Nege verdagtes wat glo by bloulig-rooftogte en -kapings betrokke is, is in Gauteng in hegtenis geneem.
’n Multidissiplinêre span bestaande uit lede van die taktiese reaksiespan, die honde-eenheid, speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige geweldsmisdaad en private sekuriteitsmaatskappye het op 29 en 30 Maart inligting opgevolg oor ’n groep verdagtes wat na bewering met ’n reeks kapings verbind word.
Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, is daar terselfdertyd op verskillende plekke in Gauteng op die verdagtes toegeslaan.
Daar is op drie gekaapte voertuie, nog twee voertuie waarvan die enjinnommers afgevyl is, ’n 9 mm-pistool met ammunisie, ’n R5-geweer met ammunisie, ’n gaspistool, ʼn blou lig, metropolisie-weerkaatsbaadjies, SAPD-koeëlvaste baadjies, ’n sireneluidspreker en kontant beslag gelê.
“Die verdagtes het glo blou ligte gebruik om voertuie af te trek en dan te kaap. Al nege verdagtes sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn.”
Genl.maj. Girly Mbele, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof en die inhegtenisnemings verwelkom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Mooi so! Mag hulle lank sit. Sommer vir altyd sodat dit ander kan afsit om polisie te speel. Terroriseer al lankal mense…about time.
Hulle saak gaan eers oor tien jaar afgehandel word en dan gaan hul wegkom met ‘n raps oor die vingers. Kriminele is mos helde…
En nog duisende op vrye voet danksy tekort aan respek vir oor die algemeen “effektiewe en parate” polisiemag. O ja, en n “briljante” minister waarvoor CR nie “bang” is nie.
GEEN BORGTOG NIE ASB.
Kom ons kyk wat ons regstelsel gaan uitrig. Hou nie asem op nie – seker weer nie genoeg bewyse!