Nege dood ná ‘aanranding’ in Roodepoort

(Argieffoto: pixabay)

Min besonderhede is nog beskikbaar ná die liggame van agt mans ʼn kort rukkie gelede langs ʼn pad in Roodepoort gevind is. Hulle is oënskynlik aangerand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienswerkers was omstreeks 16:00 Vrydagmiddag op die toneel in Enock Sontongo-weg in Matholesville, waar agt slagoffers leweloos aangetref is. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Nog twee mans is met ernstige beserings gevind en was in ʼn bedenklike toestand,” het Meiring gesê.

Hulle is aanvanklik op die toneel behandel en is daarna inderhaas na nabygeleë hospitale geneem. “Ongelukkig het een van die pasiënte by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê die polisie sal kommentaar lewer sodra meer inligting beskikbaar is.

Die vermoede bestaan dat die mans onwettige mynwerkers was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.