Nege dood ná mislukte transitoroof

Argieffoto: Kent Williamson

Twee polisiebeamptes en sewe verdagtes is Vrydagaand dood tydens ʼn waaghalsige aanval op ʼn transitovoertuig.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie se spesiale taakspan en misdaadintelligensie het inligting opgevolg dat ʼn transitovoertuig beroof gaan word.

“ʼn Groep swaar gewapende verdagtes het omstreeks 19:00 op ʼn transitovoertuig in Nongoma in KwaZulu-Natal toegeslaan.”

Die verdagtes het plofstof gebruik om toegang tot die transitovoertuig te kry. Volgens Naidoo het polisiebeamptes onmiddellik na die toneel gehaas en ʼn skietgeveg het tussen die beamptes en verdagtes uitgebreek.

“Sewe verdagtes en twee polisiebeamptes is doodgeskiet. Nog ʼn polisiebeampte is in die been geskiet en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Die polisie het op vier AK47-aanvalsgewere en ʼn BMW beslag gelê. Naidoo kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word oor of die polisie na nog verdagtes op soek is nie.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiehoof, het sy medelye uitgespreek teenoor die families van die beamptes wat in die skietery dood is.

“Dit is nog ʼn hartseer dag vir die polisie en die land. Wanneer ʼn polisiebeampte in die uitvoer van sy of haar pligte doodgemaak word, is die land in rou.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Attie ·

Stem ANC en DA….en ervaar die gevolge. Gesellig in die RSA….

Blom ·

Dis vreeslik hoe als so gebeur in die land. My man het ook vir lang tyd op die geldwaens gewerk so 14jaar terug. Was 1keer beroof in daai 12jaar diens wat hy in was. Hy wou al terug gaan maar ek se NEE. Geen mens is meer veilig waar jy ook al gaan nie.

Aan al die polisie lede se familie en vriende sterkte. RIV

Johan H. ·

Innige simpatie vir die 2 Hero Polisiemanne, Sterkstaan en rooie die skelm gemors uit !!!

Koos de Meyer. ·

Sewe minder it die tronk maar so sal dit aanhou. Hoog tyd dat die polisie met masjien gewere toegerus word in sulke gevalle. Daardie skurke het nie genade nie, dan sal hulle kry wat hulle toekom.

Chris ·

‘n R5 is ‘n automaties vuurwapen, dit is wat SAPS gebruik. Dis ongelooflik dat jy nie weet nie. Dit is by die SAPS waar die skurke hulle kry van korrupte lede.

Tik tok tik tok ·

Rus in vrede Polisie lede
Maar ek gaan mos nou nie huil oor die ander 7 nie
Good job

Tik tok tik tok ·

Rus in vrede Polisie lede
Maar ek gaan mos nou nie huil oor die ander 7 nie
Good job
?

Marie Visser ·

Innige simpatie met die oorledenes se families. Hulle het gesterf terwyl hul vir reg en geregtigheid gelewe het. Ons salueee julle.

Pop ·

Attie wat het n stemmery nou uit te waai met die berig. Innige simpatie vir die manne in blou se familie, hulle wou n verskil maak in die land en met hulle lewe daarvan afgekom het. ?

Eentweedrieblufjouself ·

Ek stem volkome saam met Attie. Op alle terreine, wat o.m. gesondheid, wetstoepassing, skole, onwettige wapen beheer, veiligheid, opleiding, beskikbaarheid van toerusting, en vele ander insluit, is standaarde laat vaar of verslap. Die ANC is die party wat daarvoor verantwoordelik is. Die beweerde amptelike opposisie DA steur hulle meer aan fotos wat onskuldig by ʼn skool geneem is as aan wetstoepassing, haatspraak en veiligheid. ʼn Polisiediens wat deur allerhande banale wetgewing beperk word in die uitvoering van sy plig begin só ʼn geveg met n agterstand. Jammer oor sie SAP lede wat gesneuwel het.

Naas Vermaak ·

Jys reg POP….baie lesers is maar verward en sukkel om logies te dink….maar ek verstaan hulle denkwyse en frustrasie

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly tog vreemd hoe mense met selfone naby genoeg kan kom om video’s te neem van sulke rooftogte……..maar nie een van daardie geldwa maatskappye het ‘n skerpskutter of twee in diens, wat op ‘n veilige afstand agter so ‘n geldwa kan aan beweeg in ‘n ongemerkte voertuig……….en wanneer die rowers toeslaan hulle selektief kan elimineer nie? Waarom nie? Jy storm nie daar in met jou 9mm pistool terwyl 4 AK’s op die toneel is nie? Jy sit agter skuiling sowat 300m van die geldwa af….en met die regte toerusting lê daar sewe rowers met kopskote. Sal net so paar keer gebeur….dan is hierdie nonsens ook op ‘n einde…

Jurie ·

Gemaskerde Sopbeen jy het geen benul hoe dit werk met die rowers wat die geldwa beroof nie en die beplaning. Die voertuig wat jy se moet n sniper in he skiet hulle eerste. Hulle merk waar hulle die roof gaan doen. Maar dit sal jy nie weet nie want jy sit die hele dag seker in n kantoor.Sterkte aan die familie vir die verlies.Iemand was nog nie in so roof wa nie moet nie iets se wat jy nie weet nie. Ek het 15 Jaar gewerk met geld vervoer.

Renier ·

Innige simpatie aan die familielede van daardie twee dapper helde. Hulle en hul kollegas het gedoen wat van hul verwag word, ten spyte van die geweldadige toestande waarin hulle hul bevind het. Soos die Engelsman sê: “We salute you”.

wet ·

al daaraan gedink. dink die probleem le met die gewig. ‘n Groot helikopter kos dink ek omtrent 30 milj wat die vrag en wagte kan hanteer. Nie te praat van instandhouding, salaris vir vlienier, jet fuel ens nie

George Pelser ·

Snaaks hoe hierdie rooftogte net so voor die verkiesings in die land ERG toeneem? En wat doen die lamsakkige regering daaromtrent? Absoluut bokkerol. Dit laat mens EERS wonder.

Eddy ·

Hoekom adverteer ons ons vervoer geld? Ons moet ongemerkte voertuie gebruik en soort van undercover werk met die vervoer van geld.Ek glo dis moontlik.Hoekom kan daar nie n plan uitgewerk word nie?

PJC ·

Ek stem saam met jou Gemaskerde Sopbeen dat skerpskutters dalk die oplossing bied. Ek ken ń hele paar ouens wat gereeld aan kompetisies deelneem en wat hierdie ouens met die grootste gemak tot op 1000 meter sal uithaal. Dit behoort hulle twee keer te laat dink voor hulle weer iemand beroof.

Koos de Meyer. ·

My vriend Chris, ‘n R 5 is nie ‘n LMG nie. Daar is ‘n groot verkil tussen ‘n R5 en ‘n LMG. Ek was in die weermag, ek dink ek weet waarvan ek praat.

Koos de Meyer. ·

As die persoon mooi lees sal hy sien hulle het ak 47 aanval gewere ge had. LMG is ‘n ligte masjien geweer en definitief nie ‘n R5 nie Sê maar net. Dit is wat die polisie moet hê vir transito rowe. LMG.

Werklik?? ·

….en hoe gaan hulle weet waar om stelling in te neem as dit op n snelweg gebeur??? Wonder maar net….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.