Nege dinge wat jy moet weet oor Homo naledi

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

ʼn Ontdekking wat nuwe lig werp op die oorsprong van die mensdom is Donderdag publiek aangekondig as moontlik die “vermiste skakel” in evolusie.

Hier is alles wat jy moet weet oor dié vonds:

1. H. naledi is aanvanklik in 2013 in die Dinaledi-kamer by die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein in Maropeng in Gauteng, Suid-Afrika ontdek.

2. H. naledi is vernoem na die grot, “Opkomende ster”. Naledi beteken “ster” in Sesotho.

3. H. naledi is ʼn nuut ontdekte spesie met ʼn mengsel van fisieke primitiewe en menslike eienskappe wat aandui dat dit gereedskap kon gebruik en regop geloop het, maar ook geklim het en met ʼn breingrootte wat met ʼn vroeër hominied verband hou.

4. Die gemiddelde H. naledi het ʼn klein brein, weeg ongeveer 45 kg, was 1.5 meter lank en, indien die vroulik was, sou dit vir die kleinste skoentjies in ʼn volwasse winkel moes soek.

5. Tot op hede is ongeveer 1 550 fossielelemente gevind wat beskryf is en verteenwoordig minstens 15 individue. Dit is die grootste enkele fossielvonds ooit in Afrika.

Ses van die vroue wat die oorskot uitgehaal het (Foto: John Hawks, ANA)

Ses van die vroue wat die oorskot uitgehaal het (Foto: John Hawks, ANA)

6. Die ligging en aard van die vonds is noemenswaardig, omdat dit wil voorkom – nadat talle ander teorieë oorweeg is – dat H. naledi doelbewus sy dooies in die afgeleë grot gelaat het, die tipe gedrag wat vroeër, so is daar gedink, beperk was tot die mens.

7. Die ontdekkingspan het gesê hulle het van die moeilikste en gevaarlikste toestande beleef om na menslike oorskot te soek.

8. Die ingang na die grot is só klein dat ʼn versoek op sosiale media gepubliseer is op soek na ervare wetenskaplikes wat in die 18 cm-opening kan pas. Ses vroulike “ondergrondse ruimtevaarders” is uit ʼn wêreldwye poel van kandidate gekies.

9. Belangstellendes kan die gesprek aanlyn volg op #NalediFossils.

Lees alle vorige berigte oor Homo naledi op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Herman Toerien ·

In my eie wetenskapartikels gebruik ek nie die woord evolusie nie, al is my eie sienings in pas met die formele standpunte van die susterkerke.
Die idee dat evolusie in ‘n reguit lyn sou plaasvind, kom uit die denke van die kreasioniste (ou aarde en jong aarde) wat hulle dan deel van die evoluieleer probeer maak. Evolusioniste (hetsy aanhangers van toevallige evolusie, Teïstiese evolusie of ander, verwerp dit. Volgens hierdie groepe vind evolusie soos ‘n bos plaas wat in enige rigting kan ontwikkel. Uiteraard sal net lewensvatbare nuwe vorme oorleef.
Die gebruik van die woorde “vermiste skakel” is problematies, omdat daar al vir baie dekades al baie skakels gevind is wat in verskillende fases skakel, of in verskillende eras.
Van my wetenskaplike vriende wat Maroping besoek het, kla byna voor die voet dat die Wits-personeel wat by die terrein betrokke is net te hard probeer om die ateïstiese agenda te dryf.

Janine N ·

10 uit 10 vir jou kind! Ek voel dieselfde. Maar ek sal beslis nie my kind dwing om om verskoning te vra nie.

Grotman ·

Nee my genade, as ek daai skedel was sou ek groot bek op geskop het oor sulke naam! Naledi is okay maar wat is dit met die homo dinges??

Theresa ·

Nou toe nou! Verlore skakel? shame – hartseer ogies… Verder hou ek maar my mond.

G'vol ·

En dis geleerde mense wat hierdie goed opdis???? Dankie tog ek weet waar ek vandaan kom!

