Nege dinge wat jy moet weet oor Homo naledi

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

Homo naledi (Foto: Skermskoot uit National Geographic-video)

ʼn Ontdekking wat nuwe lig werp op die oorsprong van die mensdom is Donderdag publiek aangekondig as moontlik die “vermiste skakel” in evolusie.

Hier is alles wat jy moet weet oor dié vonds:

1. H. naledi is aanvanklik in 2013 in die Dinaledi-kamer by die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein in Maropeng in Gauteng, Suid-Afrika ontdek.

2. H. naledi is vernoem na die grot, “Opkomende ster”. Naledi beteken “ster” in Sesotho.

3. H. naledi is ʼn nuut ontdekte spesie met ʼn mengsel van fisieke primitiewe en menslike eienskappe wat aandui dat dit gereedskap kon gebruik en regop geloop het, maar ook geklim het en met ʼn breingrootte wat met ʼn vroeër hominied verband hou.

4. Die gemiddelde H. naledi het ʼn klein brein, weeg ongeveer 45 kg, was 1.5 meter lank en, indien die vroulik was, sou dit vir die kleinste skoentjies in ʼn volwasse winkel moes soek.

5. Tot op hede is ongeveer 1 550 fossielelemente gevind wat beskryf is en verteenwoordig minstens 15 individue. Dit is die grootste enkele fossielvonds ooit in Afrika.

Ses van die vroue wat die oorskot uitgehaal het (Foto: John Hawks, ANA)

Ses van die vroue wat die oorskot uitgehaal het (Foto: John Hawks, ANA)

6. Die ligging en aard van die vonds is noemenswaardig, omdat dit wil voorkom – nadat talle ander teorieë oorweeg is – dat H. naledi doelbewus sy dooies in die afgeleë grot gelaat het, die tipe gedrag wat vroeër, so is daar gedink, beperk was tot die mens.

7. Die ontdekkingspan het gesê hulle het van die moeilikste en gevaarlikste toestande beleef om na menslike oorskot te soek.

8. Die ingang na die grot is só klein dat ʼn versoek op sosiale media gepubliseer is op soek na ervare wetenskaplikes wat in die 18 cm-opening kan pas. Ses vroulike “ondergrondse ruimtevaarders” is uit ʼn wêreldwye poel van kandidate gekies.

9. Belangstellendes kan die gesprek aanlyn volg op #NalediFossils.

Lees alle vorige berigte oor Homo naledi op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Herman Toerien

In my eie wetenskapartikels gebruik ek nie die woord evolusie nie, al is my eie sienings in pas met die formele standpunte van die susterkerke. Die idee dat evolusie in ‘n reguit lyn sou plaasvind, kom uit die denke van die kreasioniste (ou aarde en jong aarde) wat hulle dan deel van die evoluieleer probeer maak. Evolusioniste (hetsy aanhangers van toevallige evolusie, Teïstiese evolusie of ander, verwerp dit. Volgens hierdie groepe vind evolusie soos ‘n bos plaas wat in enige rigting kan ontwikkel. Uiteraard sal net lewensvatbare nuwe vorme oorleef. Die gebruik van die woorde “vermiste skakel” is problematies, omdat… Lees meer »

Janine N

10 uit 10 vir jou kind! Ek voel dieselfde. Maar ek sal beslis nie my kind dwing om om verskoning te vra nie.

Grotman

Nee my genade, as ek daai skedel was sou ek groot bek op geskop het oor sulke naam! Naledi is okay maar wat is dit met die homo dinges??

Theresa

Nou toe nou! Verlore skakel? shame – hartseer ogies… Verder hou ek maar my mond.

G'vol

En dis geleerde mense wat hierdie goed opdis???? Dankie tog ek weet waar ek vandaan kom!