Neef en niggie glo in Noordwes ontvoer

Die polisie in Noordwes is op soek na drie verdagtes wat glo ʼn niggie en haar neef by ʼn skool in Brits ontvoer het.

POLICE LAUNCH A MANHUNT FOLLOWING THE KIDNAPPING OF TWO COUSINS IN BRITSBRITS – Police have launched a search for…

Posted by The Independent Co on Wednesday, March 6, 2024

Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19) was Woensdag onderweg van Brits na die Hartbeespoortdam toe hul voertuig glo van die pad gedwing is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het ʼn maroenkleurige Audi A3 die familielede se motor van voor gestamp.

Die twee was in ʼn Mercedes-Benz van Bataviya se huis op Brits op pad na Hartbeespoortdam.

“Hulle is gedwing om stil te hou,” sê Funani.

Hierna het twee gewapende mans glo uit die Audi gespring en vir Zahraa en Bataviya beveel om in ʼn VW Polo GTI te klim.

Die Audi en die Mercedes is verlate langs die pad laat staan.

Enigiemand wat die polisie kan help met die soektog word versoek om brig. Ellen Emmanuel, stasiebevelvoerder van die Brits-polisiekantoor, te bel by 082 449 7447.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Renier ·

Agv FICA weet die bank wat in jou rekening is en waar jy bly. Bank personeel verkoop die inligting aan sindikate wat ontvoerings doen.

Danie ·

En dit gaan net erger word.
Soos in latyns amerika waar selfs die gewone persoon nou al lyfwagte moet huur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.