Eliza-beth ·

Ai tog… hier gaan ons alweer. Plaas dat mense net alles interessant vind nou kom hulle weer met ” ek wet war ek vandaan kom” of “homo dinges”. Dis juis hoekom mens meer en wyd moet lees – gaan kyk tog wat beteken die woord “homo”. Dink seker weer homo is verbind met homoseksualisme. Sug…. Ek dink dis wonderlik hierdie – dis REG by ons en ek het glad nie gevind dat enige van die mense ateisties is nie, ons ken in werklikheid een van die persone wat met uitgrawings betrokke was en hy is ook nie ‘n ateis nie. Hierdie het niks met godsdiens per se te doene nie, dis uitgrawings wat lig werp op baie dinge en dis wetenskaplik van aard! Verder seg ek liewers niks…

Maddox ·

Ekskuustog, maar duidelik het u nie die hoofstroom media gevolg vandag nie. Uit die vele kommentare wat geplaas was , was dit duidelik dat die atiestiese siening die heeltyd gedryf is, en dat enige iemand wat dit bevragteken, onnosel, verkramp of agterlikke God – aanbidders is.
Die hele Wits span dryf hierdie ateistiese siening ook, nie altyd ooglopend nie, maar dit is altyd daar in die agtergrond.
Gelukkig weet ek , ek kom nie van een of ander oer-sop megsel af nie, maar is geskape na my Skepper se wil.

Elizabeth ·

Stem saam met Herman.
Eliza-beth het jy al van die “Piltdown man hoax” (een van vele) gehoor – indien wel behoort jy die strekking van Herman Toerien se pos te snap.

SUNETTE ·

Dis n spesie ape wat daar ingegaan het en nie weer kon uitkom nie en toe versmoor het, die grote van die brein se mos vir jou dis geen mens spesie nie, die ouens wat al die twak wil glo, moet maar glo, ek weet wat ek glo en in WIE ek glo en geen beendere sal my oortuig nie!!!

Annwen ·

Geskape deur God is ek…geen sub spesie Sal my anders oortuig,maar as die wetenskap so graag van daar wil kom moet maar een dag verduidelik aan Hom.

Henry ·

Is nie vir my duidelik waarom kommentatore en kommentatorinne so vreeslik opgewonde raak oor die ontdekking van hierdie beendere nie.
Soos Eliza-beth hierbo, verwonder ek my ook oor al die woeste veroordelinge.
Is daar reeds mbv toetse vasgestel hoe lank gelede die Naledi familietjie hulle skrede na die grot duskant Krugersdorp gewend het? Sou nogal graag wou weet.
Is die voormalige besitters van die gebeentes, of dalkies die ontdekkers die ateïste? Of beide?
Hoekom is wie ookal ateïste?
Jis.
Hoe meer ek oor die ding dink, hoe meer besef ek hoe onnooslik ek eintlik is…

Ronnie Bezuidenhout ·

Ek versoen die Bybel en evolusie met mekaar. God het my geskape net soos wat Hy H naledi geskape het. Ek glo ons dien ‘n intelligente God wat die ontwikkeling en verandering van elke liewe organisme in Sy hand hou. Evolusie, wat so terloops “verandering” beteken, is duidelik wanneer daar na mikroskopiese organismes gekyk word: binne ‘n paar generasies “verander” die organisme ter wille van oorlewing. Dit is net omdat die mense so stadig voortplant dat ons dit nie in ons leeftyd sal kan sien nie, maar oor duisende generasies is die verandering duidelik. Aan die ander kant: as ek so rondom my kyk hoe sekere individue van ons eie spesie optree, kan ek goed glo dat hulle naverwant is aan ape.

Eliza-beth ·

Ronnie 100%. God het ALLES geskep en die een hoef nie terug te staan vir die ander nie. God het ons ‘n brein gegee. VERNIET. Hy sal natuurlik wil dat ons dit gebruik – so ook hier. Om te leer, te ontdek en te sien HOE fantasties Hy die aarde geskep het en hoe dinge deur die eeue verander (EVOLEER agv verskillende omstandighede) het. As mens net dink die perd was eens so groot soos ‘n middelslag hond dan begin jy verstaan evolusie is nie TEEN godsdiens nie, dit omarm dit in die sin dat dit ons vertel hoe dinge was en hoe dit moes verander agv tonne invloede en natuurlik alles te danke aan die Skepper wat planne het waaraan ons nie eers dink nie. Die skepping hou NOOIT op nie. Die wat sommer dadelik dit nou weer koppel aan ateisme – wel JY sien dit daarin nie ek nie! Dankei tog ek HET ‘n brein en dat dit soos ‘n spons is wat aanhou kennis opsuig. O en ek is ‘n belydende Christen en trots daarop ook. Maar deur die eeue het sekere christene hulself ongelukkig as onverdraagsaam bewys – wat ‘n klad op ons naam – een klein voorbeeld is mense wat sommer net vir heksery/kettery op brandstapels verbrand is – onskuldig – maar ja, in die veroordelendes se oe was hul skuldig. Jeanne d’Arc is een voorbeeld. Maar wag. ek sien al klaar die klippe kom, laat ek koes. Ek dink hierdie is fantasties en interessant!

