Nege by Kaapstadse winkelsentrum vasgetrek

Argieffoto

Nege verdagtes is vandeesweek by ʼn winkelsentrum in Table View, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat gesteelde voertuie en ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was besig om die gebied te patrolleer toe hulle verdagte aktiwiteit in die parkeerarea van die winkelsentrum opgemerk het. “Die polisielede was nie gemaklik met die teenwoordigheid van die drie voertuie wat al om en om in die parkeerarea gery het nie en het die voertuie voorgekeer,” het Van Wyk gesê.

ʼn Voorlopige ondersoek het getoon dat twee van die drie voertuie, ʼn Mercedes Benz en ʼn Toyota Etios, in Oktober vanjaar onderskeidelik in Mfuleni en Lingelethu-Wes as gesteel aangemeld is.

“Die voertuie en die insittendes is deursoek en twee vuurwapens, waarvan een in Oktober vanjaar in Delft gesteel is en die ander se reeksnommer afgevyl is, is gevind,” het Van Wyk gesê.

Nege verdagtes, tussen 20 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en besit van gesteelde eiendom. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hans ·

Goed gedoen SAPS. Wys mens daar is nog die wat wil en kan goed doen. Ons mopet ophou om al te laat sleg lyk net oor die paar vrottes. Ja ek daar gaan die wees wat sê die vrottes is meer as die goeies. Ek het nie syfers of so iets nie, tog doen hul goed.

Hansie slim ·

SAPD, uitstekende diens!
Ons moet julle krediet gee wanneer dit julle toekom!

Sandra ·

Hopelik was hierdie ‘n gefnuikte diefstalpoging in die winkelsentrum. Welgedaan aan die SAPS.

Eish ·

Wes Kaap se SAPS het voorwaar die jaareinde n slag geslaan teen misdaad. Goeie werk.

Gemaskerde Sopbeen ·

Pasop vir te kwistig raak met die heuningkwas vir SAPS lede wat net eintlik hulle werk doen!! Jarelange swak diens in SA veroorsaak nou dat almal opgewonde op en af spring en goue sterretjies uitdeel vir mense wat eintlik NET HULLE WERK DOEN!! Daar is miljoene Suid Afrikaners wat elke dag hulle werk doen (dokters wat lewens red, ambulans personeel wat lewens red, predikers wat siele red, beraders wat selfmoord voorkom, beraders wat verslawing help teenstaan)………..en nooit die voorblad van enige koerant, tydskrif of webblad haal nie….hoekom gebeur dit as die polisie ‘n krimineel in hegtenis neem?

Muffin ·

Puik werk dankie SAP. n Roof was verseker verhoed en n skietery war dood kon veroorsaak het.

Elna Coetzer ·

Ons was daar, ja hul is in die onderdak parkeerarea vasgetrek! Wegekleed…sou dink hul kom net “shop” soos ons. Welgedaan polisie en baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.