Nege dood in twee botsings

Foto: ER24

Nege mense is dood en sewe beseer in twee botsings wat onderskeidelik in die Vrystaat en Wes-Kaap plaasgevind het.

ʼn Bakkie en ʼn motor het Sondag in die vroeë oggendure op die N8 in die omgewing van Bloemspruit gebots.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 02:30 op die toneel aangekom en die bakkie op sy dak langs die pad aangetref en die motor ʼn ent verder af in die pad.

Vier vroue en ʼn man wat in die ligte voertuig gery het, is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie was in ʼn ernstige toestand in die wrak vasgekeer.

“Daar moes meganiese toerusting gebruik word om die man uit die wrak te bevry. Hy is hierna op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Volgens Meiring het die motor glo verskeie kere gerol en is die insittendes uit die motor geslinger.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, het gesê die bestuurder van die VW Amarok-bakkie het glo aan die verkeerde kant van die pad gery en reg van voor teen die VW Polo gebots.

Intussen is vier mense dood en ses beseer in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor op die R301 in Franschhoek.

Drie mans en ʼn vrou is op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakes ·

SA sou elke keer goud ontvang het as padongelukke n olimpiese sport gewees het. Seker die land met die hoogste sterftesyfer ter wereld in padongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.