Stuart ·

Die Bybel is nie ‘n volledige geksiedenisboek nie – dink hoe massief dik en onhanteerbaar dit sou wees. Dit gee gedeeltes van geskiedenis weer en is meerendeels ‘n riglyn waarvolgens christene moet leef (waarvan mens soms min sien na aanleiding van sekeres se kommentare hier – leef almal bv die gebod “jy moet jou naaste liefhe soos jouself” uit??). Dus in die lig van bogenoemde ontdekking – onthou Adam en Eva het drie seuns gehad : Kain, Abel en Set – waar sou hul vrouens vandaan kom? Net ‘n vraag…

Dup du Plessis ·

Jip, sienende blind en horende doof, weet nie hoekom die vergelyking altyd met die mens gedoen moet word nie. Vergelyk dit met vandag se “chimps”, oerang-oetangs en selfs gorillas dan is daar baie meer raakpunte. Dan is hulle nogal verstom oor die prominente gebuigde vingers – my vet – swaai ape nie in bome rond nie. En die “mens gedrag” van hul dooies op een plek los……..tot olifante doen dit. By baie aap spesies is al meer positiewe en goeie morele menslike gedrag waargeneem as by sommige hedendaagse barbaarse samelewings.

Winston ·

Aanpassings by veranderende omstandighede hou nooit op nie. Kyk na die perde van die Namib en nog baie ander te veel om te noem. Dit is in die kleine ook ewolusionêre aanpassing. Dat die mens uit n aap ontwikkel het, is n ander vraag. Darwin het baie verkeerde afleidings ook gemaak en as n mens kyk na die Sumeriërs se geskrifte, begin jy heeltemal wonder. Dan maak die Bybel soveel meer sin. Hou in gedagte dat God n Skepper God is en nooit ophou skep nie. Niks kan gewaarborg word deur enige mens, dat dit nie kan verander nie. Net soos alle afleidings van die ontdekte fossiele maar net raai is. Niks daarvan is feitelik nie, behalwe die skelet in die wetenskaplike se hand. Daar is geen ketting van gebeure nie. Dit word aanmekaar geflans met wat tot die mens se beskikking is.

EMK ·

Ai, ai dat mense die nou net weer wil afskryf – lees tog en leer bietjie meer oor al die interessanhede. As die veroordelendes net bietjie die volledige onthulling so kyk op bv Etv nuuskanaal en MOOI luister na die bevindinge en hoe wat en waar. maar nee, “ek kom nie van die ape” en bla bla… Is die wereld nie dalk plat nie julle??

Dup du Plessis ·

Daar was nog altyd een vraag wat ek graag aan die wetenskaplikes wou vra sienende dat die aarde en lewe volgens hulle met ‘n groot “poep” begin het. Nou volgens hulle het dit miljoene der miljoene jare gelede gebeur. Niks kon egter lewe sonder die hitte van die son nie, dus moes die son eers in plek wees. Nou as mens luister na die hoeveelheid miljoene jare gelede is dit astronomies baie. Die son moes dus vir al hierdie miljoene jare aanhoudend gasse verbrand het om die nodige hitte (teen relatief konstante temperature) beskikbaar te stel vir lewe. Nou die vraag wat ek wil vra is dat indien die son al so lank skyn of brand daar sekerlik al ‘n afname in sy vermoe moet wees. Tog gebeur dit nie, inteendeel ons praat gedurig van aardverwarming en warmer temperature. My cadac brand net vir ‘n bepaalde tyd, dan is sy fut uit, maar die son nooit nie – is dit so moeilik om die grootheid in die skepping raak te sien.

IK>10 ·

Dup, ek hoop van harte dat jy sarkasties is met jou plasing, andersins sal jy moet ten minste 1 boek oor basiese fisika MOET gaan lees voor jy weer so ‘n plasing wil doen.

