ActionSA se hoogste besluitnemende liggaam het ’n stokkie gesteek voor Herman Mashaba se voorstel om die doodstraf weer in Suid-Afrika in te stel en deel van die party se beleid te maak.
Mashaba, president van ActionSA, het al by verskeie geleenthede onder kritiek deurgeloop vir sy standpunt oor die herinstelling van die doodstraf as ʼn oplossing vir die vlaag misdaad wat die land teister.
Hy het nou vir eers dié stryd oor die doodstraf verloor.
Die kwessie was een van verskeie wat by die party se vier dag lange strategiese beplanningsessie van die senaat, ActionSA se hoogste besluitnemende liggaam, bespreek is.
Volgens ActionSA se senaat is die doodstraf nie die oplossing nie en dit is as moontlike beleid verwerp. Die liggaam het voorgestel dat daar eerder op aanspreeklikheidsmaatreëls gekonsentreer moet word, wat verseker dat misdadigers wat lewenslange tronkstraf opgelê word dan wel die res van hul lewe agter tralies is – en nie net 25 jaar lank nie.
Michael Beaumont, ActionSA se nasionale voorsitter, het na afloop van die beplanningsessie gesê een van die konsepbeleidsvoorstelle wat bespreek is, is die herinstelling van die Skerpioene en die totstandkoming van ʼn parlementêre komitee om toesig te hou oor die werk van hoofstuk 9-instellings.
Daar is ook ʼn voorstel gemaak vir die stigting van wat die party ʼn “geleentheidsfonds” noem “wat onbeskaamd op die inklusiewe bemagtiging van alle Suid-Afrikaners teen wie daar onder apartheid gediskrimineer is, sal fokus”.
“Ek stem volkome saam. Ná ʼn robuuste debat met die senaat na aanleiding van ActionSA se kundig geleide beleidsproses, is ek oortuig deur die bewyse dat die Suid-Afrikaanse strafregstelsel nie vertrou moet word om te bepaal wie leef en wie sterf nie,” het Mashaba gesê.
“Pleks daarvan glo ek dat ons streng strawwe vir die gruwelikste misdade moet oplê. Dit sluit onder meer in dat misdadigers nie die opsie vir parool kry nie.
“Ons moet ook aanhou werk om die sosio-ekonomiese dryfvere van misdaad te pak. Ek hou vol dat geen veroordeelde moordenaar of verkragter toegelaat moet word om iemand weer seer te maak nie.
“ActionSA sal verdere voorstelle doen om die ongebreidelde misdaad te hanteer, die oppergesag van die wet te herstel en sosio-ekonomiese uitdagings te pak by ons komende beleidskonferensie wat van 12 tot 14 September plaasvind.”
Volgens Beaumont is die konsepbeleidsvoorstelle wat tydens die beplanningsessie bespreek is, aan afgevaardigdes landwyd gestuur sodat dit by die konferensie bespreek kan word. Die afgevaardigdes sal ’n geleentheid kry om die konsepbeleidsvoorstelle onder oë te neem en daar sal ʼn reeks vergaderings oor die volgende twee weke – in aanloop tot die beleidskonferensie – wees.
Beaumont sê dit het agt maande geneem om die beleidsvoorstelle saam te stel ná uitgebreide interaksie met onder meer bedryfskenners, ActionSA-lede en Suid-Afrikaanse burgers.
“Die oplossings wat by die konferensie bespreek sal word, sal die weg baan vir die skepping van die party se manifes wat miljoene Suid-Afrikaners ʼn werklike alternatief vir die bestaande politieke instellings sal gee en die hoop sal versterk voor die nasionale en provinsiale verkiesings volgende jaar,” sê Beaumont.
Dit verander niè die feit dat die ekonomiese versorging van Suid Afrika, dus ook vir 25 jaar moet sorg vir moordenaars, wat nie hul slagoffers, dieselfde genade gegun het. Dit is buitendien uitsonderlik wanneer iemand in SA werklik 25 jaar toegesluit bly.
