Neef glo vermoor oor geheuestokkie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man is naby Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy oor die naweek glo sy 28-jarige neef vermoor het, glo oor ʼn rekenaargeheuestokkie.

“Die twee mans het Saterdagaand omstreeks 19:00 in Madibogo by die neef se huis sit en kuier,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die neef wou sy geheuestokkie hê, mar die verdagte het ontken dat hy die geheuestokkie het. Die twee mans het begin baklei en die oorledene het die verdagte aangerand.”

Die verdagte het glo ʼn mes in die kombuis gaan haal en sy neef een keer onder sy arm gesteek. Hy is op die toneel oorlede.

“Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Atamelang-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Molale bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Melt Olckers ·

Het hulle not nooit gehoor van “backups” wanneer dit by rekenaars kom nie?

BoereBikerBaby ·

Heel duidelik was daar iets baie privaat op. Seker al sy pornografie saam sy girls – mense is mos deesdae so siek om sulke goed op te neem…

tina ·

hhnmm…dalk iets geheimsinnig? …moontlik afpersing?. .ai, hoe goedkoop het die lewe geword, tsk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.