Francois le Cochon ·

@Dup. Daar is miljoene sonne in die heelal, almal as gevolg van die groot “poep”. Hierdie ontploffong is die oorsaak dat die heelal teen ‘n konstante spoed vergroot. (Soos ‘n balon wat jy opblaas) Indien ‘n planet die regte afstand van ‘n son is, en die omstandighede is gunstig, sal daar lewe ontwikkel. Vergelyk dit met ‘n manlike en vroulike sel wat na nege maande in ‘n mens ontwikkel. Dit is evolusie, die aanpassing van ‘n intelligente sel in gunstige omstandighede. Dit is die werk van God, en sy skepping. Dit is ook ‘n feit dat die Aarde se skepping nog nie verby is nie, en die skepping is steeds aan die gang. Elke jaar word omtrent 20,000 nuwe insekspesies gevind., en die kontinente skuif elke dag weg en van mekaar.

EMK ·

Presies – die skepping is geensins klaar nie. Die evolusie gaan voort – dinge bly verander om aan te pas by weersomstandighede of dan klimaatsveranderinge, kontinetale verskuiwings ens. Evolusie is nie ‘n vloekwoord nie, wens mense wil dit tog net besef!

Dup du Plessis ·

IK en Francois, jammer kon nou eers weer na Media kyk. Jip daar is maar ‘n mate van sarkasme, maar met rede. Daar is vir my net te veel mis en terselfde tyd raakpunte om vandag oor iets wat duisende (of dalk miljoene jare) gelede gebeur het te wil redeneer en te se dit het sus of so gebeur. As ons nie eers die presiese datum van die ontstaan het nie, hoe kan ons die ouderdom bevestig. Net soos Francois se dat die boek Genesis deur Moses geskryf is ongeveer 2000 jaar na Adam en Eva, hoe korrek kan ons redeneer was dit gedoen. Tog weet ons dat deur die leiding van die Gees alles moontlik is. Terwyl ons van Genesis praat, moet ons daarop let dat daar nie een nie, maar 2 skeppingsverhale beskryf word waar die orde van die skeppingsdae met mekaar verskil. Weer stem ons saam dat daar miljoene sonne en stelsels is, dis ‘n gegewe. As jy op ‘n plaas bly kyk jy elke aand daarin vas. En dan weer ‘n mispunt – soveel miljoene sonne en stelsels (waar die ideaal kon wees vir lewe soos Francois noem)……..maar ons weet daar is nie ‘n ander plek met lewe nie. Nou weer ‘n raakpunt- veranderings in spesies is daar bv. soorte insekte wat sig verloor omdat hulle jare in donker grotte moes woon ens. Terselfde tyd gaan iemand my baie moeilik oortuig dat die nabootsing van die oerknal ‘n replika is van die skepping. Want elke dag is uniek, inteendeel met elke sekonde wat verby tik het miljoene der miljoene veranderlikes plaasgebind (ons praat van water onder deur die brug) – dis verby, taboe, kan nooit weer dieselfde wees nie. Die mispunt vir my is dus dat niemand iets kan naboots wat duisende (of dalk miljoene jare gelede gebeur het nie) – want alles was anders, in hierdie spesifieke geval was daar eintlik niks en ons wil dit met iets wat mensgemaak is naboots. Daar is maar net te veel dinge wat ons nooit sal verstaan nie, ons dink ons is slim en weet baie, maar eintlik is ons baie ver van dit. Gelukkig kan elke mens die dinge vir homself uitstoei.

cobus ·

Ronnie e kstem saam. Meeste mense hou nie daarvan om buite hulle gemaksoone
te dink nie. Vir die wat bang is vir die waarheid kan ek net se maak julle oe oop julle mis uit op die wonderlikke
skepping van ons Skepper. Veit is ons lewe in n baie ou en veranderlikke wereld. Dit het niks met geloof te doen nie behalwe dat ons God se skepping daarin kan sien.

Dawie ·

Stem saam Kobus & Ronnie. Die skepping is wonderlik. As ons kyk na van die kommentaar lyk my die mense wil met oogklappe deur die lewe gaan. Hulle wys duidelik hul onkunde. Moet liewer godsdiens uit die gesprek hou.

Attie Heunis ·

Fantastiese werk deur Wits! Hou Suid Afrika se naam hoog. Die maniere hoe hierdie nog by Darwin se teoriee gaan inpas gaan nog bitter baie interresant raak.

