Nege beseer in kapingsdrama

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Nege mense is Vrydagmiddag in Johannesburg beseer toe ʼn kapingspoging glo skeefgeloop het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie ambulansdienste is na die kruising van Louis Botha- en Barry Hertzog-rylaan ontbied waar ʼn motor en ʼn bakkie, wat ʼn karavaan gesleep het, in die middel van die pad gestaan het.

Volgens Meiring is ʼn vrou met haar drie kinders in hul motor gekaap. “’n Voertuig van ʼn veiligheidsmaatskappy het die motor glo agternagesit, nadat die verdagtes, met die ma en drie kinders steeds in die motor, gevlug het.

Meiring het gesê die kaper het glo beheer oor die motor verloor en teen die bakkie gebots. “Nege mense is in die botsing beseer, wat vyf kinders insluit. Van die pasiënte is kritiek beseer en paramedici het onmiddellik met noodbehandeling begin.”

Volgens Meiring is die ma en ʼn sewejarige seun met helikopters na nabygeleë hospitale geneem vir dringende mediese behandeling. Vier meisies, tussen een en 16 jaar oud, is lig tot matig beseer en na hospitale in die omgewing geneem.

Meiring het gesê die drie vermeende kapers is deur die polisie na die Laratong-hospitaal vervoer vir mediese behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DPJ ·

Skurke wat karre steel en nie kan bestuur is ‘n groot gevaar op die paaie.

Cherokee ·

Maroela sal jou nie toelaat om skelms as skurke te bestempel nie.

Gesiggie ·

So ja, nou weet almal wat gebeur het….Ek hoop dat die Ma en haar kinders gou sal herstel, dit moes vir hul baie erg gewees het? net bly die skelms kon teminste vinnig gestop word, kon baie erger gewees het. Wie weet wat hul met die Ma en kinders sou gedoen het.

Josua Keys ·

Hoekom kry die kapers nog mediese behandeling?????? Sterkte aan die insittendes wat beseer was mag julle gou herstel sonder enige komplikasies.

Charlotte ·

So hartseer oor die beseerdes!! Vir die KAPERS….daar moes op jul kele gestaan word sodat rubbish soos julle vinniger hel toe gestuur kan word…..julle mors die kosbare asem beskore vir ordentlike eerlike opregte mense!!!! Sterkte aan die mamma en haar kids wat met die letsels moet lewe….my gebede met julle en die ander onskuldige mense……

SNEL ·

Dis vreeslik wat met die arme ma en kinders gebeur het. My hart gaan uit na julle en ek dra julle op in gebed. Baie sterkte en mag ma en kleinding spoedig herstel.

antoinette ·

Ai my hart gaan uit na die ma en haar kinders.Sterkte aan die familie

hester ·

Ai baie sterkte vir almal wat so onskuldig beseer is. Dit het Januarie gebeur dat ons kar afgeskryf is terwyl ons geen skuld aan ongeluk gehad het nie. Nou sit ons sonder n voertuig. Versekering het net die bank klaar betaal. My gebede is by julle.

Manie ·

Update nou gekry: ❤ update van vanoggend:
Abigail (groot sussie) is in ICU in Garden City. Sy word vanoggend geopereer – haar heupies is gebreek
Damian (boetie) is geskuif na Clinton Hospitaal in Alberton. Bloeding op die brein – kritiek. Ons wag om te hoor…
Marilize (mamma) is in ICU in Milpark. Pelvis gebreek. Daar sit n bloedklont in haar aar in haar nek. Hulle is bang hy kom los en gaan na haar brein toe. 4 Spesialiste gaan vandag na haar kyk vir dit. 9 ribbes gebreek. 1 deur haar long. Verskeie kopbeserings. Sy is kritiek maar stabiel. Klein Marinique (baba sussie) is gisteraand ontslaan. Sy is fine…

Haar man is in ‘n toestand, hy probeer maar tussen die hospitale wees. Gelukkig help die familie waar hulle kan

Alan ·

Net n regstelling Abigail se heup is net gekraak. Sy gaan geen operasies kry nie sy is in ICU vir observasie. Met n gebreekte arm en gekraakte heup.

Manie ·

Update nou gekry: update van vanoggend:
Abigail (groot sussie) is in ICU in Garden City. Sy word vanoggend geopereer – haar heupies is gebreek
Damian (boetie) is geskuif na Clinton Hospitaal in Alberton. Bloeding op die brein – kritiek. Ons wag om te hoor…
Marilize (mamma) is in ICU in Milpark. Pelvis gebreek. Daar sit n bloedklont in haar aar in haar nek. Hulle is bang hy kom los en gaan na haar brein toe. 4 Spesialiste gaan vandag na haar kyk vir dit. 9 ribbes gebreek. 1 deur haar long. Verskeie kopbeserings. Sy is kritiek maar stabiel. Klein Marinique (baba sussie) is gisteraand ontslaan. Sy is fine…

Haar man is in ‘n toestand, hy probeer maar tussen die hospitale wees. Gelukkig help die familie waar hulle kan

Maria ·

Sterkte aan die gesin. Hou lesers asb op hoogte van hul herstel.

Liz ·

Die hele storie is baie hartseer! Ek weet net dat iets gaan moet gebeur dat dit gestop kan word. Dat mense wat volgens die wet leef moet seer kry is verkeerd…..ons almal weet wat gaan met die highjackers gbeur!

Marilize, Abigail, Damien en klein Marinique ons dink aan julle en ons bid baie hard vir julle. Baie sterkte aan julle almal. Ek dink veral ook aan haar man….ek kan myself net indink hoe beangs hy moet wees…..Ek weet gelukkig dat hy het baie ondersteuning en dit gaan baie help vir hom.

Ons is net nerens meer veilig nie!! Wanneer gaan dit eindig? Ek wens ons Hemelse Vader en God kom haal ons, so moeg vir alles.

Tiger ·

Die kapers moes in die noodgevalle afdeling van ‘n hospitaal behandel gewees het en daarna tronk toe gestuur gewees het!Klaar!Hulle verdien geen “menseregte” nie.Kyk wat het hulle aan die’ gesin gedoen?Dan ook is daar nog ander onskuldige mense by betrokke wat ook groot skade gely het.Wie gaan vergoed daarvoor en die medies koste van die beseerde familielede??Alle sterkte aan die mamma en haar twee kinders en ons wens hulle almal ‘n spoedige en volledige herstel toe.Sterkte aan die pa ook.

Christine ·

Sjoe, Manie dankie vir daardie verslag: Mag ons Geliefde Hemelse Vader hierdie Mamma en haar kinders ten volle genees en vir die Pappa en die familie die krag en onderskraging gee elke oomblik van die dag. Ons bid dit in Jesus Naam Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.