Nege beseer toe boot strand

Die boot wat gestrand het. Foto: Verskaf

Nege mense is beseer toe ʼn boot Saterdagaand naby uShaka Marine World in Durban gestrand het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het Sondag gesê die boot het Saterdag omstreeks 20:00 naby die skibootklub op Durban se strandfront gestrand.

“Nege mense wat aan boord was toe die boot gestrand het, het veelvoudige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in Durban geneem vir verdere behandeling. Die boot se skipper is nie beseer nie,” het Jamieson gesê.

Dit is nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie. Owerhede en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Valie ·

Het die boot gestrand of het dit onbepland op die strand uitgejaag? Dis standaard praktyk om die tipe bote te “strand”. Die enigste manier waarop mense kan seerkry is as dit te vinnig en onverwags gedoen is.

D V ·

Ek weet nie van bote nie.
Ek hoop die die bote is te erg beskadig nie en die passiers is baie erg beseer nie en is gou uit die hospitaal ontslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.