Eliza-beth ·

Attie – bravo vi rjou! Oopkop mens wta meer wil leer en nie in ‘n klein hokkie vanonkunde wil sit en as enigiemand iets nuuts ontdek word dit met agterdog beskou. Dis maar hoe dit in die ou ou dae ook was met ontdekking van mediese prosesse (oee hoe HET party nie teen hartoorplantings tekere gegaan nie, ons meng in met God se goed ens), die vliegtuig (if God wanted us to fly He’d give us wings mentaliteit) ens. Plaas dat mense die interessantheid hiervan insien en leer en besef hoeveel dit vir ons met bv toerisme kan inbring – buitelandse valuta wat ons broodnodig het! Nee nou skiet hul dit summier af – ai ai.

Melt Olckers ·

Nou kan ons ook aanspraak maak dat ons in Afrika mag bly omdat ons voorvaders hier begrawe is.

CORNELIUS DU RAND ·

Ek glo die storie glad nie. Toe ek net biedjie meer as 20 jaar gelede ‘n PUK student was het die ” WETENSKAPLIKES” oer oue tekeninge gekry in ‘n grot op ‘n naby geleë plaas. Dit het opslae gemaak en was glo bewys van die oermense wat daar gewoon het. Die “WETENSKAPLIKES” se koolstoftoetse het bewys die tekeninge is derduisende jare oud. Toe kom daar ‘n tannie met fotos wat bewys sy het dit ‘n paar jaar tevore op die rotswande geteken. Gelukkig was sy afgeneem terwyl sy dit gedoen het. Nee wat die ” WETENSKAPLIKES” se beweringe kan nie ernstig opgeneem word nie. Daar is niemand wat hulle kan “opcheck” nie. Hulle kan ons enige bollie vertel en ons moet dit kastig glo.

Peet J ·

Goed en wel nou weet ons hoe die diermens ontwikkel het tot waar hy vandag is. Kan die wetenskaplikes nou asseblief verduidelik hoe die Almagtige God Skepper van hemel en aarde deur evolusie ontwikkel het asook hoe die materie (grondstowwe) ontstaan het waaruit die mens geformeer is.

Francois le Cochon ·

@Peet. Die eerste 5 boeke van die bybel is geskryf in Moses se tyd tussen 1300 en 1500 jaar VC. Genesis “speel af” in die tyd 3500 jaar VC. Die skrywers van Genesis het dus oor die skepping geskryf soos hulle dit gesioen het 2000 jaar gelede. As jy oor ‘n gebeurtenis moes skrys wat 2000 jaar gelede gebeur het, hoe sou jy dit hanteer het, in ag genome dat jy geen navorsings materiaal tot jou beskikiking het nie. Alle gelowe en afgelee stamme se verduidelliking van hoe die wereld begin het, stem ooreen – dat ‘n “Groot Krag” dit alles begin het. Vir ons Christene is dit God.

Jaycee ·

Ek is nie ‘n wetenskaplike op hierdie gebied nie maar wat ek oor die onderwerp gelees het, bring hierdie ontdekking ‘n paar sake na vore: 1] Daar is evolusionere ontwikkeling BINNE ‘n specie; 2] Paleantropoloe van aansien is toenemend van mening dat daar ‘n multi-streeksontstaan/ontwikkeling van die genus Homo was; 3] Veral Afrika het verskeie soorte homonids opgelewer waarvan die ontwikkeling van meeste doodeenvoudig doodgeloop het; 4] Daar word naarstiglik probeer om die huidige resultaat van die evolusie van die moderne mens in Afrika gelyk te stel met die resultate van ontwikkeling/evolusie van moderne mensegroepe in ander dele van die wereld. Groepe het verskillende ontwikkelingspaadjies geloop; 5] Van die vroegste tye af het mensegroepe rondgetrek en waar kontakpunte tussen groepe ontstaan het, het vermenging plaasgevind; 6] Die sogenaamde vermiste skakel bly steeds ‘n mite; 7]Fundamentele kreasioniste het nie alleen aanspraak op wat die Bybelse waarheid is nie en die vakgebied van evolusie is styf ingeweef met emosie, godsdiens en vooroordele; 8] Weens die gebrek aan bewese feite is hierdie vakgebied eintlik nog in sy kinderskoene.

Jan ·

As ek na die foto kyk dan wonder ek.
Hoe weet hulle watter kleur die oe was?
hoe weet hulle watter kleur die vel was?
Hoe weet hulle watter kleur die hare was?
hoe weet hulle waar die hare op die vel was?
Hoe weet hulle hoe groot die ore was?
en so kan ek aangaan. En dan se hulle dit is wetenskap?

