die nodige vaardighede ontbreek en begaan senior spelers soos de Klerk oortredings wat die span duur kos.Die invloed van die NZ afrigting is duidelik in die Wallabies se spel te sien.
.n Mens ys eintlik en wil nie eers dink oor wat die Kiwis se telling teen die Bokke gaan wees nie.

Lood ·

Moet hulle asb nie meer Springbokke noem nie. Noem hulle nou die Miskruiers oor wat hulle aanjaag.

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as jy polities korrek probeer wees en maatjies aanstel as hoofafrigter. Kolisi is ook nie n kaptein nie. Hy presteer net wanneer hy kla oor hoe hy tenagekom is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.