Ons kan nie die regstelsel se onafhanglikheid oor die doodstraf vertrou nie, maar lewenslank en hardepad vir alle gevangenis Laat hulle werk vir hulle kos en slaapplek. Begin weer groentetuine, melkerye ens sodat die gevangenis hulle eie kos kan produseer. Minder druk op die belastingbetaler. Laat hulle op infrastruktuur projekte werk. Die dag as hy uitkom kry hy n som geld om hom te onderhou totdat hy weer werk het.
Stem saam met moordenaars en verkragters se straf lewenslank is lewenslank maar daar gaan ons alweer met apartheid
Ja vir die doodstraf dit sal die krimeneel weer bietjie bang maak vir die gereg. indien nie gaan die tronke gratis blyplek word vir krimenele en ons moet betaal.
Ag man, al julle politieke partye ploeter en praat net! G’n politieke party het al ooit iets vir my gedoen, behalwe vir die dinge wat hul mandaat is, soos diensteverskaffing, gesondheidsorg ens. nie. Wat ek het, het ek hard voor gewerk!
Netso!
JA VIR DOODSTRAF.
Vroue/ kindermishandeling
Dan as jy vroue en kinders mishandel – word saam met die groot harde manne in n sel gesit waar jy elke dag jou daaglikse porsie mishandeling ontvang.
Verkragting
Sit hulle saam manne wat smag na nuwe “dames”
Jou slagoffer het NEE gese so nou gaan jy nee se want jy beland saam met die groot manne wat daai selfde ding gedoen het.
Vrouens wat kinders mishandel of neglect.
Sit hulle saam die harde vrouens in n sel wat erg na hulle eie kinders verlang. Hulle sal haar gal vir haar mooi en deeglik werk.
Klink na ‘n oplossing, maar dit sal nie gebeur nie, want die kaders beskerm hul mense in die tronke.
Presies hoekom ons met die dinge sit. Die verkeerdes word beskerm en regte victims moet veg om die stukke op te tel.
JA vir die doodstraf…. ons tronke sal die helfte so vol wees en ons Vrouens, Kinders en Oumense sal veilig kan voel.
DEF JA vir doodstraf!!! Moes lankal ingestel gewees het. Ek glo dit sal die onnodige moord syfers in die land BAIE verlaag!
Nee doodstraf enigste uitweg. Daar is nie salf aan a moordenaar, ryper en dief te smeer nie nou moet hulle op my onkoste in a hotel bly as straf.
Die doodstraf is AL wat gaan help met wrede moorde in SA.
Dit kan WONDERLIK wees as die doodstraf kan terugkom, want dan gaan ‘n hele paar ‘KADERS’ ook aan die pen ry….
Indien moordenaars letterlik lewenslank moet sit sal daar elke week n nuwe tronk gebou moet word. Nee wat Al wat gaan help is n oog vir n oog. As jy moor groet ons jou.
Ek sien geen rede hoekom die doodstraf nie ingestel kan word as ʼn straf vir die mees ekstreme gevalle van moord en verkragting nie. Sekere misdade kan bewys word sonder enige twyfel en ek sal dink dit sal goed wees dat kriminele in hierdie gevalle die dood ontvang.
Niemand wat logies kan redeneer kan werklik glo dat iemand wat ʼn vrou martel, verkrag en dan vermoor verdien om vir die res van sy lewe op die belasting betaler se nek te lê nie.
Kriminele het geen vrees of respek vir die gereg nie, maar dit sal bitter vinnig verander sodra die doodstraf weer op die tafel kom.
Ek is oortuig dat een van die groot redes dat die doodstraf nie ingestel sal word nie is dat meeste van die kriminele wat vir sulke misdade in die tronk sit stem vir die ANC. Hulle sal mos nou nooit ʼn klomp stemme wil verloor nie…