‘Neem die boer in hegtenis,’ eis Majakaneng-betogers 

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Duisende inwoners van Majakaneng in Noordwes het Woensdag na die Mooinooi-polisiestasie opgeruk om te eis dat ʼn boer in hegtenis geneem word nadat hy glo ʼn 24-jarige geskiet het toe hy lemoene op sy plaas gesteel het.

Maroela Media het vroeër berig dié boer van die Brits-omgewing moes sy plaas ontruim nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het en daar gedreig is dat sy huis afgebrand gaan word. Verskeie betogings het opgevlam deur lede van die Majakaneng-gebied wat woedend is omdat niemand nog in hegtenis geneem is nie. Twee vragmotors en ʼn paneelwa is onder meer vroeër vandeesmaand op die N4-snelweg buite Mooinooi aan die brand gesteek.

Tebogo Ndlovu (24) is as die beweerde slagoffer geïdentifiseer. Dit is egter nog ʼn raaisel waarheen Ndlovu verdwyn het, aangesien hy sedert die voorval aangemeld is, vermis is. Dit is ook onseker of die voorval hoegenaamd plaasgevind het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is steeds besig met hul ondersoek, maar kon tot dusver nog geen konkrete bewyse kry om enigiemand in hegtenis te neem nie.

Mokgwabone het ook gesê daar is twee getuies wat beweer hulle het die voorval sien gebeur. Dit is egter nie duidelik uit die bewerings of die slagoffer net gewond of doodgeskiet is nie. “Die polisie het nog geen gronde gevind om enigiemand in hegtenis te neem nie,” het hy gesê.

Betogers het Woensdag gesê hulle vermoed die boer het Ndlovu doodgemaak en vir die krokodille wat hy op sy plaas teel, gevoer.

Martha Ndlovu, die beweerde slagoffer se ma, het Woensdag tydens die betoging ʼn plakkaat omhoog gehou wat lees: “Ons soek Tebogo se liggaam, asseblief, Mooinooi-polisie.”

In ʼn memorandum wat die betogers aan die polisie oorhandig het, sê hulle dat hulle Ndlovu se liggaam voor die einde van die week soek, of dat hy self vorendag gebring moet word indien hy wel leef. Hulle het ook geëis dat al die betogers wat in verband met gewelddadige betogings in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

Mpho Motlhabane, LUR vir gemeenskapsveiligheid van Noordwes, het gesê die polisie doen hul bes om die saak te ondersoek.

“Ek kan bevestig dat die polisie onvermoeid werk om die saak op te los. Ons het bloedtoetse geneem, en sal sodra die uitslae daarvan bekend gemaak word weet hoe die pad vorentoe lyk. Ons ondersoek ook ander moontlikhede wat met die saak kan help – die polisie was Dinsdag weer met die honde-eenheid op die plaas,” het hy gesê.

Geen geweld het tydens dié betoging uitgebreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

david ras ·

Ek wonder hoekom hier vir my so ‘n reukie van die Coligny gebeure uitkom..?
Is dieselfde aanhitsers wat in Coligny bedrywig was ni dalk ook hier teenwoordig nie ?
Die massa histerie en optrede lyk darem baie na mekaar…
Wonder maar net…

Andre van Coppenhagen ·

Wat anders kan die ou doen as om te vlug. As hy onskuldig is kan hy nie sit en wag om vermoor en sy plaas afgebrand word nie.

Ek weet ·

Daar was omtrent 500 betogers in taxi’s aangery na die polisie stasie. Heel vreedsaam en oor en verby binne ‘n paar uur. Was julle daar MM?

