Nege dood ná oorstromings in Wes-Kaap

Foto: Pixabay

Nege mense is Dinsdagaand in die Wes-Kaap dood nadat reën uitgesak en oorstromings in sekere dele van die provinsie tot gevolg gehad het.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het gesê vyf mense is dood nadat hulle en die motor waarin hulle was deur vloedwater meegesleur is by die Highnoon-pas buite Villiersdorp.

“Een van die liggame kon nie dadelik opgespoor word nie, maar ek verneem dit is intussen gevind. Dit was vier vroue en ʼn man,” het Africa gesê.

In ʼn ander voorval is vier mans dood nadat die motor waarin hulle was op ʼn laagwaterbrug tussen Montagu en Touwsrivier deur vloedwater meegesleur is.

Albei voorvalle het omstreeks middernag plaasgevind. “Die liggame is tussen middernag en vanoggend opgespoor. Ons is nou besig om die  families in kennis te stel,” het Africa gesê.

Reën het Dinsdag oor verskeie dele van die droogtegeteisterde Wes-Kaap uitgesak. Verskeie foto’s is op sosiale media versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

LAAGWATERBRUG – beteken dit dan nie vir die mense dat wanneer só ‘n brug onder water is, DIT NIE VEILIG IS OM DIT OOR TE STEEK NIE????

honourable member ·

Ons is saam julle bly vir die heerlike reen wat daar uitsak.

Peet Schabort ·

Jare gelede het my vader in die nag skielik stilgehou op ‘n grondpad. Op my ma se vraag waarom hy stilgehou het antwoord hy: “Kyk, die spruit loop kant en wal . . . ” Die kleur vd modderwater en pad was dieselfde. Ek was ‘n kannetjie van so agt. Dit het ‘n geweldige indruk op my gemaak en dit bly my by alreeds vir 65 jaar om uiters versigtig te wees in sulke omstandighede. Ons vier sou daardie nag verdrink het.
Ek verstaan wat moontlik hier gebeur het en sterkte aan die betrokkenes.

vania ·

Dis ironies – die spot prentjies van Zuma se “I will resign when it rains in C/Town …

En toe gebeur dit… Ek wonder wat was eerste, eers die Reen toe sy bedanking? of het dit gereen agv sy bedanking?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.