Nege beseer in Jhb-ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Nege mense is Saterdagoggend beseer in ʼn botsing in Linden, Johannesburg.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie en ʼn motor was in ʼn botsing betrokke. Die bakkie se kap is afgeruk en die passasiers is van die bakkie geslinger.

Volgens Bodasing het nege mense ligte tot matige beserings opgedoen. Die insittendes van die motor is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.