Annatjie ·

En wat sou jy doen? Sit en wag soos ‘n lam ter slagting. Verseker sou hy geen polisie of weermag kry om sy veiligheid te verseker nie. Help nie om ‘n held te probeer wees nie. Dooie helde is niks vir sy gesin werd nie

14/88 ·

n Dooie land is vir die hele gesin en die nabuurige gesinne ook niks werd nie.

botterblommetjie ·

Is die brandstigters en geweldenaars inhegtenis geneem? Of is dit wettig en reg in die verband. Bloemfontein se stadsaal brandstigters is los; saak teruggetrek. Grace het amnestie gekry. Wie word deur die polisie beskerm….. Uber drywer aangeval terwyl polisie toekyk… Engels ook deur Grace aangeval en weereens polisie toegekyk.. Neem jy reg in eie hande omdat daar niemand is wat iets gaan doen nie, word jy ontwapen, jou plek afgebrand en in tronk gestop. Ek sak my oë in skaamte en kyk op na God, waar kom my hulp vandaan… Here wees ons genadig… met smeking en gebed…. Its Time… We can only surrender all….

Marianna ·

Ek ken die boer Hys so onskuldig maar God slaap nie! Daars krag in gebed

Charmaine Coetzee ·

Ons christene na net met n hulpkreet na GOD roep al hierdie dinge gebeur want ons beweeg in die eindtyd openbaring die boek van die eindtyd alles staan daaar geskrywe al wat ons as christene kan doen is om ons dieper en dieper in GOD te wortel en vas te klou aan ons geloof en genade van onse HEER. GID SY MET ELKEEN WAT HOM AANROEP IN DIE DAG VAN VENOUDHEID HERE WEES AL DIE BOOSDOENERS GENADIG HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE !!!!!!!!!! SHALOM

Hennie ·

As die “slagoffer” verdwyn het, wie se bloedtoetse is geneem?

Amanda ·

Bwhahahahaha, wonder ek ook. Ek gaan nou ook gerugte vesprei dat iemand iemand doodgemaak het en dan verwag iemand moet toegesluit word. Wys net hoe dink hulle!

Swartkat ·

Hennie hulle het bloedtoetse geneem van die krokkodille vir DA toetse om te kyk of Tebogo oorgeloop het

Kobie ·

JJ en dan sit ons in die tronk want ons velle is !! Hul kom mos met moord weg arme agtergeblewendes, hul eie skuld want hul wil nie werk nie wil net moor, steel en alles verbrand. staan liewer heeldag en dans voor hul ‘n goeie dag se werk inkry want terwyl hul daar is wie doen hul werk. Wie sal die land bou as almal heeldag daar gaan staan. Nee wat ek bestraf hul werke.

Laurika ·

As ‘n boer iemand onbekend op sy plaas sien, gaan hy onmiddellik dink dis ‘n moordenaar en optree. Met al die plaasmoorde, wie blameer hom?

Chrisjan ·

Let op, die boer word nie arresteer as daar nie ‘n klaer is nie.

Koos1 ·

Kan Dali Mpofu (Die EFF se advokaat) nie asb na die mense gebring word, om die wet vir hulle uit te lê nie. Hulle gaan aanhou betoog totdat die boer inhegtenis geneem is, en dan moet ons, die belasting betaler, weer pa staan vir ‘n sivile eis vir onregmatige arestasie.

Erine Van Staden ·

Ek ken ook die boer daar is nie n lemoenboom of n dam vir n vis op daai plaas nie ….

Tina ·

Nou hoe kan hul beweer di Boer het di een geskiet toe hul lemoene gesteel het,Dan moes hul gewees het op n ander plaas waar daar lemoenbome is,hul stories kom ni oor een ni.daai een sit lekker iewers en lag oor alles,

Toppie ·

Haai nee nooit nie, as daar nie lemoene en vissies op die plaas is nie, wat voerdie boer dan die krokkewane op die plaas. Tebogo is seker in die krokkewane se maag.

Spyker ·

Net tyd sal kan see…..geregtigtyd sal geskiet.die GROOTMAN se oe is oop.

Linky ·

Interessant hoe hulle weet hy het lemoene gesteel…. op daai spesifieke plaas …. en hy is geskiet…
Ek dog die man is weg so wie vertel die stories?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.