Neem self verkiesingsproses waar met dié app

Verkiesing 2016 Foto: Reint Dykema

Verkiesing 2016 Foto: Reint Dykema

AfriForum gaan Maandag, 1 Augustus 2016 ʼn app bekend stel wat kiesers kan gebruik om die stemproses waar te neem en te evalueer. Met dié app wil die burgerregte-organisasie verseker dat die stemproses vry, veilig en deursigtig geskied.

Die app is ondersteunend tot AfriForum se Verkiesingswaarnemersmissie (VWM). Die VWM behels dat waarnemers, wat deur die organisasie aangestel en geregistreer is, op stemdag by meer as 150 stempunte sal wees om as waghond op te tree. Die waarnemers sal onder meer die stem- en telproses, asook die gedrag van kiesbeamptes waarneem. AfriForum is ook as waarnemer by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer.

Die app sal waarnemers in staat stel om die stemproses by die onderskeie stempunte aan die hand van 42 vrae korrek te evalueer en terugvoer te gee wat onmiddellik aan app-gebruikers beskikbaar sal wees om hulle deurlopend ingelig en op hoogte te hou. Dié vrae is deur ʼn onafhanklike verkiesingswetenskaplike opgestel. Die app bied ook aan kiesers die opsie om self vrae oor hulle stem-ervaring te beantwoord, kritiek te lewer en klagtes in te dien.

“Op dié manier kan die publiek saam met die waarnemers ʼn waghondfunksie vervul en saam werk om te verseker dat die stemproses regverdig, georden en in ooreenstemming met verkiesingsregulasies geskied,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, verduidelik. “Verder sal die app kiesers ingelig hou oor wat by elke stempunt aangaan en waar probleme ondervind word.”

AfriForum sal na afloop van die stemmery ʼn omvattende verslag opstel. Indien die waarnemers en publiek se bydraes geverifieer kan word, sal dit deel vorm van hierdie verslag.

Die vraelys kan ook op AfriForum se webwerf afgelaai word, waarna die uitslae van die waarneming per e-pos aan [email protected] gestuur kan word.

AfriForum doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse burgers wat bereid is om hulle tot die organisasie se VWM te verbind, om die verkiesing onpartydig, streng, professioneel en neutraal waar te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

Die MDC het iets soortgelyks gedoen met die verkiesing in Zimbabwe in 2008. Die uitslae wat so ingesamel is, het gesamentlik duidelik gewys die MDC het die verkiesing gewen en dat Tsvangarai die presidentsverkiesing gewen het. Tog is ZANU en Mugabe vandag 8 jaar later steeds in beheer in Zimbabwe en word opposisie eenvoudig geignoreer of in die trunk gegooi of doodgemaak. dieselfde gaan nog in SA gebeur.

Willie ·

Ek het die app afgelaai, maar wanneer ek registreer bly dit se my location moet aan wees en dit is aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.