Die jeugliga het ʼn verklaring uitgereik ondanks die feit dat die ANC Maine opdrag gegee het om sy woorde terug te trek. Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het vroeër gesê Maine se uitlatings is “ongelukkig, onverantwoordelik en roekeloos”.
Maine het die uitlatings Saterdag tydens ʼn optog in Durban ter ondersteuning van Zuma gemaak.
Mlondi Mkhize, woordvoerder van die jeugliga, het gesê die Grondwet gee almal die reg tot vryheid van uitdrukking. “Dit sluit die reg in om inligting en idees oor te dra, solank dit nie neerkom op die aanhitsing van dreigende geweld nie. Om van aanhitsing tot geweld beskuldig te word moet die geweld ‘bedoel, waarskynlik en dreigend’ wees.”
Volgens Mkhize was Maine se uitlatings nie aan ʼn spesifieke persoon gerig nie. Die president van die jeugliga het nie die MK-veterane versoek om enigiemand te skiet nie en daar kan dus nie gesê word hy het geweld aangehits nie.”
Die jeugliga het gesê politieke partye en burgerlike organisasies is eerder skuldig aan aanhitsing tot geweld, deur te versoek dat massabetogings teen Zuma gehou word. “Die beroep dat Zuma so verwyder word, is gelykstaande aan ʼn poging tot ʼn pseudo-staatsgreep.”
Die DA se keugliga het intussen gesê hy is van voorneme op aanklagte teen Maine aanhangig te maak.
Hmmm!
Dit maak nie saak hoe nie hulle gan vir hom draai tot hulle dit self glo en jy kan maar op jou kop staan hulle woord is wet en hulle mag mos se net wat hulle wil en doen jy dit is die HEL LOS en is jy n RASSIS en glo my hulle stories het net een kant!!!! Pateties pateties hulle teer op leuns Without prejudice!!!!
Ek hits ook nie aan, so neem ook die wapen op en beserm ons teen die meerderheid. My reg ook mos.
Kyk ek ken perdemis en ek ken vye, wat hierdie ou praat is beslis nie vye nie. Watter twak. Ek hoop Main word aangekla
nee wat, nou het ek dit alles gehoor. Neem op die wapen ons wil gaan visvang, nee miskien wil ons net gaan perd ry?
Hoe kan hulle sê dit was nie so bedoel nie. Wat beteken “NEEM DIE WAPEN OP?”
Ai, die “konteks” probleem – ons verstaan blykbaar net nie die konteks-ding nie! Joernaliste moet seker ‘n ekstra vak in konteksbegrip loop.
Nou toe nou as ons as minderheids groep blankes so ‘n stelling sou maak, was ons reeds voor die regter gewees en tot orde geroep gewees het met ‘n boete van R50 000.00 of meer. Ons sou nie kon verduidelik het wat ons werklik bedoel het nie…..
Die verekussing is uitgeskut en die skade is onherstelbaar.
Maar hy weerspreek homself dan. As jy sy redenasie gebruik kan die ander partye mos ook nie skuldig wees aan aanhitsing tot geweld as hulle vra vir massabetogings om van Zuma ontslae te raak nie want hulle uitlatings word ook nie “aan ‘n spesifieke persoon” gemaak nie maar aan die publiek in die algemeen.
Vryheid van uitdrukking…..buhaa!!!! Vertel vir Penny dit.
As dit n witman was was hy nou in dir tronk
Stem saam met jou
Sorry ou, in hierdieland moet jy maar pak slae kry vir wat jy gese het. Jy moet sommer beboet word met R150 000.00 boete en die geld aan geweldslagoffers betaal word.
In die land moet jy verantwoordelikheid neem vir onbesonne uitlatings. Mag jy ook beboet word met R150 000.00 en die geld aan geweldslagoffers geskenk word. Dit is n duur les wat Sparrow geleer het, ons wag nog net vir geregtigheid oor jou uitlating.
R150 000.00 boete vir jou wat geskenk kan word aan geweldslagoffers.
Die ou is regtig dom as hy nou se dis nie wat hy bedoel het nie …wat se hy dan as dit nie dit betwken nie ?
Gepas die foto van NUMBA ONE en NUMBA…whatever. Die een so bedrieglik skelm en agteraf gewetenlose leunaaes wat altyd die “konteks” absurdheid aanhaal nadat hulle moord aanpor…soos ons president singend vir sy masjiengeweer kan vra vra die wetter vir moord en ons moet staan en wag vir wanneer die wat DURF opstaan teen bedrog en diefstal en brand en breek in “konteks” vermoor word? Ek sweer…elke moord na sy uutsprake behiort teen hom ondersoek te word
So werk die mens se kop. Bedink die ding,se die ding, doen die ding. Enige een wat dink dat die uitsprake nie tot aksie sal lei nie, is horende doof en sienende blind. Ons sit soos hase met kolligte in hul oe!
Onse president het mos ook altyd iemand om te verduidelik wat hy eintlik bedoel het sodra hy in die warmwater is oor hy goed sê wat nie aanvaarbaar is nie.