Nege botsings in 10 km weens swaar mis

Foto: Witbank 911

Foto: Witbank 911

Altesaam 70 voertuie was Vrydagoggend op ʼn 10 km-stuk van die N12 tussen Ogies en Witbank in Mpumalanga in botsings betrokke weens erge mis in die gebied.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement vir veiligheid, het aan Maroela Media gesê nege botsings het tussen 07:00 en 08:00 plaasgevind. Verskeie motors, vragmotors en selfs ʼn private ambulans was in die kettingbotsings betrokke.

Mabuza het gesê geen sterftes is aangemeld nie, maar dat vyf mense ernstig beseer is terwyl 12 mense net ligte beserings opgedoen het.

Volgens Mabuza is die pad gesluit ná die botsings plaasgevind het en is dit eers weer om 09:30 heropen nadat die mis opgeklaar het. “Met die winter wat op pad is wil die departement ʼn beroep op motoriste doen om versigtiger en geduldig te wees wanneer hulle in ʼn mistige gebied bestuur om sodoende botsings te voorkom,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Spokie ... ·

Dit is verskriklik en mens weet nie of roekelose spoed dalk ook ñ rol gespeel het nie? Ek het wel geleer om in digte mis, met jou “hazards” aan, STADIG te ry en dit werk beslis! Selfs jou mede bestuurders sien dit en doen so mee …

Leon Fourie ·

Ek self ry gereeld op die N4 na Nelspruit in digte mis.Die aantal voertuie insluitende vragmotors wat sonder ligte bestuur is skrikwekkend.Die arrogansie van hulle verstom my.Dis geen wonder dat daar orals ongelukke voorkom in digte mis nie.

Tiger ·

Dis weereens baie duidelik daar is BAIE ape agter voertuie se sture op ons paaie!!As jy nie kan sien nie agv digte mis,rook stof of swaar reen ,VERMINDER jou spoed DRASTIES en maak seker al jou voertuig se ligte is aan insluitend jou nood flikker ligte en MOENIE OP DIE RYVLAK STILHOU NIE!.Doen dit VER weg van die ryvlak af indien jy nie veilig voel om verder te ry in die omstandighede nie.Ai dis als so onnodig.Kyk net die skade .Dankie tog niemand is dood nie.As mens nie voor jou kan sien nie ry jy nie.

Christo Pienaar ·

Ek ry elke dag vir die afgelope dertig jaar die gedeelte tussen Witbank en Ogies op die R555.
‘n Mens raak onverskillig en dink dat jy die pad beter ken as die palm van jou hand da jy dit toe oë kan ry veral in die mis. Jy ry met al jou ligte en flikkerligte aan, maar die sig is minder as 20 meter en jy ken mos die pad – tot dat jy die slag van ‘n ongeluk hoor so 30 m van jou af maar jy kan NIKS sien nie. Dis dan wat jy besef jy is nie dapper nie maar eenvoudig onnosel. Trek af so ver moontlik van die pad af met jou gevaarligte aan en luister radio totdat die son skyn. Die reëling by die werk is in elkgeval liewer laat as nooit. (Kan vir myself lag – ek het op ‘n keer so gewag vir die mis om te lig en per ongeluk aan die slaap geraak en eers 10:00 wakker geword toe die son my wakker gebak het.) Deesdae stel ek die selfoon se wekker dat ek net ‘n uur ‘n uiltjie knip. JY IS MEER WERD LEWENDIG AS DOOD – TREK AF

john Rogers ·

Ek was self 3 jaar gelede In n botsing in digte mis betroke nadat n swaar voortuig my van agter getref het. Mense gaan nooit roekolose bestuurders kan stop nie!
Waarom sluit die verkeersdepartement nie die snelweg VOOR n ongeluk gebeur nie!!! Waarom wag tot daar n ongeluk is en dan se gelukkig is niemand dood nie???
Dit gaan my verstand te bowe!
Prevention is better than cure!

Alien ·

Digte mis in en om Bronkhorstspruit vanoggend. Dankie aan almal wat betyds gewaarsku het oor die Putco bus wat in die middel van die pad onklaar geraak het. Geen driehoek nie en sy noodligte was glad nie voldoende nie.

Minta ·

As die mis so erg is moet die Verkeers owerhede die pad sluit. Nou sluit hulle dit in elk geval want daar was ketting botsings.

sethos ·

Nie eens een van die moteriste ht hoof of misligte aangeskakel nie soos ek op die fotos sien.

sethos ·

As ek in foto,s kyk dn sien ek een vn di motor bestuurders ht nie hoofligte of misligte aan geskakel nie,dit kan ook dalk di botsing veroorsaak.

mdt ·

Die fotos is minstens 3 ure na die tyd geneem toe die mis begin op klaar het. Was daar en kan met sekerheid se daar was nie n enkele motor sonder ‘hazars’ of hoof ligte nie. Om jou hoofligte en ‘hazards’ 3 ure na die snelweg gesluit is nog aan te hou is net onnosel…

Elize Viljoen ·

Meerderheid van die voertuie het ligte, mis ligte en nood ligte aan gehad. Daar was net geen nut om hulle aan te hou nie en/of hulle was stukkend avg die ongelukke.

Ronnie ·

Smaak my die mense by Ogies se ogies werk nie lekker in die mis nie.

M A ·

Dis baie verwarrend om in mis te bestuur. Alles lyk vreemd. Daar is natuurlike n paar mense wat dink omdat hulle kan sien, dat hulle nie ligte hoef aan te sit nie. Nog n paar narre sal soos gewoonlik jaag en hoop daar is niks in hulle pad nie. Die verkeersbeamptes is absoluut nutteloos – hulle wil net op een plek sit en boetes uitskryf. Ek het vandag videos geneem van omtrent 15 motors wat doodluiters oor die sperstreep verbysteek en niemand keer hulle nie. Mense doen net wat hulle wil op die paaie.

Wessel ·

Ek het vir etlike jare op Ogies gebly. Elke jaar is dit dieselfde ding. Sowat 10 jaar gelede was daar sowat 14 ongelukke op hierdie stukkie pad. ‘n Man wat daardie dag so in die mis gery het, moes sy venster oopdraai om die wit streep in die pad te volg. Hy het gehoor hoe die voertuie in mekaar vasry. Jy kry maar daardie idiote wat nog steeds in sulke dik mis wil jaag.

Veritas ·

As ek dit mis het nie, is iemand wat in mis jaag, deur die mis.

Tiger ·

En daar is myle te veel sulke “deur die mis ” mense in veral luukse motors ,SUV’s en luukse bakkies op ons paaie deesdae onder ALLE rasgroepe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.