Stuart ·

Jan, jy moet BAIE meer nalees dan sal jy dalk verstaan hoe hul by sekere dinge uitkom

Peet J ·

Francois dankie vir die kommentaar Ek hoop nou nie ons dwaal af van die punt onder bespreking nie Ek wil jou net daarop attent maak dat die God van die christene nie dieselfde is as die Almagtige God wat hemel en aarde geskape het nie.

Johannes Meintjes ·

Wel … dit bevestig darem dat daar baie lang prosesse in Afrika gekied. Mens besef Jan van Riebeeck vanuit Europa se ontnugtering dan ook met meer begrip. Knap gedaan aan die “net meisies” span!

Rebecca ·

Iets wat my al geruime tyd pla – hoe bepaal wetenskaplikes of wie ookal dat iets/beendere/fossiele “miljoene jare” oud is…?
As hierdie beendere wel van menslike oorsprong is, moet dit nie liewer, nadat dit ondersoek/ontleed is, weer terug geplaas word by hul oorspronklike rusplek nie? Vir my is dit byna dieselfde as grafskending…..? Laat die dooies by hul eie dooies rus…..

Ds Danie Malan (emeritus) ·

Om in hierdie debat betrokke te raak, is om jou kop doelbewus in ‘n byenes te druk. Vergun my egter enkele stuiwers in die armbeurs omdat verskeie korrespondente (sarkastiese / ironiese en/of opsetlike) aanvegbare stellings maak wat regtig nie onaangeraak gelaat kan word nie: (a) In aansluiting by Stuart: Die Bybel as geheel is (so bely ons) Gods geopenbaarde wil wat op skrif gestel is deur verskeie mense wat deur die Heilige Gees geinspireer is. Dit bevat – as heilsgeskiedenis – meer as genoeg vir ons om te weet en te doen. Dit bied egter nie antwoorde op al ons nuuskierige en/of wetenskaplike vrae nie omdat dit nie ‘n eksakte geskiedenis- of wetenskaplike handboek is nie, maar wel altyd-geldende riglyne en beginsels bevat vir die wyse waarop die mens as kroon van God se skepping die geskiedenis of wetenskap behoort te lees en te beoefen. Maar, geagte Stuart, dis nie waar dat Adam en Eva net drie seuns gehad het nie. In Gen 5: 4 staan immers dat Adam “seuns en dogters gehad het”. Is dit naief om te aanvaar dat Kain en Set met hul susters kon getrou het? (b) Die Bybel probeer ook nie verklaar wanneer alles BEGIN het nie, maar stel dit slegs as belydenis en feit dat GOD in die begin die hemel en aarde geskape het. (c) Peet J maak ‘n verskriklike “snaakse” stelling, nl. dat die God van die christene nie dieselfde is as die Almagtige God wat hemel en aarde geskape het nie. As sy stelling waar moes wees, bots dit totaal met die Apostolicum (Twaalf Artikels) as een van die Alg. Belydenisskrifte wat al eeuelank deur alle Christene aanvaar en bely word! (d) Waar kom sommiges daaraan om evolusie as VERANDERING te tipeer? Die HAT definieer dit o.a. as GELEIDELIKE ONTWIKKELING. (e) Laaste knuppel in die hoenderhok: Alle regdenkende mense aanvaar evolusie (as geleidelike ontwikkeling binne dieselfde soort of verband, soos bv dat ‘n mens ontwikkel van ‘n fetus tot ‘n volwassene), maar ons as Bybel-gelowige Christene verwerp die EVOLUSIELEER / EVOLUSIETEORIE (HAT: “Leer of teorie waarvolgens die hogere diere en plante uit die laere sou ontwikkel het”). Laat ons asb dus t.w.v. absolute duidelikheid seg wat ons bedoel en bedoel wat ons seg! Ik hebt gezegd!

MJ ·

Ok…..ek is nie n wetenskaplike nie en hierdie is dalk n dom vraag…. maar hoe kom hulle daarby uit dat dit die voorsate is van MENSE…? Dit kan net sowel die voorgangers wees van ander aapspesies of die Chimpanzee…?? Wonder maar net… Al wat ek verseker weet is dat God in die begin Adam en Eva geskape het na Sy beeld en wat die Woord se…dit sal ek glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.